Geniet jou tyd saam met geliefdes sonder bloedsuikerprobleme
Om met diabetes te leef beteken nie dat jy nie partytjies en ander sosiale byeenkomste kan geniet nie. Diabetes kan ‘n demper plaas op vieringe, maar as jy hierdie gesonde wenke implementeer, kan jy steeds ‘n goeie tyd saam met familie, vriende of kollegas hê.
Lees hoe om te hoog bloedsuikervlakke dadelik raak te sien…
Eet slim tydens ‘n feesmaal
Die meeste verjaarsdae, troues, Kersfees vieringe of ander vieringe kom met hope kos, en dit is maklik om te ooreet en jou bloedsuikervlakke deur die dak te stuur.
Hier is ‘n paar wenke om groot maaltye te hanteer:
Eet normale porsies
Vul jou bord net een keer en probeer om by jou normale porsiegroottes te hou. Of, as jy baie verskillende geregte wil probeer, eet kleiner porsies.
Kies jou disse versigtig
Gelukkig, as dit by feeste kom, is daar ‘n oorvloed smaaklike disse om van te kies. Probeer om geregte met baie suiker te vermy, soos patats met malvalekkers. Kies eerder groentegeregte of slaaie.
Eet peuselhappies voor die groot maaltyd
By partytjies of tydens die feestelike seisoen, kan maaltye laat in die middag of laat in die aand plaasvind. Terwyl jy wag vir etenstyd, geniet ‘n paar gesonde peuselhappies, soos rou groente met hummus. Dit sal help om jou bloedsuikervlakke stabiel te hou en verhoed dat jy ooreet tydens die maaltyd.
Eet gesonde verversings
Soos hierbo genoem, kan jy ‘n paar gesonde peuselhappies eet voor ‘n feesmaal. Sommige gesonde versnaperinge sluit neute, kaasstokkies of volgraanbeskuitjies in. As daar nie gesonde peuselhappies is nie, en as die verversingstafel propvol hope suikerryke, hoë-GI-kosse is, moet jy waaksaam wees. Eerder as om langs die verversingstafel te sit en elke minuut na ‘n handvol soet lekkernye te gryp, probeer om die eet van ongesonde eetgoedjies te beperk deur so ver as moontlik van die verversingstafel af te kuier.
Speel gasheer
Die beste manier om te beheer wat jy by ‘n byeenkoms eet, is om die geleentheid aan te bied. As jy die geleentheid reël, kan jy heerlike, gesonde geregte bedien. Jou gaste kan jou kookvaardighede hoog aansien en terselfdertyd kan jy jou bloedsuikervlakke verlaag.
As jy nie gasheer is nie, kan jy die gasheer vra of jy ‘n smaaklike, gesonde gereg en verversings kan saambring. Op hierdie manier kan jy ‘n paar disse by die fees voeg wat sal help om jou bloedsuikervlakke stabiel te hou.
Beplan vooruit
As jy ‘n plan kan beraam oor hoe om jou bloedsuikervlakke stabiel te hou voor ‘n feesviering, sal jy die spesiale tyd meer kan geniet. Tydens die geleentheid hoef jy nie angstig te raak oor wat jy eet nie, jy kan eenvoudig jou plan volg.
As jy byvoorbeeld na ‘n restaurant gaan, gaan die spyskaart aanlyn na voor die geleentheid en bepaal watter kosse jy kan bestel wat jou bloeduikervlakke meer stabiel sal hou. Weet vooraf watter gesonde kos jy wil bestel en geniet jou tyd uit.
Hou jou alkoholinname dop
Dikwels word alkoholiese drankies by vieringe geniet. As jy diabetes het, kan die drink van alkohol sommige diabetiese gesondheidskomplikasies vererger. Praat met jou dokter oor die gebruik van alkohol as jy diabetes het.
As jy besluit om alkohol te drink, kies drankies met laer kalorieë en minder suiker. Goeie opsies is ligte bier of wyn.
Jou liggaam sal jou bedank as jy onthou om tussen die drink van alkoholiese drankies ook water te drink. Om baie water te drink, sal jou gehidreer hou en jou help om vinnig van afvalprodukte in jou liggaam ontslae te raak.
Raak aktief
Fisiese aktiwiteite kan help om hoë bloedsuikervlakke te verlaag. Hoekom nie ‘n paar aktiwiteite saam met vriende en familie inkorporeer terwyl jy feesvier nie? Jy kan byvoorbeeld jou hart laat vinniger klop, deur te dans.
As jy tuis fees vier, kan jy ná jou ete rustig saam met jou geliefdes deur die buurt stap. As jy ‘n swembad het, kan jy help om jou bloedsuikervlakke te verlaag deur bloot ‘n bietjie te swem.
Kontroleer jou bloedsuikervlakke
Maak nie saak waar jy is of wat jy doen nie, dit is belangrik om jou bloedsuikervlakke dop te hou. As jy sukkel om te onthou om dit voortdurend na te gaan, praat met jou dokter oor ‘n deurlopende glukosemonitor, of CGM. Hierdie toestelle meet jou bloedsuikervlakke voortdurend. Sommige van hierdie toestelle kan aan ‘n slimfoontoepassing koppel – wat beteken dat jy jou glukosevlakke maklik kan nagaan.
Dit is ook belangrik om te verseker dat iemand van jou toestand weet en jou kan help wanneer jou bloedsuikervlakke te hoog of te laag is.
Hier is 6 maklike wenke om bloedsuiker te beheer…
Samevatting
Om met diabetes te leef kan jou lewe beperk en jy sal dalk veral die beperkende uitwerking daarvan voel wanneer jy feesvier. Groot geleenthede kan steeds pret wees – daar is baie dinge wat jy kan doen om te help dat jou bloedsuikervlakke nie die hoogte in skiet nie terwyl jy tyd saam met geliefdes geniet.
Neem die Manna Blood Sugar Support
Wanneer jy maaltyd eet, neem 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete, en sien die resultate…
Manna Blood Sugar Support help om jou bloedsuiker vlakke op ‘n natuurlike manier te balanseer. Dit help dan natuurlik om diabetes en verwante probleme te beveg.
Hoe werk dit om bloedsuiker te beheer?
Wanneer jy dit saam met ‘n maaltyd neem meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat jy eet om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel. Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygelaat word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.
Wat is die risiko’s en newe-effekte van Manna Blood Sugar Support?
GEEN! Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Prosopis (Mesquite) boom, en bevat geen slegte bymiddels nie. Dit beteken dat dit heeltemal natuurlik is, en dat dit gemaak word van organiese bestanddele.
Daarom het dit geen negatiewe uitwerking of newe-effekte op ‘n mens nie.
Wat kry ek daaruit? – Die voordele van Manna Blood Sugar Support
Sodra Manna Blood Sugar Support jou bloedsuiker vlakke stabiliseer:
- Help om bloeddruk vlakke te beheer deur middel van bloedsuiker stabilisering.
- Neem dit kos drange (Cravings) weg, omdat jou liggaam nie meer voel asof dit nog suiker benodig vir energie nie.
- Gee dit jou hoër vlakke van energie vir ‘n verlengde tydperk, omdat dit die suiker stadiger en egalig in die bloedstroom vrystel.
- Laat dit jou toe om jou gunsteling sjokolade of soetgoed te geniet elke nou en dan, solank as wat jy ‘n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit neem sodat dit nie jou bloedsuiker te veel verhoog nie.
- Help dit jou om daai ekstra paar kilogram af te skud wat jy nooit kon nie.
- Bied dit jou ‘n hoër gehalte leefstyl omdat Manna Blood Sugar Support jou toelaat om maaltye te geniet saam met vriende en familie wat jy nie altyd sou kon nie, omdat dit jou sou laat gewig optel.
- Dit voorkom dat jy ‘n skielike “sugar crash” kry, wat daardie moeë gevoel is wat jy kry so uur nadat jy ‘n maaltyd of ‘n peusel happie met baie suiker in geëet het.
Daar is nog vele meer voordele van Manna Blood Sugar Support, maar as jy nog steeds nie dink dat jy hierdie aanvulling benodig om jou te help gewig verloor nie… dan moet jy die artikel weer lees!