Sinus

Manna Sinus Support

Sinus-infeksie: Jy weet wanneer jy dit het.

As jy met sinusprobleme sukkel, weet jy presies hoe dit jou daaglikse lewe raak. Manna Sinus Support is spesifiek ontwerp om te help met die verligting van verstopte neusholtes en die simptome van sinus.

Manna Sinus Support information is also available in English

Manna Sinus Support is beskikbaar by

5/5

“Ek dink dit is ‘n wonder-produk, want ek het nog nie ‘n probleem met my sinus gehad sedert ek Manna Sinus Support begin gebruik het nie.”

Samantha

Sinusprobleme hoef nie soos ‘n lewenslange vonnis te voel nie

Hoekom is ‘n sinusinfeksie so seer?

Sinusitis is ‘n ontsteking van die sinusse of neusholtes. Hierdie ontsteking veroorsaak hoofpyn of ‘n drukking in die oë, neus, rondom die wange of ​​aan die een kant van die kop.

‘n Persoon met sinusitis kan hoesbuie hê of ander simptome soos koors, slegte asemhaling en die verstopping van die neus met dik slym.

Wat is Manna Sinus Support?

Die gebruik van botaniese medisyne en kruie as ‘n komplementêre benadering vir die behandeling van sinus word al hoe meer populêr – moontlik as gevolg van die nadelige effekte wat met die gebruik van konvensionele medikasie geassosieer word.

Hierdie formulering van die hoogste gehalte natuurlike en organiese bestanddele is spesifiek ontwerp om te help met die verligting en verbetering van die simptome van sinus.

Ons gebruik slegs drie bestanddele in die produk om die effekte van elke individuele bestanddeel ten volle te benut.

Eucalyptus-ekstrak (flavonoïede en polifenole) (1)

Die antioksidant-eienskappe in die flavonoïede en polifenole van hierdie natuurlike eucalyptus-ekstrak is selfs hoër as druiwesaad-ekstrak.
    Die antivirale en anti-inflammatoriese eienskappe is ook baie hoog, wat help met die verligting van inflammasie wat veroorsaak word deur ‘n opeenhoping van slym in die sinusholtes.

    Ekstrak van Pelargonium sidoides (Pelargonium) (3)

    Pelargonium sidoides is 'n mediese plant. Kliniese studies toon dat dit effektief is vir die behandeling van sinus, sinusitis en verkoue. Eksperimente in laboratoriums het bewys dat die plant ook verhoed dat virusse en bakterieë aan die selle heg, wat infeksies effektief stop.

    Ganoderma lucidum (Reishi-sampioen) (2)

    Allergieë en asma is twee voorbeelde van histamien-gemedieerde allergiese reaksies. Albei toestande kom al hoe meer algemeen voor maar dit is moeilik om dit te behandel.
      Die navorsing van moderne medikasie is teikenspesifiek maar neem nie die liggaam se natuurlike verdedigingsmeganismes in ag nie. Die navorsing fokus ook nie op die onderliggende veroorsakende faktore van hierdie allergiese reaksies nie.
        Ganoderma lucidum (Reishi) het ‘n klomp unieke verbindings wat saamwerk om histamien-gemedieerde allergiese reaksies te behandel.
        5/5

        “Ek het die afgelope paar weke verskriklike hoofpyne en jeukerige oë gehad. Ek voel regtig beter vandat ek Manna Sinus Support gebruik het. Ek gebruik dit net vir ongeveer ‘n week en ek dink dit is ‘n baie goeie produk.”

        Zanovia

        Koop Manna Sinus Support aanlyn nou!

        Manna Sinus Support is beskikbaar by

        5/5

        “Ek moes jare lank op my linkerkant slaap weens ‘n motorongelukbesering wat my sinusholte aangetas het. Ek het besluit om Manna Sinus Support te neem en gevind dat ek maklik aan albei kante kan asemhaal.”

        Colin

        Hoe werk Manna Sinus Support?

        Manna Sinus Support help om verstoppings in die neus en allergiese sensitiwiteit te verminder.

        Dit help ook met die vermindering van rinorree (die voortdurende vloei van waterige vloeistof in die neus)

        Die verskillende bestanddele werk op ‘n sinergistiese wyse om allergiese reaksies in die neus op antigene te verminder.

        Voordele van Manna Sinus Support

        • Dien as ‘n anti-oksidant
        • Help om opeenhoping in die neusholte te verminder
        • Antivirale en anti-inflammatoriese eienskappe wat help met die verligting van inflammasie

        Hoe neem ek dit?

        Dosis

        Een kapsule drie keer per dag, met kos, totdat simptome verdwyn.

        Is Manna Sinus Support veilig om te gebruik?

        Natuurlik en organies: Ja

        Vervaardig in NSF CGMP Fasiliteit: Ja

        100% vry van bymiddels: Absoluut

        Potensiële allergene: Soja, koring, bevat geen suiwel nie.

        Diabeties vriendelik: Absoluut

        Raklewe: Een jaar gewaarborg

        Kontra-indikasies

        Slegs as allergies vir bestanddele

        Swangerskap en laktasie

        Vrywaring

        Manna Sinus Support is ‘n nutriëntaanvulling en nie ‘n medisyne nie

        Kan ek dit saam met my huidige medikasie gebruik?

        Hierdie produk is veilig om saam met enige ander medikasie te gebruik. Wanneer Warfarin, of enige ander bloedverdunningsmedikasie gebruik word, neem asseblief hierdie produk twee ure voor of twee ure na die medikasie.

        VRY van ALLE groot potensiële allergene en is vry van ENIGE bymiddels.

        5/5

        “My man het Manna Sinus Support vir ses maande gebruik. Daar is ‘n groot verskil. Voorheen het hy omtrent alles op die mark vir sinus probeer en niks het gehelp nie, totdat hy hierdie produk begin gebruik het. Nou kan ons lekker slaap in die nag. Hy is baie beïndruk met hierdie produk.”

        Ria

        Koop Manna Sinus Support aanlyn nou!

        Manna Sinus Support is beskikbaar by

        5/5

        “Ek was nie seker of hierdie produk werk nie – totdat ek dit eendag nie geneem het nie. Ek het SO ‘n hoofpyn gehad.”

        Onbekend

        Navorsing

        1. ANTIMICROBIAL ACTIVITY AND PHYTOCHEMICAL ANALYSIS OF EUCALYPTUS TERETICORNIS BARK AND LEAF METHANOLIC EXTRACTS – International Journal of Pharmaceutical Sciences Review and Research Volume 4, Issue 2, September – October 2010; Article 021
        2. Immuno-modulatory activity of Ganoderma lucidum-derived polysacharide on human monocytoid dendritic cells pulsed with Der p 1 allergen – BMC Immunol. 2011; 12: 31. Published online 2011 May 25. doi: 1186/1471-2172-12-31
        3. Pelargonium sidoides extract for treating acute respiratory tract infections – Cochrane Database of Systematic Reviews 2013, Issue 10. Art. No.: CD006323. DOI: 10.1002/14651858.CD006323.pub3
        Print Friendly, PDF & Email