Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Hoe Om Hoë Bloedsuiker Vlakke Dadelik Raak te Sien

Hoe Om Hoë Bloedsuiker Vlakke Dadelik Raak te Sien

Dit is kritiek om ALTYD seker te maak dat jou bloedsuiker vlakke onder beheer is.

Wanneer hoë bloedsuiker vlakke nie beheer word nie, kan dit gesondheid kondisies soos tipe 2 diabetes en insulien weerstandigheid veroorsaak.

Dit is hoekom dit belangrik is om op die uitkyk te wees vir die gevaartekens van hoë bloedsuiker vlakke.

Hier is 9 van die mees algemene simptome van hoë bloedsuiker vlakke:

  • Konstante dors, gevolg deur gereelde urinering

Om die heeltyd dors te wees en as gevolg daarvan die heeltyd ‘n draai te moet loop is dikwels van die eerste tekens van hoë bloedsuiker vlakke. Jou niere moet harder werk om die suiker te filtreer, en as deel van hierdie proses trek die niere vloeistof uit die liggaamsweefsel. Hierdie dorstigheid wat jy dan ervaar i sjou liggaam se manier om vir jou te sê dat jy die vloeistowwe wat jy verloor moet terugsit in jou liggaam. As jy nie genoeg vloeistowwe inneem nie, kan jy gedehidreer word.

  • Voel altyd moeg of uitgeput

Konstante moegheid is nog ‘n teken dat die bloedsuiker vlakke nie onder beheer is nie. Wanneer die suiker in jou bloedstroom bly, in plaas daarvan om na die liggaamselle gestuur te word kry die spiere nie dit om te gebruik as brandstof vir energie nie. Dit mag jou dalk net so bietjie moeg laat voel, maar soms laat dit jou voel asof jou oë nie kan oop bly nie.
Mense wat konstante hoë bloedsuiker vlakke het , soos mense met diabetes, sukkel soms om die dag deur te maak sonder ‘n middag slapie. Mens kom dit ook agter na ‘n groot maaltyd met baie suiker en koolhidrate.

  • Dikwels duiselig te voel

As jy duiselig of bewerig voel kan dit ‘n teken wees van hoë bloedsuiker. Konstante hoë bloedsuiker kan veroorsaak dat die liggaam gedehidreer word, wat kan veroorsaak dat mens duiselig voel.

  • Swelling in die hande en voete

As jy hoë bloeddruk en hoë bloedsuiker vlakke het kan die twee kondisies saam veroorsaak dat die niere nie werk soos hulle moet nie. Dit beteken dat afvalstowwe en ander skadelike dinge nie as vloeistof uitgeskei word deur die liggaam. Soos wat die vloeistof dan opbou in die liggaam kan dit swelling in veroorsaak in die hande en voete. Dit kan dan ook ‘n gevaarteken wees van nierskade of nierversaking. Wees baie versigtig vir chemiese pille soos bloed verdunners of bloeddruk medikasie, want dit kan dikwels die niere behoorlik opfoeter.

  • Gevoelloosheid of prikkeling

Skade aan die bloedvate kan nog ‘n teken wees van chroniese hoë bloedsuiker vlakke. Dit veroorsaak dan ‘n prikkeling of selfs totale gevoelloosheid veral in die hande en voete. Dit beïnvloed ook die liggaam se funksie wat pyn en temperatuur-verandering beheer. Nog ‘n probleem wat dit kan veroorsaak is dat mense nie besef hulle het ‘n sny of seerplek op hulle voete nie weens die gebrek aan gevoel, wat dan kan lei tot infeksie omdat dit nie behandel word nie.

  • Maag Probleme

Diabetes kan die bloedvate beskadig wat help om die kos deur die dermkanaal te laat beweeg. Wanneer die maag nie effektief kan leeg gemaak word nie, veroorsaak dit ‘n kondisie met die naam van “gastroparese”. Dit sluit dan probleme in soos diarree, hardlywigheid, en inkontinensie. Baie mense sukkel ook om te eet en te sluk.
Gastroparese kan dit moeiliker maak om diabetes onder beheer te hou.

  • Verswakte sig

Hoë bloedsuiker vlakke en hoë bloeddruk kan die sensitiewe strukture en bloedvate in die oog beskadig, wat dan jou sig kan aantas. Dit kan begin deur jou visie bietjie te verdof, maar as dit nie aangespreek word nie kan dit uiteindelik gedeeltelike- of totale blindheid veroorsaak. En dit gebeur meer gereeld as wat mens sal dink – diabetiese retinopatie is die grootste oorsaak van blindheid in volwassenes.

  • Gereelde infeksies

Gereelde of herhalende infeksies is dikwels ‘n teken van hoë bloedsuiker vlakke. Algemene infeksies sluit in: tandvleissiekte, urienweginfeksies, bakteriese of swam-infeksies op die vel, of, as jy ‘n vrou is, gis infeksies. Ander, minder algemene infeksies kan longontsteking, respiratoriese infeksies, nier- en galblaas infeksies, en ernstige bakteriese middeloorontsteking, en sinus infeksies.

  • Seerplekke of kneusplekke wat nie gesond word nie

Wanneer jou bloedsuiker vlakke nie onder beheer is nie kan dit veroorsaak dat seerplekke of kneusplekke baie lank vat om gesond te word. Dit is dan belangrik om enige seerplekke – maak nie saak hoe groot of klein – te behandel om seker te maak infeksies word vermy.

Hoe kan ek my bloedsuiker vlakke onder beheer kry?

Die veiligste en mees effektiewe manier om bloedsuiker vlakke te beheer is deur gesonde leefstyl veranderinge te maak.

  • Eet reg en gesond

Maak seker jy kry ‘n groot verskeidenheid in om jou doelwit te bereik sonder om smaak of voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis Manna Dieet e-Boek af vir al die inligting, spyskaarte, en resepte om jou te help om jou gewigsverlies teiken te bereik.

  • Kry genoeg van die regte oefening

Probeer om ten minste 30 tot 60 minute matige fisiese aktiwiteit minstens 4 dae ‘n week te doen. Moenie meer as twee dae laat verbygaan sonder om te oefen nie, want oefening is een van die beste maniere om bloedsuikervlakke te beheer en bloedsirkulasie te verbeter.
Jy hoef nie ure in die gimnasium deur te bring nie; jy kan bloot vinnig gaan stap, fietsry of ‘n paar lengtes swem. Indien jy nie tyd het vir ‘n lang oefensessie nie, kan jy dit in kleiner sessies deur die loop van die dag verdeel.
Ons stel voor dat jy twee keer per week weerstand oefening, soos gewigoptel, by jou roetine insluit.

  • Gebruik Manna Blood Sugar Support

Neem net Manna Blood Sugar Support saam met elke ete – dit is seker die maklikste wenk en mees effektiewe wenk.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters