Oorsake Van Hoë Bloedsuiker

Causes of High Blood Sugar

This article is also available in English

Lees verder oor die oorsake van hoë bloedsuikervlakke en hoe om dit te verlaag

Hoë bloedsuiker, ook genoem hiperglukemie, affekteer mense met diabetes. Daar is baie faktore wat jou bloedsuiker (glukose) vlakke laat styg – gelukkig is daar baie wat jy kan doen om hoe bloedsuikervlakke te vermy.

Chroniese hoë bloedsuikervlakke kan ernstige gesondheidskomplikasies hê. Indien onbehandeld gelaat word, kan hiperglukemie lewensgevaarlik wees aangesien dit tot ‘n diabetiese koma kan lei. Selfs as jou hiperglukemie nie ernstig is nie, sal dit met verloop van tyd jou oë, niere, senuwees en hart beïnvloed. Dit kan lei tot blindheid, niersiekte, amputasie en hartsiektes.

Leer meer oor die algemene diabetes komplikasies…

 

Bloedsuikervlakke en jou liggaam

Die liggaam het energie nodig om te funksioneer en een van sy primêre energiebronne is glukose. Jou liggaam breek koolhidrate af van voedsel soos brood, rys en pasta en stel glukose in jou bloedstroom vry. Glukose kan nie jou bloed verlaat en jou selle binnedring sonder enige hulp nie. Dit is die hormoon, insulien, se werk om glukose uit jou bloedstroom en na jou selle te vervoer en so te verhoed dat glukose in jou bloedstroom opbou.

Mense met diabetes sukkel om hul bloedsuikervlakke te bestuur, aangesien hulle dit nie kan verlaag nie. Hul bloedsuikervlakke is voortdurend hoog. Dit gebeur omdat hul liggame nie insulien produseer nie (tipe 1-diabetes) of nie die insulien wat dit maak effektief kan gebruik nie (tipe 2-diabetes). Dit lei tot hiperglukemie. Om bloedsuikervlakke van mense met diabetes te verlaag, word insulien toegedien. Jou gesondheidsorgverskaffer kan jou ook aanraai om ‘n paar leefstylveranderinge aan te bring om hoë bloedsuikervlakke te bestuur.

 

Wees op die uitkyk vir die volgende dinge wat jou bloedsuikervlakke beïnvloed:

  • Jy neem te veel of nie genoeg insulien of orale diabetesmedikasie nie.
  • Jy eet te veel koolhidrate en die hoeveelheid glukose in jou liggaam balanseer nie met die hoeveelheid insulien wat jy produseer of toedien nie.
  • Jy is nie aktief genoeg nie. Om elke 30 minute aktief te wees, sal veroorsaak dat jou liggaam meer energie benodig en dit sal die glukosevlakke in jou bloed verlaag.
  • Jy het ‘n verkoue, griep of ‘n infeksie. Hormone wat siektes beveg, kan jou bloedsuikervlakke laat styg.
  • Jy het emosionele stres. Of jy stres oor ‘n gesinskwessie of werksprobleem, jou bloedsuikervlakke sal toeneem omdat hormone wat deur stres vrygestel word, jou bloedsuikervlakke laat styg.
  • Die gebruik van sekere medikasie soos steroïede of immuunonderdrukkers sal ook hoër vlakke van glukose in jou bloed tot gevolg hê.
  • Die dagbreek-verskynsel (‘n oplewing van hormone wat die liggaam elke oggend omstreeks 04:00 tot 05:00 produseer) beïnvloed jou.

 

Hoe om jou bloedsuikervlakke te verlaag

1. Hou jou bloedsuikervlakke dop

Vra jou gesondheidsorgverskaffer oor hoe gereeld jy jou bloedsuikervlakke moet kontroleer. As jy tipe 1-diabetes het, moet jy tussen 4 en tien keer per dag jou bloedsuikervlakke toets. As jy insulien neem vir tipe 2-diabetes, kan jou gesondheidsorgverskaffer aanbeveel om jou bloedsuiker ‘n paar keer per dag te toets, afhangende van die tipe en hoeveelheid insulien wat jy gebruik. As jy jou bloedsuikervlakke sonder insulien bestuur, moet jy dalk daagliks toets.

Praat met jou gesondheidsorgverskaffer oor wat die teiken vir jou bloedsuiker moet wees. Alhoewel die American Diabetes Association (ADA) ‘n spesifieke teiken het, sal dit van persoon tot persoon verskil, afhangende van faktore soos ouderdom, die erns van jou diabetes en algemene gesondheid.

Die American Diabetes Association (ADA) beveel oor die algemeen die volgende teikenbloedsuikervlakke aan:
      • Tussen 80 en 130 milligram per deciliter (mg/dL) of 4,4 tot 7,2 millimol per liter (mmol/L) voor etes
      • Minder as 180 mg/dL (10.0 mmol/L) twee ure na etes

As jy sukkel om te onthou om jou boedsuiker voortdurend na te gaan, praat met jou dokter oor ‘n deurlopende glukosemonitor, of CGM. Hierdie toestelle meet jou bloedsuikervlakke outomaties. Sommige van hierdie toestelle kan aan ‘n slimfoontoepassing koppel – wat beteken dat jy jou glukosevlakke maklik kan nagaan.

2. Volg ‘n diabetes-dieet

Dit is belangrik om die eet van voedsel wat hoog op die glukemiese indeks is, te beperk. Jy wil koolhidrate en suikerryke kosse met heel kosse vervang.

Kry diabetes maklik onder beheer met ons GRATIS Diabetes eBoek…

3. Herinner jouself om te beweeg

As jy die grootste deel van die dag stil sit, moet jy elke 30 minute opstaan ​​en beweeg. Stel ‘n alarm op jou foon om jou te herinner. Jy kan byvoorbeeld gaan stap, die vloer vee, of die wasgoed ophang.

4. Versterk jou immuunstelsel

Om gesond te bly, maak seker dat jy kos eet en aanvullings neem wat jou immuunstelsel sal versterk. Die eet van kosse soos sitrus, papaja, gemmer, spinasie en broccoli sal help om jou gesond te hou.

5. Bestuur jou stresvlakke

As jy angstig is, kan jy met jou dokter praat oor die bestuur van jou angs. Behalwe om medikasie te neem, kan jy ook joga, meditasie of asemhalingstegnieke doen om stres te hanteer.

6. Voorkom die dagbreek-verskynsel

Om te verseker dat jou bloedsuikervlakke nie in die oggend styg nie, moenie koolhidrate eet voor slaaptyd nie. Praat ook met jou dokter oor die beste tyd om jou insulien toe te dien – dit is dalk beter om insulien toe te dien net voor jy gaan slaap.

 

Samevatting

Onbehandelde hiperglukemie het ernstige gesondheidskomplikasies, daarom is die bestuur van jou bloedsuikervlakke uiters belangrik. Maak seker dat jy jou bloedsuikervlakke dophou en jou leefstyl verander sodat jy jou bloedsuikervlakke stabiel kan hou en die komplikasies wat diabetes meebring, kan vermy.

 

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Volg ‘n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry. Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

 

Waar kan ek Manna Blood Sugar Support koop?

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply