Om oorgewig te wees is meer as net ‘n ongerief – dit kan uiters gevaarlik wees.
Om selfs effens oorgewig te wees kan die deur oopmaak vir talle gevare van oorgewig wees. Sommige is ernstig, en ander is selfs lewensgevaarlik.
Kom ons kyk na 8 gevare van oorgewig wees wat ‘n mens sal laat twee keer dink voor jy daardie sny koek eet…
-
Hartsiekte en Beroertes
Selfs om net ‘n bietjie oorgewig te wees beteken dat daar ‘n baie hoër risiko vir hoë bloeddruk en hoë cholesterol is. Albei hierdie toestande maak die kans van hartsiekte en beroerte baie meer waarskynlik.
Gelukkig kan die risiko hiervoor aansienlik verminder word deur die ekstra gewig te verloor.
-
Tipe 2 Diabetes
Om oorgewig te wees, en tipe 2-diabetes gaan dikwels hand-in-hand.
Om tipe 2-diabetes te beheer terwyl jy oorgewig is kan wees soos om stroomop te probeer swem.
Daarom is dit belangrik om ‘n gesonde lewenstyl te volg sodat jy kan gewig verloor en bloedsuikervlakke balanseer.
‘N Gesonde leefstyl sluit in: ‘n gebalanseerde dieet, genoeg slaap, en daaglikse oefening.
-
Kanker
Om oorgewig te wees kan soveel meer wees as net ‘n ongerief. Dit kan ernstig en lewensbedreigend wees siende dat dit ‘n groot bydrae kan lewer tot die ontstaan van kanker.
Om oorgewig te wees, beteken dat jy ‘n baie hoër risiko van sekere tipes kanker het, insluitend:
- Kolon kanker
- Borskanker (veral na menopouse)
- Endometrium kanker
- Nier kanker
- Kanker in die slukderm
- Galblaas kanker
- Eierstok kanker
- Pankreas kanker
-
Galblaas probleme
Afgesien van galblaas kanker kan daar ook galblaas probleme en galstene insluip as jy oorgewig is. Hierdie probleme is baie meer algemeen as jy oorgewig is.
Maar wees versigtig, want as jy te vinnig gewig te verloor, kan dit ook galstene veroorsaak.
Dit is belangrik om gewig te verloor teen ‘n egalige, veilige tempo. Daarom is dit baie beter vir jou om ‘n gesonde lewenstyl te volg as om op ‘n vinnige, 2-week kits-dieet te spring.
-
Osteoartritis
Osteoartritis is ‘n algemene gewrig probleem wat meestal die knieë, heupe, of rug affekteer.
Die ekstra gewig plaas onnidige druk op hierdie gewrigte en werk dan die kraakbeen weg. Die kraakbeen is die weefsel wat die gewrigte beskerm, so as dit afgebreek word kan dit baie pyn en ongemak veroorsaak.
-
Jig
Dit is nou “gout” as jy gewonder het.
Jig word nie net veroorsaak wanneer jy te veel rooiwyn drink nie. Om oorgewig te wees, kan ook ‘n groot faktor wees.
Jig is ‘n siekte wat die gewrigte aantas. Dit word veroorsaak deur te veel uriensuur in jou liggaam. Die ekstra uriensuur vorm kristalle rondom die gewrigte in die liggaam, wat dan erge pyn of ongemak veroorsaak.
-
Slaapapnee
Dit kan gevaarlik wees, want dit gebeur terwyl jy slaap. Dit beteken dat jy waarskynlik nie eers weet dat dit met jou gebeur nie.
Slaapapnee is ‘n asemhalings probleem wat gewoonlik voorkom wanneer jy oorgewig is.
Dit veroorsaak dat jy baie swaar snork, en dit kan ook veroorsaak dat jy vir kort tydperke tydens die nag ophou asemhaal.
Die enigste tekens wat jy van slaapapnee kan sien is dat jy slaperig is deur die dag, dat jy die heeltyd moeg is. Tensy jy langs iemand slaap wat kan bevestig dat jy wel baie swaar snork, en soms ophou asemhaal in die nag.
Slaapapnee kan die risiko van hartsiekte en beroerte verhoog.
-
Onvrugbaarheid
Wanneer jy oorgewig is kan dit baie moeilik wees om swanger te word. Deel hiervan is omdat vrouens wat oorgewig is minder ovuleer as vrouens wat ‘n gesonde gewig handhaaf.
Dit is dus die beste om seker te maak dat jy nie oorgewig is nie, selfs voordat jy probeer om swanger te word.