Stres beïnvloed tipe 2-diabetes

Stress affects your type 2 diabetes

This article is also available in English

Angstigheid is ‘n risikofaktor vir diabetes

 

Daar is baie faktore wat ‘n rol speel in die ontwikkeling van tipe 2-diabetes. Dit sluit in dieet, oefening, genetika, gewig en selfs jou geslag. Nog ‘n risikofaktor, om nie te ignoreer nie, is stres.

 

Sedert die 17de eeu het navorsers al na die verband tussen diabetes en stres begin kyk en onlangse studies bevestig hierdie verband. Navorsing uit 2010 berig dat mense wat depressie, angs, stres of ’n kombinasie van hierdie toestande ervaar ’n groter risiko loop om diabetes te ontwikkel.

 

Dit is nie net emosionele stres wat ‘n risikofaktor is nie – lees verder om meer te leer oor wat stres is, hoe dit jou bloedglukosevlakke beïnvloed en hoe om jou stresvlakke te beheer.

 

Wat is stres?

Stres is ‘n biologiese reaksie op ‘n potensieel gevaarlike situasie. Wanneer jy so ‘n situasie teëkom, oorstroom jou brein met hormone soos adrenalien en kortisol, wat jou voorberei om te veg of te vlug. Emosionele en fisiese stres veroorsaak stygende bloedsuikervlakke.

 

Daar is ‘n magdom redes waarom mense emosionele stres ervaar.

Sommige hiervan sluit in:

Verhoudings – verskille en konflik met geliefdes

Persoonlike oortuigings – die bevraagteken van jou persoonlike, godsdienstige of politieke oortuigings

Emosionele probleme – geestesgesondheidsversteurings soos depressie en angs of probleme om emosies te identifiseer en uit te druk

Lewensveranderinge – groot lewensveranderinge soos om te verhuis of van werk te verander

Finansiële probleme – finansiële nood  en skuld

Beroep – streng spertye, lang ure en kantoorpolitiek

Omgewing – om in ‘n misdaadgeteisterde woonbuurt te bly

Trauma – ‘n traumatiese gebeurtenis kan langtermyn stres veroorsaak

 

Jou liggaam sal ook stres ervaar wanneer jy verkoue, griep of infeksie het. Hormone wat siektes beveg, kan jou bloedsuikervlakke laat styg.

 

Hoe beïnvloed stres tipe 2-diabetes?

 

Stres kan jou hormone beïnvloed

Kortisol is jou streshormoon en een van sy funksies is om die hoeveelheid glukose in jou bloedstroom te verhoog. As jou kortisolvlakke vir ‘n lang tyd hoog is, sal jy meer geneig wees om gewig op te tel, sukkel om te slaap en lae energievlakke te hê.  

As jy oorgewig is, nie die energie het om te oefen nie en sukkel om te slaap, sal jy meer geneig wees om tipe 2-diabetes te ontwikkel.

 

Langdurige hoë vlakke van die hormoon, adrenalien, kan ook ‘n rol speel in die ontwikkeling van diabetes aangesien dit inmeng met die produksie van insulien. Dit is insulien se werk om glukose uit jou bloedstroom na jou selle te neem. As glukose nie na jou selle vervoer word nie, sal dit in jou bloedstroom ophoop.

 

Stres kan jou gewoontes beïnvloed

Jy kan dalk ongesonde gewoontes ontwikkel om stres te hanteer. Sommige ongesonde gewoontes kan diabetes veroorsaak. Dit sluit in:

  • ‘n swak gehalte dieet
  • min oefening
  • rook
  • oormatige alkoholverbruik

 

Hoe weet ek of my stresvlakke my bloedsuikervlakke laat styg?

As jy wil weet of jou stresvlakke jou bloedsuikervlakke beïnvloed, hou ‘n joernaal om jou bloedsuikervlakke na te gaan. Elke keer as jy jou bloedsuiker toets, gradeer ook jou stresvlak, van 1 tot 10. Jy kan ook neerskryf wat jou stres veroorsaak.

Met verloop van tyd sal jy agterkom of stres jou bloedsuiker beïnvloed. As jy die oorsake van jou stres opgemerk het, sal jy ook maniere kan vind om jou stres beter te hanteer.

 

Wat moet ek doen as ek stress?

Daar is baie leefstylveranderinge wat jy kan maak om hoë stresvlakke teë te werk.

Sommige hiervan sluit in:

Oefen

As jy aërobiese oefeninge doen, kan jy jou stresvlakke verlaag. Jy kan hardloop, fietsry of dans. Oor die algemeen is dit belangrik om aktief te bly om die ontwikkeling van diabetes teë te werk. Jy hoef nie te oefen tot die punt van uitputting nie – ‘n vinnige stap van 30 minute sal mense met prediabetes help om nie diabetes te ontwikkel nie.

 

Spandeer tyd saam met geliefdes

Om liefdevolle mense in jou lewe te hê, op wie jy kan staatmaak, is baie belangrik vir jou geestesgesondheid. Spandeer tyd saam met mense wat jy vertrou om jou angs te verminder.

Om tyd voor ‘n skerm deur te bring, kan jou meer angstig maak. Verskeie studies het getoon dat te veel tyd voor jou rekenaar, op jou foon of voor die TV met verhoogde vlakke van stres geassosieer word.

Verminder skermtyd en verhoog tyd wat saam met liefdevolle mense.

 

Neem aanvullings

Daar is getoon dat aanvullings soos magnesium, B-vitamiene en L-teanien help om stres te verminder.

 

Moenie take uitstel nie

Om take uit te stel en dan te skarrel om dinge gedoen te kry, kan stres veroorsaak. Stel realistiese doelwitte en prioritiseer belangrike take.

 

Verminder jou kafeïen-inname

Kafeïen word in koffie, tee en sjokolade aangetref. Die gebruik van te veel kafeïen kan gevoelens van angs veroorsaak. Mense se sensitiwiteit vir kafeïen verskil, maar dit word aanbeveel om nie meer as 400 mg kafeïen per dag te drink nie, wat gelyk is aan 4–5 koppies (0,9–1,2 L) koffie. Sommige mense kan meer sensitief wees, daarom is dit belangrik om op te let hoe jou liggaam voel nadat jy kafeïen ingeneem het.

 

Samevatting

As jy stres beter kan hanteer, kan jy die ontwikkeling van diabetes vertraag. Evalueer jou stresvlakke terwyl jy jou bloedsuikervlaklesing neerskryf om te sien of stres jou bloedsuikervlakke beïnvloed. Jy kan die uitwerking van stres verminder deur jou leefstyl te verander.

 

Neem die Manna Blood Sugar Support

Wanneer jy maaltyd eet, neem 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete, en sien die resultate…

Manna Blood Sugar Support help om jou bloedsuiker vlakke op ‘n natuurlike manier te balanseer. Dit help dan natuurlik om diabetes en verwante probleme te beveg.

 

Hoe werk dit om bloedsuiker te beheer?

Wanneer jy dit saam met ‘n maaltyd neem meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat jy eet om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel. Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygelaat word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.

 

Wat is die risiko’s en newe-effekte van Manna Blood Sugar Support?

GEEN! Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Prosopis (Mesquite) boom, en bevat geen slegte bymiddels nie. Dit beteken dat dit heeltemal natuurlik is, en dat dit gemaak word van organiese bestanddele.

Daarom het dit geen negatiewe uitwerking of newe-effekte op ‘n mens nie.

 

Wat kry ek daaruit? – Die voordele van Manna Blood Sugar Support

Sodra Manna Blood Sugar Support jou bloedsuiker vlakke stabiliseer:

  • Help om bloeddruk vlakke te beheer deur middel van bloedsuiker stabilisering.
  • Neem dit kos drange (Cravings) weg, omdat jou liggaam nie meer voel asof dit nog suiker benodig vir energie nie.
  • Gee dit jou hoër vlakke van energie vir ‘n verlengde tydperk, omdat dit die suiker stadiger en egalig in die bloedstroom vrystel.
  • Laat dit jou toe om jou gunsteling sjokolade of soetgoed te geniet elke nou en dan, solank as wat jy ‘n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit neem sodat dit nie jou bloedsuiker te veel verhoog nie.
  • Help dit jou om daai ekstra paar kilogram af te skud wat jy nooit kon nie.
  • Bied dit jou ‘n hoër gehalte leefstyl omdat Manna Blood Sugar Support jou toelaat om maaltye te geniet saam met vriende en familie wat jy nie altyd sou kon nie, omdat dit jou sou laat gewig optel.
  • Dit voorkom dat jy ‘n skielike “sugar crash” kry, wat daardie moeë gevoel is wat jy kry so uur nadat jy ‘n maaltyd of ‘n peusel happie met baie suiker in geëet het.

Daar is nog vele meer voordele van Manna Blood Sugar Support, maar as jy nog steeds nie dink dat jy hierdie aanvulling benodig om jou te help gewig verloor nie… dan moet jy die artikel weer lees!

 

Waar kan ek dit koop?

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply