Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Doeltreffende Oplossings vir Algemene Gesondheidsprobleme

Algemene Gesondheid

Ontdek die Potensiaal van Natuurlike Gesondheidsaanvullings vir Algemene Gesondheid.

Filters

Clear all

What does it mean to have borderline cholesterol?

by Freda Coetzee

Wat is Grens-Cholesterol?

Voorkom die vernietigende gevolge van cholesterol deur grens-cholesterol te behandel Totale cholesterol en grens-cholesterol Totale cholesterol verwys na die totale hoeveelheid verskillende soorte cholesterol in die bloed. Cholesterol word in die lewer gemaak en is baie belangrik vir die menslike liggaam. Studies het getoon dat ongeveer 20% van die cholesterol in die menslike liggaam afkomstig is van die kos wat ons eet, terwyl die oorblywende 80% in die liggaam geproduseer word. Grens-cholesterol beteken dat jou totale cholesterol hoër as 200 mg/dL is, maar onder 240 mg/dL is. As jy ‘n lesing van 240 mg/dL of hoër het, het jy hoë cholesterol. Cholesterol is lipiede – dit is vetterige, wasagtige stowwe wat in die liggaam deur die bloedstroom vervoer word. Die behandeling van cholesterolvlakke is oor die algemeen gebaseer op ‘n persoon se LDL (lae-digtheid lipoproteïene) of slegte cholesterol, en HDL (hoë-digtheid lipoproteïene), of goeie cholesterol. As jou liggaam nie lipoproteïene kan verwerk nie of sukkel om dit te verwerk, kan die lipoproteïene aan die wande van jou are vassit wat dan kan verhard tot plaak. Die obstruksie wat deur die plaak veroorsaak word, kan lei tot hartsiektes en ander kardiovaskulêre komplikasies. Wat is LDL en HDL cholesterol en trigliseriede? LDL-cholesterol: Soos voorheen genoem, word dit soms na verwys as slegte cholesterol, aangesien dit jou risiko vir kardiovaskulêre siekte verhoog. Oormaat LDL bou in die wande van slagare op en veroorsaak dat inflammatoriese stowwe vrygestel word wat die risiko van ‘n hartaanval verhoog. Hierdie proses word na verwys as aterosklerose. HDL-cholesterol: Daar word soms na HDL verwys as goeie cholesterol omdat hierdie proteïene cholesterol van die are wegneem deur dit uit die bloedstroom na die lewer te neem, waarvandaan dit uit die liggaam uitgeskei word. Trigliseriede: Trigliseriede is wasagtige lipiede wat in die bloedstroom gevind kan word. Die liggaam gebruik trigliseriede as energie. Die eet van kosse hoog in cholesterol, versadigde vette en transvette, sowel as die drink van alkohol, kan jou trigliseriedevlakke verhoog. Dit kan weereens tot aterosklerose lei. Ideale cholesterol vlakke Totale cholesterol: Ongeveer 150mg/dL LDL-cholesterol: Ongeveer 100mg/dL HDL-cholesterol: Mans: Ten minste 40 mg/dL | Vroulik: Ten minste 50 mg/dL Trigliseriede: Minder as 150mg/dL Simptome van grens-cholesterol Daar is gewoonlik geen sigbare simptome vir hoë cholesterol of grens-cholesterol nie. Die enigste manier om uit te vind of jy hoë cholesterol het, is om ʼn bloedtoets te doen. Volwassenes kan ten minste elke vyf jaar ‘n bloedtoets doen. Vir mans tussen die ouderdom van 45-65, en vrouens tussen 55 – 65 word daar aanbeveel om ten minste elke twee jaar ‘n toets te doen. Toetse moet jaarliks gedoen word as jy ouer as 65 is. Hoe om LDL en totale cholesterolvlakke te verminder Kom ons kyk na maniere om ons cholesterolvlakke te verlaag sodat jy die gevaarlike gesondheidskomplikasies van hoë cholesterol kan vryspring. Die volgende punte sal verder help met die verlaging van cholesterolvlakke: Eet meer vesel: Voedsel wat hoog is in oplosbare vesel, soos hawer en sitrusvrugte, bind aan cholesterol, en help die liggaam om dit na die lewer te vervoer waar dit as afval uit die liggaam verwyder word. Omega-3-vetsure: Omega-3-vetsure kan help om trigliseriede vlakke te verlaag en HDL-cholesterolvlakke in die bloedstroom te verhoog. Verminder jou rooivleis inname: Rooivleis is oor die algemeen hoog in versadigde vette en cholesterol. As jy rooivleis eet, probeer om vleissnitte te kies, wat minder vet bevat. Trek die vel van jou pluimvee af: Deur die vel van die pluimvee of vis wat jy eet te verwyder, kan dit help om die hoeveelheid vet wat jy inneem te verminder. Om jou vleis te bak of te rooster kan ook help om jou inname van versadigde vette te verminder. Bly aktief: Vir volwassenes word aanbeveel om daagliks vir 45 minute te oefen. Dit kan ‘n vinnige stappie, swem of fietsry insluit. Beperk of vermy alkohol: Oormatige alkohol inname kan beide jou totale trigliseried- en cholesterolvlakke verhoog. Oormatige verbruik kan gedefinieer word as meer as een drankie per dag vir vroue, en meer as twee drankies per dag vir mans. Beperk of vermy nikotien produkte: Om sigarette of e-sigarette te rook, kan jou bloedvate beskadig, jou are verhard en jou algehele risiko van hartsiektes verhoog. Om op te hou rook kan jou immuunstelsel ‘n hupstoot gee en jou LDL- en HDL-cholesterolvlakke verbeter. Samevatting Hoë cholesterol het ernstige gesondheidskomplikasies. Vra jou dokter om jou totale cholesterolvlakke na te gaan sodat jy weet of jy sekere maatreëls moet tref om jou cholesterol te verlaag. Hou jou cholesterol in toom deur gesond te eet, te oefen en die gebruik van alkohol en nikotien produkte te beperk.

Read more

what are the dangers of high cholesterol

by Freda Coetzee

Wat is die Gevare van Hoë Cholesterol?

Stel jou ‘n rustige middag in ‘n park voor, waar die pragtige skakerings van herfs met die sagte briesie dans. Tussen die ritselende blare en kwetterende voëltjies stap ‘n oupa langs die kronkelpaadjie, sy hand stewig om die piepklein greep van sy kleinkind. Tog, te midde van die idilliese toneel, lê daar ‘n subtiele onderstroom van ongemak – ‘n steek in die oupa se been, wat aanvanklik as blote moegheid afgemaak word, maar die sensasie verskerp geleidelik en verander in ‘n aanhoudende pyn wat sy genot aantas. Wat kan die oorsaak van ‘n pynlike been wees? Hierdie pyn kan ‘n aanduiding wees van aterosklerose, ‘n gevaarlike opbou van cholesterol, lipiede en ander neerslae op die binnewande van slagare / arteries. Slagare is die bloedvate wat suurstofryke bloed van die hart na ander dele van die liggaam vervoer. Mense wat aterosklerose in hul hartslagare het, het dikwels ook ‘n cholesterol opbou elders in hul liggaam. Hierdie plaak opbou kan lei tot toestande soos karotis slagaar verstopping (nek) en perifere slagaar verstopping, (ledemate), wat bloedvloei deur die are kan verminder. In teenstelling met die algemene opvatting, raak hierdie siekte nie net bejaardes nie. Wie kan deur aterosklerose geraak word? Stel jou die toonbeeld van fisieke fiksheid voor: ‘n atleet, wat grense verskuif, en rekords breek. Tog, te midde van die glorie van atletiese prestasie, is daar ‘n stille antagonis – hoë cholesterol, wat stilweg sy teenwoordigheid bevestig, dikwels ongemerk totdat dit op onverwagte maniere manifesteer. Navorsing wat deur verskillende universiteite gedoen is, sê dat hierdie plaakopbou in die tienerjare en 20’s begin, en teen die 30’s kan veranderinge reeds by die meeste mense gesien word. ’n Studie van 300 lykskouings op Amerikaanse militêre personeel, wat na die Koreaanse Oorlog in 1950 gedoen is, het bevind dat 77% duidelike en sigbare tekens van aterosklerose getoon het. Hierdie was fikse, jong mans met ‘n gemiddelde ouderdom van 22 jaar oud; wat wys dat dit ‘n siekte is wat mense van enige ouderdom kan affekteer. Waarom is aterosklerose (hoë cholesterol) gevaarlik? Plaak wat in ‘n slagaar opbou, word aterosklerose genoem, en veroorsaak swak bloedsirkulasie, veral in jou onderste ledemate. Hierdie opbou van vette, cholesterol en ander stowwe in en op die slagaarwande vind nie oornag plaas nie. Dit is ‘n geleidelike proses. Plaak kan die vloei van suurstofryke bloed deur are na die liggaam se lewensbelangrike organe en die ledemate verminder of heeltemal blokkeer. Wanneer cholesterol in die are in die hart ophoop, en hulle vernou, dit kan ‘n toestand genaamd “angina” veroorsaak. As die are wat bloed na die bene dra vernou word, veroorsaak dit pyn wanneer jy beweeg. Soms bars bloedklonte of bloedvate in die brein, wat ‘n beroerte of ‘n mini-beroerte veroorsaak. Plaak kan ‘n klont of blokkasie in die are veroorsaak wat bloed aan die hart verskaf. Dit kan die hart beskadig en tot hartversaking lei. Xanthomas is dik, geel kolle wat op die vel kan verskyn, veral rondom die oë. Hulle is cholesterol klonte en kom dikwels voor by mense wat ‘n familiegeskiedenis van hoë cholesterol het. Die opbou of plaak beperk die normale vloei van bloed deur die liggaam, veral in die bene. As dit onbehandeld bly, kan ‘n verstopte slagaar ernstige mediese komplikasies soos pyn, bloedklonte, beroerte en selfs amputasie veroorsaak. Simptome van aterosklerose (hoë cholesterol) sluit in: Simptome is nie altyd so sigbaar dat dokters hulle bloot deur sig of selfs aanraking kan identifiseer nie. Wanneer simptome van aterosklerose, ‘n tipiese gevolg van hoë cholesterolvlakke, teenwoordig is, dien dit as identifikasie van hoë cholesterol. Ongeveer 1 uit 4 mense met aterosklerose in die bene ervaar algemene simptome van die toestand, en ongeveer 1 uit 5 mense wat perifere slagaar siekte (PAD) het, rapporteer geen simptome nie. Ongeag die simptome, almal met PAD deel dieselfde hoë risiko van kardiovaskulêre siekte. Sonder behandeling kan PAD sere, infeksies en selfs die verlies van ‘n ledemaat veroorsaak. PAD van die onderste ledemate kan spierpyn of gevoelens van swakheid en swaarheid in jou bene veroorsaak, wat begin wanneer jy fisies aktief is, soos stap, en verminder binne minute wanneer jy rustig is. Simptome van PAD kan verskil, maar hier is ‘n paar algemene simptome: Toonnaels en beenhare kan ophou groei. Een voet voel dalk kouer as die ander. Jou voet of been kan bleek, verkleur of blou word. Beenswakheid of gevoelloosheid kan jou uit balans laat voel of dit moeiliker maak om te loop. Krampe in jou bene wat kom wanneer jy stap of trappe klim en verdwyn terwyl jy rus. Jy kan pyn of ‘n gevoel van spelde en naalde in jou been of voet hê. Die pyn is dikwels in die kuit, maar jy kan dit ook in jou boude, bobeen of voet voel. Sere of wonde aan jou tone, voete of bene kan voorkom, wat stadig genees of dalk glad nie genees nie. Die sere kan infeksie in kry. Dit is dus belangrik om jou cholesterolvlakke te laat toets, sou jy van die bogenoemde simptome erken, aangesien jy dalk plaakopbou in slagare het, wat na en van jou hart en brein vloei, wat die risiko van beroerte of hartaanval vergroot.

Read more