Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

12 Slaggate Van Gewigsverlies

12 Slaggate Van Gewigsverlies

Wanneer dit by dieët kom, is dit belangrik om te weet wat help, en wat gewigsverlies kan benadeel.

Jy het omtrent al alles probeer, en jy kan net nie van daardie ekstra gewig ontslae raak nie. Jy het heel moontlik jouself in van die mees algemene slaggate van gewigsverlies laat beland wanneer jy op ‘n dieët is.

Hier is 12 algemene slaggate van gewigsverlies plus ‘n paar wenke oor hoe ‘n mens dit kan vermy.

  1. Kitsdiëte

    Een van die grootste foute – en ons almal maak dit – is om al die gewig DADELIK te wil verloor. Die voor die hand liggende oplossing sal dus wees om vir ‘n paar weke ‘n streng kitsdieët te volg. Hoewel dit jou kan help om gou ‘n paar kilogramme te verloor, maak dit jou metabolisme stadiger. Dit beteken dat, wanneer jou dieët verby is, jou liggaam nie in staat is om kalorieë so vinnig te verbrand soos dit moet nie, en jou gewig stagneer of neem selfs toe.

  2. Nie Ontbyt Eet nie

    Om jou etery te los vir later in die dag klink na ‘n maklike manier om jou daaglikse kalorie-telling te verminder, maar dit kan daartoe lei dat jy later in die dag vreeslik honger is en jouself ooreet of heeltyd peusel.

    As jy ‘n gesonde ontbyt van proteïen en vesel eet, bly jy vir langer versadig en sal jy nie sommer ooreet of ongesonde peuselhappies eet nie. Dit sal ook meer energie regdeur die dag gee en jy sal dus meer produktief wees!

  3. Nie Tred Hou Met Jou Peuselhappies Nie

    Jy tel dalk elke kalorie aan tafel, maar wat van dít wat jy tussen-in eet? En wat van daardie koekie wat jy saam met jou wegneem-koffie gekry het? En wat van selfs die koffie? Ons vergeet dat al hierdie klein goedjies jou kalorie-telling kan opstoot! Die beste manier om seker te maak dat jy tred hou van jou kalorieë is om dit in ‘n boekie neer te skryf of ‘n program op jou selfoon gebruik waar jy kan tred hou van ALLES wat jy eet.

  4. Glad Nie Peuselhappies Eet nie

    Hoewel ongesonde peuselhappies jou gewig kan laat aansit, kan die regte peuselhappies jou in werklikheid help gewig verloor! Dit is die beste as jy jou peuselhappies so beplan dat hulle deel vorm van jou totale kalorie-inname vir die dag, veral as jy hulle dan strategies tussen etes eet sodat jy nie té honger raak voor etenstyd nie. Voorbeelde van goeie peuselhappies is neute, vars vrugte of vars groente soos wortelstokkies of seldery.

  5. Oorboord gaan Met Lae-Vet Kos

    Lae-vet beteken NIE lae-kalorie nie en dit is nie ‘n teken dat jy ‘n tweede en derde porsie kan skep nie. Lees die etiket van lae-vet kosse baie deeglik om te sien hoeveel kalorieë hulle bevat. Deur baie hiervan in te neem kan jy dalk meer kalorieë inkry as wat jy met gewone kos sou inkry.

  6. Kalorieë Opdrink

    Dis gevaarlik as ‘n mens vergeet om die kalorieë te tel wat skuil in wat ons drink. Dit is glad nie bevorderlik vir jou dieët as jy suikerbevattende koeldranke of alkoholiese drankies drink nie. Selfs dinge soos vrugtesap of gegeurde koffies kan baie suiker gevat, en dit laat jou kalorietelling baie vinnig toeneem!

  7. Nie Genoeg Water Drink Nie

    Hoewel dit een van die maklikste dieët-truuks is, doen baie min mense dit. Wanneer jy nie genoeg water drink nie, dehidreer jy; en wanneer jy gedehidreer is, raak jou metabolisme stadiger, en verloor jy minder gewig. Die beste is om ‘n glas water voor en gedurende elke ete te drink. Probeer om ten minste 1.5 liter water per dag te drink.

  8. Suiwel Vermy

    Baie mense glo dis sonde om volroom suiwelprodukte te eet as hulle op ‘n dieët is. Die waarheid is egter dat, deur suiwel uit te sny, gewigsverlies in der waarheid vertraag kan word. Navorsing het bevind dat die liggaam meer vet kan verbrand as dit genoeg kalsium het, maar kalsium-aanvullings bied nie dieselfde voordele as die Ware Jakob nie.

  9. Die Kitskos Krisis

    Wanneer jy die hele dag op kantoor was, kan wegneem-etes vir aandete ‘n aanloklike opsie wees. Dit is vinnig, relatief goedkoop en daar is boonop geen skottelgoed om te was nie. Maar is dit alles die moeite werd?

    Daar is min dinge wat jou so gewig kan laat aansit soos kitskos. Dit is propvol kalorieë en bevat baie min voedingswaarde. Beperk dus jou wegneem-ete aande tot ‘n minimum, en wanneer jy dit wel eet, kies die gesonder opsies op die spyskaart, moenie die grootste porsie bestel nie, en bly weg van die gaskoeldrank.

  10. Daagliks Weeg

    Om jouself elke dag te weeg, kan net lei tot frustrasie. Jou gewig kan van dag tot dag verskil, so dit is die beste om jouself op ‘n weeklikse basis te weeg. Jou doelwit moet wees om so 0.5kg – 1kg per week te verloor.

  11. Onrealistiese Gewigsdoelwitte hê

    Dit is goed om positief te wees, maar om ‘n onrealistiese doelwit te hê, kan net teleurstelling tot gevolg hê. Die beste manier om jou doelwit te bereik, is om te besluit wat jou doelgewig moet wees, en dit dan in maandelikse, en dan weeklikse, mylpale op te deel. Wanneer jy dit gedoen het, hoef jy net op weeklikse mylpale te fokus en kan jy jou einddoelwit as motivering gebruik.

  12. Nie Oefening Kry nie

    Sonder oefening kom al die druk om gewig te verloor, op jou dieët neer. Oefening help om kalorieë te verbrand, en dit beteken dat jy vet verbrand en gewig verloor. Die ideale oefenplan sluit kardio- en weerstandsoefeninge in, omdat hierdie kombinasie die beste vet-verbrandende potensiaal in jou liggaam ontsluit. Probeer om ten minste 4 keer per week, vir ongeveer 30 minute lank, te oefen.

    Vermeerder dit soos jy fikser word, sodat jy steeds gewig kan verloor en vet met spiere te vervang.

Wat kan ek doen om gewig te verloor?

Die eerste ding wat jy moet doen is om seker te maak dat jy reg eet.

Laai die GRATIS Manna Dieet e-boek af vir ‘n goeie handleiding. Dit kan help om suiker en verfynde koolhidrate uit te sny. Jy kan kosdrange bekamp deur ‘n lae GI-dieët te volg.

Maar daar is ook ‘n makliker manier…

Gebruik Manna Blood Sugar Support, ‘n natuurlik dieet aanvulling wat help om bloedsuiker vlakke onder beheer te hou. Dit help ook om aptyt te onderdruk en om kosdrange te bekamp sonder enige newe-effekte.

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

Stop die kosdrange met Manna Blood Sugar Support

  • Help om insulienweerstandigheid om te draai.
  • Dit help om bloedsuiker vlakke terug te kry na normaal.
  • Help om die opname van glukose in die bloedstroom te vertraag.
  • Help om die liggaam se behoefte vir insulien te verlaag.
  • Gee jou volhoubare hoë energievlakke.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters