- 021 852 8446
- info@mannaplus.co.za
- FREE SHIPPING in South Africa on all orders above R550!
(Gehidroliseerde) Manna Collagen Peptides
Proteïene is ‘n belangrike deel van die samestelling van die liggaam, en dit is ‘n noodsaaklike voedingstof vir enigiemand wat goeie gesondheid wil handhaaf.
Manna Collagen Peptides is die perfekte proteïenaanvulling tot enige dieet. Dit help om jou liggaam, op ‘n heeltemal natuurlike manier, die proteïenhupstoot te gee wat dit nodig het. Kollageen is al vir jare lank bekend om menslike gesondheid te bevoordeel. Vir eeue lank verbruik mense kollageen in die vorm van beenbouillon om hul gewrig- en beengesondheid aan te help en in meer onlangse tye, om velskoonheid te bevorder.
5/5
“Dit is ‘n wonderlike produk, binne twee weke kon ek ‘n verskil in my vel en naels sien.”
Elizabeth
Wat doen kollageen?
Kollageen is die belangrikste proteïen in die bindweefsel van die liggaam. Dit hou alle lewende weefsels bymekaar en verseker die integriteit, elastisiteit en regenerasie van die vel, kraakbeen en bene. Dit is die proteïen wat die volopste in die liggaam voorkom, dit verteenwoordig byna 30% van alle menslike proteïeninhoud. Dit kan gevind word in byna elke deel van die mens se liggaam wat bindweefsel het, insluitend die hart, vel, longe, spiere, hare, are, bene, gewrigte, kraakbeen, naels, bloedselle, lewer en prostaat.
Hoekom het ons kollageen nodig?
Kollageenproduksie in ons liggaam bereik ‘n hoogtepunt rondom die ouderdom van 20, en soos ons ouer word, word daar minder kollageen vervaardig en is daar ‘n geleidelike agteruitgang van kollageenvesels in alle bindweefsel. Hierdie proses beïnvloed verskillende dele van jou liggaam.
Vel
Soos velselle minder aktief word, breek die kollageennetwerk af. Hierdie netwerk gee fermheid en struktuur aan die vel. Wanneer die netwerk begin afbreek, word die vel gedehidreer, dit word ook dunner en lyne, plooie en diep vore begin verskyn.
Gewrigte
Laer vlakke van kollageen en ander matrikskomponente, wat deur veroudering veroorsaak word, kan lei tot verlies van kraakbeen en gewrigsfunksie. Dit lei tot ongemak in gewrigte.
Bene
Wanneer daar meer beenverlies as beenvorming in die liggaam plaasvind, veroorsaak dit dat bene meer broos word en makliker breek.
Spiere
’n Geleidelike verlies aan spiermassa en krag, wat deur veroudering veroorsaak word, kan balans en algehele mobiliteit beïnvloed.
5/5
“Die pyn in my knieë, heupe en skouers is alles weg. Laat my besef hoe belangrik dit is om kollageen te neem. Sal nooit ophou om dit te neem nie.“
Monica Clarke
Wat is Manna Collagen Peptides?
Manna Collagen Peptides is ‘n spesifieke tipe kollageen wat so gemaak is om maklik geabsorbeer te word. In plaas daarvan om jou liggaam te dwing om aminosure af te breek en dan daardie aminosure weer in kollageen om te skakel, slaan Manna Collageen Peptides daardie stap oor.
Hierdie produk gee basies jou liggaam klein, bruikbare kettingpeptiedes en aminosure wat gereed is om geabsorbeer te word.
Hierdie kollageenaanvulling word gemaak van hoëgraadse gelatien (onttrek uit beeshuide).
‘n Formule kan soos volg lyk:
– 83% proteïene
– 15% water
– 2% minerale
Hoekom gelatien? Gelatien bevat eintlik al die essensiële aminosure wat deur die menslike liggaam benodig word (behalwe een, triptofaan). Die aminosure sluit in glisien, prolien, hidroksiprolien, glutamiensuur, alanien, arginien, asparaginsuur en verskeie ander.
Hoe werk dit?
Proteïene is noodsaaklike voedingstowwe vir die liggaam. Hulle word gemaak van lang kettings aminosure. Kollageenpeptiedes is proteïene wat hoogs biobeskikbaar is. Kollageenpeptiedes sal help om jou liggaam te voorsien van aminosure wat nodig is as boustene om jou vel, bene en gewrigte te vernuwe.
Daar is voorgestel dat kollageenpeptiedes as ‘n boodskapper na die selle kan optree en die sintese en herorganisasie van nuwe kollageenvesels kan aanwakker, wat dus die velweefselstruktuur ondersteun.
Gesondheidsvoordele van Manna Collagen Peptides
Velgesondheid
Kliniese proewe het getoon dat die inname van kollageenpeptiedes die kollageennetwerk van dieper vellae ondersteun (1): die fragmentasie van kollageen in die diep lae van die vel is reeds na vier weke verminder en na 12 weke het dit met 31% afgeneem. Terselfdertyd het die digtheid van die kollageenlaag toegeneem, wat die vel sterker maak.
Kollageen het die vogtigheid van die vel na agt weke verder met 28% verhoog. Hierdie herstrukturering van die vel is die sleutel tot 'n meer jeugdige voorkoms.
Gewriggesondheid
Daar is bewys dat kollageenpeptiedes die sintese van kraakbeenselle stimuleer, wat verhoogde aggrecan (chondroitin) en kollageen produseer.(6)
'n Kliniese studie het getoon dat 'n inname van kollageen ongemak in gewrigte kan verminder en gewrigte se buigsaamheid en funksie kan verbeter (7). Die kollageenbehandeling het gelei tot 'n afname in die WOMAC-telling, gekoppel aan 'n verbetering van 37% in gewrigspyntelling, 44% in styfheidtelling en 22% in funksietelling. 'n Onlangse studie het getoon dat kollageen op 'n unieke manier anti-inflammatoriese effekte kombineer met duidelike gewrigstruktuurvoordele, aangesien dit kraakbeenregenerasie ondersteun.(8)
Spiergesondheid
Kollageenpeptiedes is bioaktiewe proteïene wat spierherlewing bevorder. Studies het getoon dat kollageenpeptiedes kan help om stikstofbalans te handhaaf en liggaamsmassa by bejaarde volwassenes te bewaar.(9)
Daar is getoon dat kollageenpeptied-aanvullings in kombinasie met weerstandsoefening, liggaamspostuur verbeter en spierkrag verhoog by bejaarde, sarkopeniese mans. (10)
Beengesondheid
Wetenskaplike studies het bewys dat kollageenpeptiedes beengesondheid bevorder deur beenvernuwing te stimuleer, die mineraaldigtheid in bene te beheer en bene te versterk. (2,3,4,5)
Voorkom beserings
Herhalende, hoë-impak bewegings kan oormatige spanning op gewrigte uitoefen en selfs die kraakbeen, senings en ligamente beskadig. Kollageenpeptiedes kan bindweefsel versterk en die risiko van enige gewrig-beserings verminder.(11,12)
Herstel na ‘n oefensessie
As jy, na ‘n oefensessie, 'n hoë proteïendieet (wat kollageenpeptiedes bevat) eet, kan spieranabolisme verbeter, verlore proteïene vervang word, en die proteïeninhoud van die spiere kan herstel, terwyl dit ook die hersteltyd verminder.
‘n Gevoel van versadigheid
Kollageenpeptiedes is 'n uitstekende proteïenbron wat help om eetlus te beheer aangesien dit jou vinnig versadig laat voel. (13)
5/5
“Ek is reeds op my tweede bottel kollageen, maar kon al ‘n verskil sien op my eerste bottel, ek sukkel vir altyd met droë gekraakte hakke en het die beste behandeling gehad maar het geen resultate gesien nie totdat ek Manna Collagen Peptides begin gebruik het. Ek is so gelukkig met hierdie produk en beveel dit altyd aan vir mense wat die verskil in my voorkoms raaksien. Manna Collagen Peptides, beslis ‘n thumbs up van my!”
Gail
Koop Manna Collagen aanlyn nou!
5/5
“Vir ‘n vrou van my ouderdom moet ek ekstra hulp kry om die nodige kollageen in te neem wat ek verloor, ek persoonlik is mal oor hierdie produk en gebruik dit saam met my Manna Shake.“
Sandra Brits
Is Manna Collagen Peptides veilig vir gebruik?
Kollageenpeptiedes is ‘n suiwer en bioaktiewe proteïen, afkomstig van ‘n 100% natuurlike bron en vry van enige newe-effekte.
Kontra-indikasies
As jy ‘n mediese toestand het of swanger is, raadpleeg asseblief ‘n mediese dokter of gesondheidswerker.
Vrywaring
Manna Collagen Peptides is ‘n voedingsaanvulling en nie ‘n medisyne nie.
Kan ek dit saam met my huidige medikasie gebruik?
Hierdie produk is veilig om saam met enige ander medikasie te gebruik. Wanneer Warfarin, of enige ander bloedverdunningsmedikasie gebruik word, neem asseblief hierdie produk twee ure voor of twee ure na die medikasie.
Wat is die bron van kollageenpeptiedes?
Kollageen word al vir lank in voedsel gebruik, hoofsaaklik in die vorm van gelatien wat in nageregte voorkom. Kollageen kom ook natuurlik voor in hoë hoeveelhede in sommige gekookte kosse, bv. beenbouillon en in die vel van vis en hoender. Kollageenpeptiedes word uit hoë gehalte grondstowwe onttrek, word gesuiwer en gedroog om ‘n suiwer proteïenpoeier te produseer.
Hoeveel tyd is nodig om die eerste resultate te sien?
Die meeste studies het positiewe gesondheidseffekte op die vel en gewrigte getoon binne 1-3 maande van daaglikse inname. Dit is egter noodsaaklik om die gewoonte om daagliks kollageen in te neem, vol te hou om doeltreffende metabolisme en optimale effekte te verseker.
Kan kollageenpeptiedes gelyktydig verskeie gesondheidsvoordele ondersteun?
Absoluut, kollageenpeptiedes word gerugsteun deur gepubliseerde wetenskaplike bewyse vir hul voordele op velskoonheid en gewriggesondheid. Verdere aanduidings van prekliniese modelle dui daarop dat kollageen help om bene gesond te hou. Kollageen is dus ‘n holistiese oplossing om die gesondheid van die muskuloskeletale stelsel te handhaaf en ook velskoonheid te ondersteun.
5/5
“I got this for the aunty I live with. She struggles with knee pain. When she stopped using it she could feel the pain coming back. She started to use it again and already feel a difference since using it for a week.”
Carina
Koop Manna Collagen aanlyn nou!
5/5
“Great product and a great price! The product has helped me to get rid of the pain in my hips.”
Carin
Navorsing
- Asserin, J. et al., 2015, The effect of oral collagen peptide supplementation on skin moisture and the dermal collagen network: evidence from an ex vivo model and randomized, placebo-controlled clinical trials. Journal of Cosmetic Dermatology, 14:291-301. doi: 10.1111/jocd.12174
- Guillerminet, F. et al., 2010, Hydrolyzed collagen improves bone metabolism and biomechanical parameters in ovariectomized mice: An in vitro and in vivo study. Bone, 46:827-834
- Guillerminet, F. et al., 2012, Hydrolyzed collagen improves bone status and prevents bone loss in ovariectomized C3H/HeN mice. Osteoporosis International, 23(7):1909-1919
- Daneault, A. et al., 2014, Hydrolyzed collagen contributes to osteoblast differentiation in vitro and subsequent bone health in vivo. Osteoarthritis and Cartilage, 22:S131
- Daneault, A. et al., 2015, Biological effect of hydrolysed collagen on bone metabolism. Critical Reviews in Food Science and Nutrition, 10:1040-8398
- Rousselot unpublished data, 2011
- Jiang, J.X. et al., 2014, Collagen peptides improve knee osteoarthritis in elderly women: A 6-month randomized, double-blind, placebo-controlled study. Agro Food Industry Hi Tech, 25: 19-23
- Dar, Q.A. et al., 2016, Oral hydrolyzed type 1 collagen induces chondroregeneration and inhibits synovial inflammation in murine posttraumatic osteoarthritis. Osteoarthritis and Cartilage, 24:S532–S533
- Hays, N.P. et al., 2009, Effects of whey and fortified collagen hydrolysate protein supplements on nitrogen balance and body composition in older women. Journal of the American Dietetic Association, 109:1082-1087
- Zdzieblik, D. et al., 2015, Collagen peptide supplementation in combination with resistance training improves body composition and increases muscle strength in elderly sarcopenic men: a randomized controlled trial. British Journal of Nutrition, 114 (8):1237-1245
- Shaw, G. et al., 2016, Vitamin C-enriched gelatin supplementation before intermittent activity augments collagen synthesis. American Journal of Clinical Nutrition, doi:10.3945/ajcn.116.138594
- Baar, K. 2015, Training and nutrition to prevent soft tissue injuries and accelerate return to play. Sports Science Exchange, 28(142):1-6
- Veldhorst, M.A. et al., 2009, A breakfast with alpha-lactalbumin, gelatin, or gelatin TRP lowers energy intake at lunch compared with a breakfast with casein, soy, whey, or whey-GMP. Clinical Nutrition, 28(2):147-15