Beheer ADHD – Kontroleer Bloedsuikervlakke

Beheer ADHD – Kontroleer Bloedsuikervlakke

This article is also available in English

Kinders met ADHD kan hul aandagspan en geheue verbeter deur hul bloedsuikervlakke te kontroleer

ADHD simptome ontwrig kinders se lewens. Die diagnose van hierdie siekte is aan die toeneem, en dit is moeilik om te behandel. Kinders met ADHD sukkel met leerafwykings, depressie, angs, verslawende gedrag en vetsug in hul volwassenheid. Mense met ADHD kan probleme ondervind om te fokus of aandag te gee aan ‘n taak op hande. Hulle kan ook impulsief optree en kan hiperaktief wees.

Alhoewel dit onduidelik is wat presies die oorsaak van ADHD is, dink navorsers dat genetika, omgewings- en biologiese faktore bydra tot die voorkoms van ADHD.

Navorsing is egter ook gedoen oor die verband tussen dieet en ADHD. Dit wat jy eet, beïnvloed jou brein en gedrag – gelukkig is die verandering van jou kind se dieet is binne jou beheer. Voedsel wat jou bloedsuikervlakke laat styg, veroorsaak baie van dieselfde simptome as ADHD.

 

Dieet en bloedsuikervlakke

Ons ervaar almal onstabiele bloedsuikervlakke. Die inname van suiker of enige kos wat hoog op die glukemiese indeks (GI) is, sal jou bloedsuikervlakke laat styg. Voedsel met ‘n hoë GI sluit brood, rys, ontbytgraan, pasta, gebakte lekkernye, styselagtige groente en versoete drankies in. Binne 45 minute, nadat jy iets met baie suiker geëet het, sal jou bloedsuikervlakke op hul hoogste wees en dan daal dit stadig. Binne twee uur sal dit weer normaal wees.

As jou liggaam nie bloedsuikervlakke kan verlaag nie, sal jy met diabetes gediagnoseer word. Mense met diabetes het bloedsuikervlakke wat voortdurend hoog is. Dit gebeur omdat hul liggame nie genoeg insulien (‘n hormoon wat deur jou pankreas geproduseer word) maak nie of nie die insulien wat dit maak effektief kan gebruik nie. Dit is insulien se taak om glukose uit jou bloedstroom na jou selle te vervoer. Wanneer glukose nie by jou selle afgelewer word nie, bou dit in jou bloedstroom op. Dit plaas geweldige druk op organe en selle en lei tot ‘n klomp gesondheidskomplikasies.

As jou kind ADHD-simptome het, kan dit die moeite werd wees om hul bloedsuikervlakke na te gaan en die aanvang van diabetes stop te sit. Lees verder om te sien wat navorsers sê oor die verband tussen hoë bloedsuikervlakke en ADHD.

 

Die verband tussen hoë bloedsuiker en ADHD – wat sê die navorsing?

‘n 2007-studie gepubliseer in Physiology & Behaviour het kinders, tussen die ouderdomme van 6 en 7, ontbyte met verskillende glukemiese ladings gegee. Die navorsers het die kinders se vermoë om te memoriseer en hul vermoë om aandag te skenk, gemeet. Hulle het ook gekyk na hoe vinnig die kinders frustreerd geraak het wanneer hulle ‘n moeilike taak moes doen en hoeveel tyd hulle aan ‘n individuele taak spandeer het. Alhoewel daar baie faktore is om in ag te neem, het die navorsers tot die gevolgtrekking gekom dat die eet van ‘n lae GI-ontbyt kinders se prestasie verbeter. Twee tot drie uur nadat ‘n ontbyt met ‘n lae glukemiese lading geëet is, was prestasie op die geheuetoetse en die vermoë om aandag te behou beter, minder tekens van frustrasie was vertoon en kinders het meer tyd aan individuele take bestee.

Glukose inname is egter nie net nadelig nie. Die navorsers het genoem dat die inname van glukose later in die dag voordelig kan wees. Kinders is ‘n glukosedrankie in die middag gegee wat hul prestasie verbeter het, maar om baie glukose in die oggend te eet was nadelig.

Nog ‘n studie, gepubliseer in Clinical Nutrition ESPEN in 2020, het gevind dat die eet van baie groente, vrugte en vis die kans op ADHD tot 37% verminder. Om ‘n Westerse dieet met baie vleis, verfynde graan, verwerkte vleis en gehidrogeneerde vet te volg, asook om nagereg en gemorskos te eet, verhoog jou kanse op ADHD.

Hierdie twee studies toon ‘n duidelike verband tussen ADHD-simptome en bloedsuikervlakke. Dit is bekend dat vandag se Westerse dieet hoë bloedsuikervlakke veroorsaak. Die eet van baie heel kosse soos groente en vrugte sowel as neute kan jou bloedsuikervlakke stabiel hou. En volgens bogenoemde navorsing verminder jy jou kanse om ADHD te kry.

Om kinders ‘n lae GI-ontbyt te gee, wat hul bloedsuikervlakke stabiel hou, sal help om ADHD-simptome soos probleme met geheue en konsentrasie hok te slaan.

 

Samevatting

ADHD veroorsaak probleme om te fokus of voldoende aandag aan ‘n taak te skenk. Hierdie simptome kan ook wees as gevolg van hoë bloedsuikervlakke. Een van die Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC) se aanbevelings vir die bestuur van ADHD is om ‘n gebalanseerde dieet te eet. Heel kosse, wat laag op die glukemiese indeks (GI) is, sal kinders help met geheue en konsentrasie.

Daar is baie ander gesonde gewoontes wat jy kan implementeer wat voorgeskryf word vir mense wat aan chroniese hoë bloedsuikervlakke (diabetes) ly, sowel as vir diegene wat aan ADHD ly. Hierdie gewoontes sluit oefening, en voldoende slaap in. Jy moet ook aktief bly en nie vir lang periodes stilsit nie – dit beteken om nie lank voor ‘n TV of rekenaarskerm te sit nie.

Die goeie nuus is dat hoë bloedsuikervlakke bestuur kan word deur medikasie en gesonde gewoontes. As jou kind simptome van ADHD toon, kan jy dalk sy of haar lewenskwaliteit verbeter bloot deur hoë bloedsuikervlakke te bestuur.

 

Neem die Manna Blood Sugar Support

Wanneer jy maaltyd eet, neem 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete, en sien die resultate…

Manna Blood Sugar Support help om jou bloedsuiker vlakke op ‘n natuurlike manier te balanseer. Dit help dan natuurlik om diabetes en verwante probleme te beveg.

 

Hoe werk dit om bloedsuiker te beheer?

Wanneer jy dit saam met ‘n maaltyd neem meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat jy eet om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel. Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygelaat word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.

 

Wat is die risiko’s en newe-effekte van Manna Blood Sugar Support?

GEEN! Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Prosopis (Mesquite) boom, en bevat geen slegte bymiddels nie. Dit beteken dat dit heeltemal natuurlik is, en dat dit gemaak word van organiese bestanddele.

Daarom het dit geen negatiewe uitwerking of newe-effekte op ‘n mens nie.

 

Wat kry ek daaruit? – Die voordele van Manna Blood Sugar Support

Sodra Manna Blood Sugar Support jou bloedsuiker vlakke stabiliseer:

  • Help om bloeddruk vlakke te beheer deur middel van bloedsuiker stabilisering.
  • Neem dit kos drange (Cravings) weg, omdat jou liggaam nie meer voel asof dit nog suiker benodig vir energie nie.
  • Gee dit jou hoër vlakke van energie vir ‘n verlengde tydperk, omdat dit die suiker stadiger en egalig in die bloedstroom vrystel.
  • Laat dit jou toe om jou gunsteling sjokolade of soetgoed te geniet elke nou en dan, solank as wat jy ‘n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit neem sodat dit nie jou bloedsuiker te veel verhoog nie.
  • Help dit jou om daai ekstra paar kilogram af te skud wat jy nooit kon nie.
  • Bied dit jou ‘n hoër gehalte leefstyl omdat Manna Blood Sugar Support jou toelaat om maaltye te geniet saam met vriende en familie wat jy nie altyd sou kon nie, omdat dit jou sou laat gewig optel.
  • Dit voorkom dat jy ‘n skielike “sugar crash” kry, wat daardie moeë gevoel is wat jy kry so uur nadat jy ‘n maaltyd of ‘n peusel happie met baie suiker in geëet het.

Daar is nog vele meer voordele van Manna Blood Sugar Support, maar as jy nog steeds nie dink dat jy hierdie aanvulling benodig om jou te help gewig verloor nie… dan moet jy die artikel weer lees!

 

Waar kan ek dit koop?

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply