Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Doeltreffende Oplossings vir Algemene Gesondheidsprobleme

Algemene Gesondheid

Ontdek die Potensiaal van Natuurlike Gesondheidsaanvullings vir Algemene Gesondheid.

Filters

Clear all

Die Stille Moordenaar: Hoë Bloeddruk by Vroue

by Freda Coetzee

Die Stille Moordenaar: Hoë Bloeddruk by Vroue

Vrouens staar unieke uitdagings in die oë as dit by hoë bloeddruk kom Hoë bloeddruk (hipertensie) is dikwels die oorsaak agter beroertes en hartaanvalle. Die Hart- en Beroertestigting in Suid-Afrika meen dat een uit drie Suid-Afrikaners hipertensie het. Ongeveer 45% van mans en 48% van vroue ouer as 15 jaar in Suid-Afrika het hipertensie, volgens 'n studie in die joernaal Global Epidemiology. Hoë bloeddruk kan dodelik wees. Die toestand staan bekend as die “sluipmoordenaar” aangesien hipertensie gewoonlik geen simptome toon nie. Die beste manier om hoë bloeddruk te voorkom, is om jou bloeddruk gereeld te toets en die risikofaktore binne jou beheer mooi te bestuur. Leer meer oor die unieke risikofaktore vir hoë bloeddruk waarmee vroue opgesaal is. Risikofaktore Mans ontwikkel gewoonlik hoë bloeddruk en kardiovaskulêre siektes vroeër as vroue. Daar is egter sekere risikofaktore wat veral in vroue se latere lewe hoë bloeddruk kan veroorsaak. Risikofaktore vir hipertensie kan in drie kategorieë verdeel word: Dié wat jy nie kan beheer nie: familiegeskiedenis, etnisiteit, ouderdom. Dié wat jy kan beheer: oorgewig, gebrek aan oefening, rook, ongesonde koskeuses, sekere voorbehoedmiddels. Gepaardgaande siektes of orgaanskade: hoë cholesterol, hartsiektes, hartversaking, diabetes, beroerte, nierskade, retinale skade, skade aan bloedvate. Risikofaktore vir vroue Probleme tydens swangerskap: Hoë bloeddruk kan voor of tydens swangerskap ontwikkel. Voorbehoedmiddels wat estrogeen bevat: Hierdie middels kan jou bloeddruk verhoog. Premenstruele migraines Menopouse: Hormonale veranderinge kan gewigstoename en verhoogde bloeddruk veroorsaak. Wat kan vroue doen? Tydens swangerskap As jy swanger is, moet jou dokter gereeld jou bloeddruk monitor. Medikasie kan nodig wees afhangende van die erns. Kies jou voorbehoedmiddels goed As jy 35 of jonger is, gesond is en jou bloeddruk is goed beheer, kan geboortebeperking wat estrogeen bevat oorweeg word. Jou bloeddruk moet binne een maand en daarna elke ses maande nagegaan word. As jy ouer as 35 is of verskeie risikofaktore het, moet jy geboortebeperking met estrogeen vermy. Hanteer premenstruele migraines Eet gesond en vermy snellers soos om maaltye oor te slaan, suiker, alkohol en kafeïen. Gereelde oefening, genoeg slaap, ontspanningstegnieke en akupunktuur kan ook help. Behandel menopouse Tydens menopouse kan bloeddruk skerp styg. Hormoonvervangingsterapie en leefstylveranderinge kan help om bloeddruk te bestuur. Leefstylveranderinge Die volgende leefstylveranderinge kan deur beide mans en vroue geïmplementeer word om hoë bloeddruk teë te werk. Oefen gereeld: Mik vir minstens 30 minute per dag. Volg ’n gesonde dieet: Lae sout, ryk aan volgraan, vrugte, groente en laevet suiwel. Verloor gewig: Handhaaf ’n gesonde gewig met dieet en oefening. Verminder stres: Gebruik meditasie, joga, asemhalingsoefeninge of praat met ’n terapeut. Verminder alkohol-inname: Beperk tot hoogstens twee drankies per dag. Hou op rook: Staak rook om bloeddruk en algehele gesondheid te verbeter. Samevatting Vroue staar unieke uitdagings wanneer dit by hoë bloeddruk kom. Laat jou bloeddruk gereeld toets tydens swangerskap, kies geboortebeperking versigtig, monitor jou bloeddruk tydens menopouse en maak die nodige leefstylveranderinge om gesond te bly.

Read more

What is High Blood Pressure?

by Freda Coetzee

Wat is hoë bloeddruk?

Leer meer oor hoë bloeddruk en hoe om hierdie sluipmoordenaar te vermy. Hoë bloeddruk (hipertensie) kan hartsiektes, beroerte, ander kardiovaskulêre siektes, chroniese niersiekte en demensie veroorsaak. Leer meer oor hoë bloeddruk sodat jy hierdie noodlottige gesondheidsprobleme kan omseil. Hoe werk bloeddruk? Die bloedsomloopstelsel dra bloed, gevul met suurstof, deur die liggaam sodat weefsels en organe goed kan funksioneer. Die hart genereer druk wat bloed deur ‘n netwerk van bloedvate, are en slagare stoot, en hierdie druk staan bekend as bloeddruk. Die twee kragte waaruit bloeddruk bestaan, is sistoliese druk, wat geskep word wanneer die hart pomp, en diastoliese druk, wat geskep word wanneer die hart tussen slae rus. Jy het bloeddruk nodig vir bloed om in jou liggaam rond te beweeg, maar as jou bloeddruk te hoog is, is jy in gevaar. Hoe benadeel hoë bloeddruk my gesondheid? Hoë bloeddruk plaas stremming op die hart en bloedvate, wat klein skeurtjies in delikate weefsels binne die are veroorsaak. Slegte LDL-cholesterol begin plaak vorm rondom die skeurtjies en dit vernou die are en veroorsaak verdere skade aan die hart, are en die res van die liggaam, wat die risiko vir toestande soos ‘n hartaanval en beroerte verhoog. Hoe word bloeddruk gemeet? Bloeddruk word gemeet in millimeter kwik (mm Hg). Navorsers stem saam dat die gemiddelde bloeddruk gedurende die dag nie meer as 130/80 mm Hg moet wees nie. Jy sal met hipertensie gediagnoseer word as jou bloeddruk konsekwent bo 140 sistolies of 90 diastolies is. Die volgende tabel toon die normale reekse van bloeddruk en die vlakke van hipertensie vir Suid-Afrikaners aan: Bloeddruk Sistolies (mm Hg) Diastolies (mm Hg) Optimaal 120 of minder 80 of minder Normaal Minder as 130 Minder as 80 Hoë Normaal 130 -139 80 – 89 Hipertensie Vlak 1 140 – 159 90 – 99 Hipertensie Vlak 2 160 – 179 100 – 109 Hipertensie Vlak 3 180 of hoër 110 of hoër Suid-Afrikaners kan hul bloeddruk by ‘n plaaslike apteek, Clicks, Dis-Chem, of ‘n algemene praktisyn toets. Jy kan ook jou bloeddruk by die huis meet – praat met jou dokter oor die beste bloeddruk-monitors of besoek die Suid-Afrikaanse Hipertensievereniging vir meer inligting. Hoë bloeddruk is dodelik Mediclinic meen dat meer as 6,2 miljoen Suid-Afrikaners bloeddruk hoër as 140/90 mm Hg het. Meer as 3,2 miljoen hiervan het bloeddruk hoër as 160/95 mm Hg, ‘n vlak wat volgens navorsers onaanvaarbaar hoog is. Ongeveer 53 mans en 78 vroue sterf elke dag in Suid-Afrika weens die impak van hipertensie. Hoë bloeddruk kan dodelik wees. Die toestand staan bekend as die “sluipmoordenaar” aangesien hipertensie gewoonlik geen simptome toon nie. Die beste manier om hoë bloeddruk te voorkom, is om jou bloeddruk gereeld te meet en risikofaktore binne jou beheer te bestuur. Risikofaktore Risikofaktore vir hipertensie kan in drie kategorieë verdeel word: Nie-beheerbare faktore: familiegeskiedenis, etnisiteit, ouderdom. Beheerbare faktore: oorgewig, gebrek aan oefening, rook, ongesonde dieet, sekere voorbehoedmiddels. Gepaardgaande siektes: hoë cholesterol, hartsiektes, hartversaking, diabetes, beroerte, nierskade, retinale skade en vaskulêre skade. As jy hoë bloeddruk het, sal jou dokter medikasie voorskryf. Jy kan ook hipertensie bestuur of voorkom deur op hierdie punte te fokus: Praat met jou dokter of dieetkundige oor ‘n gewigsverliesplan indien jy vetsug het. Oefen gereeld – minstens 3 tot 4 keer per week vir 40 minute of in korter sessies. Hou op rook. Verander jou dieet – beperk soutinname tot onder 2 300 mg per dag, verkieslik 1 500 mg. Bespreek voorbehoedmiddels met jou dokter. Samevatting As jy meer leer oor bloeddruk en oor die nadelige gevolge van hoë bloeddruk het jy die eerste stap geneem om hierdie “sluipmoordenaar” weg te hou. Kontroleer jou bloeddruk gereeld en werk aan die risikofaktore binne jou beheer.

Read more