Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

10 Mees Algemene Simptome Van Menopouse

10 Mees Algemene Tekens Van Menopouse

Menopouse is nie iets om na uit te sien nie, maar ongelukkig is dit deel van die lewe vir alle vroue tot een of ander mate.


Maar watter simptome kan ons verwag? En wat kan ons daaraan doen?

Kom ons kyk na die mees algemene tekens wat kan aandui dat dit menopouse-tyd is, want hoe vinniger ons dit kan raaksien, hoe vinniger kan ons stappe neem om dit so gemaklik moontlik te maak.

Teen watter ouderdom gebeur menopouse gewoonlik?

Die gemiddelde begin-ouderdom vir “natuurlike” menopouse is 51. Hoewel, weens genetika, siektes, of mediese prosedures ondergaan sommige vroue egter menopouse reeds al vanaf so vroeg soos 35 jaar oud! Maar dit is nie te algemeen nie, en menopouse wat voor hierdie ouderdom voorkom, hetsy natuurlik of veroorsaak deur een van hierdie ander faktore, staan bekend as “peri-menopouse”.

Wat is die vroeë tekens van menopouse?

Van die mees algemene simptome van menopouse sluit in:

1. Warmgloede

Die grootste, mees bekende, en mees verafskude simptoom van menopouse is natuurlik warmgloede.

‘n Vrou se gesig en nek word rooi, en haar vel kan kol-kol lyk asof dit ‘n uitslag het weens die hitte. Sowat 75% van vrouens ervaar warmgloede as ‘n simptoom tydens menopouse.

Hierdie “hittegolf” kan wissel in intensiteit asook hoe lank dit duur, en steur ook gereeld ‘n vrou se slaappatroon wanneer dit in die nag gebeur.

Jy kan die Manna Hot Flus Gel gebruik vir byna-onmiddellike verligting.

Leer meer oor warm gloede en hoe om dit te behandel…

2. Nagsweet

Warmgloede gebeur nie net gedurende die dag nie – of selfs nie eers net wanneer jy wakker is nie! Wanneer mens warmgloede kry terwyl mens slaap, skrik mens vuurwarm en sopnat gesweet wakker – dus noem ons hierdie middernagtelike-warmgloede “nagsweet”.

Hoewel dit tegnies net warmgloede is wat in die aand gebeur, is dit nie te sê dat dit met jou gaan gebeur net omdat jy deur die dag warmgloede kry nie.

Die Manna Hot Flush Gel werk ook ongelooflik goed vir nagsweet, en jy kan dit selfs aansmeer voordat jy gaan slaap om dit te voorkom.

3. Sukkel om te slaap

Dit is nie moeilik om te dink dat ‘n mens sukkel om te slaap terwyl jy aan nagsweet ly nie. Maar dit is nie die enigste rede waarom jy tydens menopouse sukkel om te slaap nie, aangesien ander simptome soos hoofpyn of vaginale jeuk mens ook wakker kan hou.

Wanneer mens sleg slaap kan dit ander simptome tot gevolg hê soos prikkelbaarheid, buierigheid, hoofpyne, ens.

4. Vergeetagtigheid

In die tyd voor menopouse, kla baie vroue oor geheueverlies. Hulle ervaar vergeetagtigheid en kan sukkel om te konsentreer.

Na die begin van menopouse kom gevalle van misplaaste huis of kar sleutels, vergete huweliksherdenkings, en maaltye wat oorgeslaan word, meer gereeld voor en kan selfs daagliks gebeur.

Lees meer oor menopouse en vergeetagtigheid…

5. Geïrriteerdheid

As ons kyk na die ongemak wat ons moet deurgaan met hierdie ander simptome , en die feit dat ons nie ‘n goeie nagrus kry nie, is dit heeltemal verstaanbaar dat ons uiters geïrriteerd kan voel.

6. Bui-Veranderings (“Mood Swings”)

Sommige vroue ervaar bui-veranderinge voor en tydens menopouse. Dit kan uitbarstings van woede, angstigheid, en ‘n kort humeur tot gevolg hê.

Dit gaan hand-aan-hand met bogenoemde geïrriteerdheid, wat dit baie makliker maak om oor ‘n klein dingetjie in ‘n woede-uitbarsting in te vlieg, of sonder duidelike rede in trane te breek – maar ons kan dit nie altyd help nie.

Wanneer estrogeen- en ander hormoon-vlakke wissel, kan ‘n vrou veranderinge ondervind wat haar emosioneel baie sensitief maak.

7. Hoofpyne

Gereelde of konstante hoofpyne – soms sonder enige duidelike oorsaak – is iets wat met baie vrouens gebeur wanneer hul deur menopouse gaan.

Soms is dit ‘n dowwe, langdurende hoofpyn wit vir ure aan een aanhou sonder om weg te gaan. Ander kere is dit weer ‘n skielike, skerp hoofpyn wat vinnig oorwaai. En dit maak natuurlik die geïrriteerdheid en buierigheid net erger.

8. Verlaagde Libido

Vrouens wat deur menopouse gaan, is geneig om hul libido (seksdrang) te verloor namate die estrogeenvlakke in die liggaam daal.

Ander faktore dra ook by tot ‘n verlies aan libido by menopousale vroue, insluitend vertraagde klitorale reaksie, en ‘n gebrek aan orgasmiese reaksie. Dit word ook geweldig beïnvloed deur die volgende punt…

9. Vaginale Droogheid & Jeukerigheid


Deur indirek by die punt hierbo aan te klank, kan hormonale veranderinge soos die afname in estrogeenvlakke ook lei tot ‘n verlies aan smering, vaginale elastisiteit, en ‘n verdunning van die voering van die vaginale wande.

Dit kan seks onbevredigend, ongemaklik, en selfs pynlik maak. Sommige vroue ervaar vaginale irritasie en jeukerigheid, wat newe effekte is van vaginale droogheid.

10. Gewigstoename

As menopouse begin, kan vrouens begin gewig optel, veral rondom hul middellyf. Dit kan wees as gevolg van ‘n stadiger metabolisme, en hoër vlakke van die stres-hormoon genaamd kortisol.

Om petrol op die vuur te gooi, draai ons dikwels na gemorskos vir troos vanaf hoe aaklig menopouse met al sy simptome ons laat voel!

Siende dat ons metabolismes nie kos so goed verwerk soos dit altyd het nie, ontbrand dit alles in ‘n monumentale bogger-op wat eindig in ons wat gewig optel.

So hoe vat ek beheer van menopouse?

Deur die regte, gesonde leefstyl besluite te neem kan jy menopouse baie meer verdraaglik maak.

Oefening:

Hoewel oefening waarskynlik die laaste ding is waaraan jy wil dink, is dit een van die beste dinge wat jy kan doen om menopouse bietjie te bekamp. Oefening help om die hormone onder beheer te hou. Help ook om te verseker dat jy gesond en fiks bly, wat dan help om die menopouse simptome te hanteer. Dit help ook om beendigtheid op te bou en die natuurlike verlies van beendigtheid tydens menopouse te vertraag en selfs te verhoed. Dit verhoog ook endorfiene, wat help om die gemoed op te bou en die buierigheid sover moontlik te bekamp.

Enige oefening help, die belangrikste is dat jy iets kry waarvan jy hou. Dan is dit makliker om te volhard met dit. Dit word aanbeveel dat jy 30-45 minute oefen, minstens elke tweede dag.

Eet reg:

Nog ‘n belangrike gesonde gewoonte vir menopouse-beheer is om reg te eet. Dit beteken glad nie dat jy van een kitsdieet na die volgende moet spring nie. Volg eerder ‘n gebalanseerde, volhoubare manier van eet.

‘n Goeie gratis eetplan is die Manna Dieet eBoek wat jy hier kan aflaai.

Slaap genoeg:

Hoewel dit soms bitter moeilik kan wees met nagsweet, kan ‘n goeie nagrus jou werklik baie help. Doen alles wat jy kan om so lekker moontlik te slaap, en dat enige slaap wat jy kry die beste kwaliteit is.

Hier is ‘n paar wenke om jou die beste kans te gee vir ‘n goeie nagrus:

Slaap met ligte, katoen pajamas wat help om hitte te reguleer en jou koel te hou
Dieselfde geld vir jou laken / duvet / kombers.
Kry ‘n goeie waaier, of selfs ‘n lugverkoeling-eenheid.
Moenie op jou foon, tablet, rekenaar, of TV se skerm kyk binne 90 minute voordat jy gaan slaap nie – die blou-lig frekwensie wat dit uitstraal versteur slaap.
Lees eerder ‘n boek voordat jy slaap.
Maak jou kamer ‘n lekker rustige en ontspannende plek om te wees.
Manna Menopause Support:

Die Manna Menopause Support is geformuleer met fito-estrogene, soja isoflavone, kalsium en vitamien D om menopousale simptome soos warm gloede te beveg.

Manna Menopause Support

Oorwin die simptome van menopouse en voel wonderlik!

Manna Menopause Support

Sekere aanvullings kry ons nie in ons daaglikse dieet nie maar mens het hierdie aanvullings nodig om die liggaam se balans tydens menopouse reg te stel.

What do customers say about Manna Menopause Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

Amazing product
Ive been using Manna Health for 3 months now and simply can’t function without the menopause support. I can’t use conventional hormone-based menopause remedies due to medical reasons and Manna’s menopause support is the only thing that gets me through the day.

— Michelle O

This product works
Thank you for developing this product that really works. I recommended it to a total stranger the other day!

— Linda Hulley

The product has truly taken away my hot flushes. Extremely happy with the product.

— Lisa

Have been using this product since 2018 after having hysterectomy and it's my go to product for all menopause related symptoms.

— Zanele (Takealot)

This is the first natural supplement that actually helps with hot flushes

— Karen (Takealot)

I was sceptical, but tried it since there were so many good reviews. I can honestly say I was pleasantly surprised and will recommend it to anyone wanting a natural option. Night sweats are no longer an issue😁

— Janine (Takealot)

I would definitely recommend this product. I have been using it for about two years and it is excellent. Assists with hot flushes, mood swings, better sleep. My family and I noticed the difference recently when I ran out😂

— Sue (Takealot)

Manna menopause support has changed my life! Before I was suffering from frequent hot flushes and now I am flush free! Thank you so much!

— June (Takealot)

At last I can get a good night's rest without the pesky nightsweats and hot flushes. Highly recommend this product

— Rene (Takealot)