7 Maklike Wenke vir Beter Dermkanaal Gesondheid

7 easy ways to care for your gut flora

Laat jou goeie bakterieë floreer vir beter gesondheid.

Die mikro-organismes wat in jou ingewande woon, staan ​​bekend as jou dermflora. Hierdie miljoene klein derm-goggas sluit bakterieë, swamme en virusse in. Daar is byvoorbeeld meer as 1000 spesies bakterieë wat jou ingewande hul tuiste noem. Sommige bakterieë verbeter jou gesondheid (goeie bakterieë) terwyl ander (slegte bakterieë) gesondheidsprobleme kan veroorsaak.

Daar sal altyd goeie en slegte inwoners in jou ingewande wees. As skadelike bakterieë eksponensieel groei, sal jou dermflora uit balans wees en die gevolge hiervan kan verreikend wees. Net soos om ‘n huis te verhuur, wil jy graag hê dat huurders na die eiendom moet omsien. Leer hoe om balans in jou derms te herstel sodat die goeie goggas kan help om na jou gesondheid om te sien.

 

Hoe help ek voordelige bakterieë groei?

Om ‘n gesonde balans in jou ingewande te handhaaf is soos om vir jou grasperk te sorg. Om ‘n stukkie gras te los om vir homself te sorg, sal nie die resultate lewer wat jy wil hê nie – jy sal nie kort, welige, lowergroen gras hê nie. Jou dermflora sal ook nie natuurlik herstel as dit uit balans is nie. 

 

Hoe kry ek my goeie goggas aan die floreer?

  1. Eet kosse ryk aan prebiotika, probiotika en polifenole.

Prebiotika is soos kunsmis wat goeie dermbakterieë help groei. Baie plantgebaseerde voedsel soos piesangs, neute, hawer, knoffel en bone is ryk aan prebiotika.

Probiotika is lewende organismes wat uit bakterieë en gis bestaan. Die neem van probiotika sal help om jou dermflora te diversifiseer. Hoe meer divers jou dermflora is, hoe gesonder sal jou ingewande wees. Gefermenteerde kosse soos jogurt, kombucha en kefir bevat reeds nuttige bakterieë.

Polifenole is verbindings in sekere plant-gebaseerde voedsel. Hierdie verbindings kan nie deur die menslike liggaam verteer word nie, maar wanneer voordelige bakterieë die kosse afbreek, bevorder dit die groei van hierdie bakterieë. Voedsel wat ryk is aan polifenole sluit amandels, uie, bloubessies en broccoli in.

 

  1. Eet meer vesel

Anders as perde, olifante of koeie, kan ons geen voedingstowwe uit vesel onttrek nie, maar sekere voordelige bakterieë kan dit wel verteer, en dit help hulle om te vermeerder. Voed jou goeie derm-bewoners met hoë-vesel kosse soos frambose, artisjokke, groen ertjies, broccoli, kekerertjies en lensies sodat hulle kan vermeerder.

 

  1. Oefen

Oefening het ‘n direkte invloed op jou dermbakterieë. En jou bakterieë verbeter op hul beurt jou weefselmetabolisme, kardiorespiratoriese fiksheid en insulienweerstandigheid. Navorsers het bevind dat die beste oefening om te doen aërobiese oefeninge is soos swem, fietsry, dans, stap, roei en hardloop.

 

  1. Neem aanvullings

Probiotiese aanvullings is nie die uiteindelike oplossing vir dermgesondheid nie. Bewyse dui egter daarop dat aanvullings die groei van nuttige bakterieë kan bevorder. Dit is veral voordelig om ‘n aanvulling te neem as jy antibiotika neem, aangesien antibiotika nie net slegte bakterieë doodmaak nie, maar ook voordelige bakterieë.

 

  1. Kyk na jou geestesgesonhdeid

As jou dermflora ongebalanseerd is, kan dit jou bui beïnvloed. Depressie en angs kan jou dermflora beïnvloed, maar die omgekeerde is ook moontlik – jou dermflora kan jou geestesgesondheid beïnvloed. Vind manier wat vir jou werk, om na jou geestesgesondheid om te sien.

 

  1. Kom in die natuur

Soos hierbo genoem, kan angs jou dermflora verander. ’n Eenvoudige manier om stres te bekamp, ​​is bloot deur tyd in die buitelug deur te bring. Studies het ook getoon dat om in mikroryke omgewings groot te word—soos op ’n plaas—kinders teen chroniese siektes kan beskerm.

 

  1. Laat vaar die Westerse dieet 

Die Westerse dieet bestaan ​​uit ‘n beperkte hoeveelheid bestanddele en is vol hoogs verwerkte, suikerryke kosse wat min vesel bevat. Slegte bakterieë floreer op hierdie dieet en dit kan tot ontsteking lei.

 As jy die diversiteit van jou dermflora wil verhoog, moet jy ’n diverse reeks voedsel eet. Baie mense glo dat die Mediterreense dieet die beste is vir jou ingewande. Hierdie dieet fokus op die inname van ‘n verskeidenheid groente, volgraan en gesonde proteïene soos bone en neute. Jy kan ook baie vrugte van alle kleure eet (kies veselryke vrugte soos appels, brame en frambose).

  

Samevatting

Probleme met ingewande het verreikende gesondheidskomplikasies – van die ontwikkeling van Prikkelbarederm-sindroom tot geestesprobleme. Voed jou goeie goggas met ‘n verskeidenheid vrugte en groente wat hoog in vesel is. Sorg ook om jou inname van prebiotika, probiotika en polifenole te verhoog. Ontspan deur tyd in die natuur deur te bring en probeer om genoeg oefening te doen. Laat daardie goeie goggas floreer sodat hulle jou kan help om gesond te bly.

 

Kry natuurlike verligting van derm- en spysverteringsprobleme

Manna Gut Support help om bakterie (goeie flora) in jou spysverteringstelsel en om noodsaaklike verteringsensieme te herstel wat help om jou spysverteringskanaal gesond te hou en jou immuunstelsel te versterk.

 

Wat is Manna GUT Support?

Manna GUT Support is ‘n natuurlike aanvulling wat help om die spysverteringsbakterieë (goeie flora) en noodsaaklike ensieme in die spysverteringskanaal te herstel. Dit help om die gesondheid van die mdermkanaal te verbeter en die immuunstelsel te versterk.

 

Hoe werk dit spysverterings probleme?

Manna GUT Support herstel die goeie bakterieë en noodsaaklike ensieme in die spysverteringskanaal, help met die verligting van spysverteringskanaal-verwante gesondheidsprobleme, en verhoog die immuunfunksie van die liggaam.

The Manna GUT Support bevat GEEN van die hoof potensiële allergene en bevat ook GEEN bymiddels

 

Wat is die voordele van Manna GUT Support?

  • Help om die natuurlike balans in die spysverteringskanaal te herstel
  • Help om verteringsgesondheid en die funksie van die immuunstelsel te verbeter
  • Geskik vir gewigsverlies, PCOS, IBS, insulien weerstandigheid, diabetes, candida, onvrugbaarheid, psoriasis, hoë bloeddruk en hoë cholesterol.
  • Die verskillende bestanddele werk holisties om die mikroörganismes in die spysverteringskanaal te balanseer.
  • Spysverterings ensieme help met die afbreek van kosse
  • Probiotika verskaf die ‘vriendelike’ dermflora wat die ingewande beskerm teen skadelike bakterieë, en L-Glutamien help met die vernuwing van die binnekant van die spysverteringskanaal.

 

Vir die perfekte dag-tot-dag hupstoot in jou spysverterings gesondheid, kry die Manna GUT Support NOU vanaf hierdie winkels of aanlyn-winkels:

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply