Andropouse (Menopouse vir mans!)
Andropause Feite Testosteroon is die hormoon verantwoordelik vir ‘n diep stem, spier gewig en gesig en liggaamshare wat voorkom in mans. Soos ‘n man ouer word verminder sy vlakke van testosteroon en die produksie van sperm word minder. Dit veroorsaak fisiese en psigiese veranderings en simptome. Dit is deel van die natuurlike oudword proses. …