As jy jou insulienvlakke kan verlaag, kan jy die aanvang van tipe-2-diabetes voorkom.
Insulien is ‘n hormoon wat deur jou pankreas geproduseer word. Dit help jou liggaam om energie uit koolhidrate te absorbeer. Sonder insulien sal jy hoë bloedsuikervlakke hê wat jou oë, niere en senuwees kan beskadig.
Dit kan ook gebeur dat insulien nie werk soos dit moet nie. Wanneer insulien nie doeldreffend werk nie, sal jou pankreas nog meer van die hormoon produseer. Jy kan hiperinsulinemie ontwikkel wanneer jy chronies hoë vlakke van insulien in jou bloed het. Dit kan lei tot oormatige gewigstoename en ernstige gesondheidsprobleme soos hartsiektes en kanker.
Daar is verskeie dieet- en leefstylveranderinge wat jy kan maak om jou insulienvlakke laag te hou. Lees verder om meer uit te vind.
Dieetveranderinge:
Kies komplekse koolhidrate
As jy die hoeveelheid koolhidrate in jou dieet kan beperk, sal jy jou insulienvlakke kan verlaag. Koolhidrate kan maklik jou bloedsuiker- en insulienvlakke verhoog.
Wetenskaplikes stem saam dat ‘n laekoolhidraatdieet insulienvlakke effektief kan verlaag en insuliensensitiwiteit kan verhoog.
Die Mediterreense dieet en die Atkins-dieet is twee voorbeelde van dieete wat gevolg kan word aangesien beide gesonde, veselryke koolhidrate bevoordeel.
Wanneer jy koolhidrate kies, kies komplekse koolhidrate – volgraan, vrugte, groente en bone. Vermy verfynde koolhidrate wat in hoogs geprossesseerde kitskosse voorkom, kos gemaak met verfynde meel soos sekere brode, graankos met bygevoegde suikers en wit rys. Om baie verfynde koolhidrate te eet, kan tot verskeie gesondheidsprobleme lei, soos hoë insulienvlakke.
Sê nee vir suiker
Voedsel met baie suiker, soos sjokolade en energiedrankies, sal ‘n styging in jou inulienvlakke veroorsaak. Om baie suiker te eet word geassosieer met insulienweerstandigheid en kan die ontwikkeling van metaboliese siektes aanhelp. As daar een bestanddeel is om voor waaksaam te wees, is dit suiker.
Verdubbel plantproteïene
Die regte daaglikse porsie proteïene kan help om gewig en insulienvlakke te beheer. Dit maak egter saak waar jy jou daaglikse inname van proteïene vandaan kry.
‘n Studie wat in 2018 gedoen is, het bevind dat diegene wat meestal rooivleis geëet het makliker geneig was om tipe 2 diabetes te ontwikkel terwyl diegende wat meer plantproteïene geniet het nie maklik diabetes ontwikkel het nie.
Voeg hierdie vier superkosse by jou dieet
Eet die volgende om jou insulienvlakke te beheer:
1. Kaneel
Onlangse studies dui daarop dat kaneel insuliensensitiwiteit verbeter en oormatige insulienafskeidings voorkom. Een studie het getoon dat hierdie spesery wondere verrig veral as jy tipe 2-diabetes en ‘n hoër BMI het.
2. Appelasyn
Alhoewel huidige studies belowend is, moet meer navorsing gedoen word oor appelasyn se effek op insulienvlakke.
Dit blyk wel dat hierdie gefermenteerde voedselproduk help om insulienproduksie te verminder, Dit help om suiker uit koolhidrate te absorbeer en sodoende stygings in bloedsuikervlakke na etes te bekamp.
3. Groentee
Groentee het ongelooflik baie antioksidante en verskeie studies dui daarop dat dit insulienweerstandigheid kan teëwerk.
4. Olierige vis
Die omega-3-vette in olierige vis soos salm, tilapia, kabeljou, sardientjies, makriel, haring en ansjovis kan jou help om gewig te verloor en insulienweerstand te verminder. As jy nie van vis hou nie, kan jy probeer om ‘n visolie-aanvulling te neem.
Leefstylveranderinge:
1. Beweeg
Doen klein fisiese aktiwiteite
Om ‘n vegetatiewe leefstyl te vermy, kan jou insulienvlakke verlaag. Een studie het bevind dat die insulienvlakke van mense wat meer aktief was gedurende die dag in plaas van om vir lang tye stil te sit, nie toegeneem het nadat hulle ‘n maaltyd geëet het nie.
Om lang periodes van stilsit te onderbreek met klein fisiese take soos om die wasgoed op te hang, tuin te maak of ‘n stappie om die blok te neem, kan jou insulienvlakke in toom hou.
Oefen
Om jou hart te laat pomp kan wonderlike insulienverlagende effekte hê en wetenskaplikes stem saam dat aërobiese oefening mense met hoë insulienvlakke aansienlik kan help. Oefeninge met gewigte kan ook voordelig wees aangesien meer glukose nodig is wanneer jy spiere bou. Omdat jou spiere meer energie benodig, sal insulien meer doeltreffend werk.
2. Probeer Onderbroke vas
Onderbroke vas is nie ‘n dieet nie, maar ‘n eetpatroon. Jy vas vir kort tydperke en eet gewoonlik jou maaltye binne ‘n sekere tydperk elke dag.
Daar is verskillende metodes van onderbroke vas. ’n 2019 Studie het voorgestel dat om op alternatitiewe dae te vas, meer effektief is om insulienvlakke te verlaag as om jou daaglikse kalorie-inname te verminder. Meer navorsing moet egter gedoen word oor die effek van onderbroke vas op inulienvlakke.
Baie mense getuig dat onderbroke vas hulle gehelp het om gewig te verloor. Om oorgewig te wees, kan tot insulienweerstandigheid lei. As jy oorgewig is, kan jy met jou dokter praat oor ‘n gewigsverliesprogram vir jou.
3. Beheer stres
Die streshormone adrenalien en kortisol kan dit moeilik maak vir insulien om behoorlik te werk. Om vir lang tye in ‘n veg-of-vlug-toestand te wees, kan insulienweerstandigheid veroorsaak. Dit is belangrik om stres te bestuur om te verseker dat jou insulienvlakke in toom bly.
As jy gestres is, kyk mooi na jouself. Kry tyd om aktiwiteite te doen wat jy geniet, skryf in ‘n joernaal, mediteer of praat met ‘n vriend.
Samevatting
Jy kan die ontwikkeling van diabetes vermy deur jou insulienvlakke te verlaag. Jy kan jou dieet verander deur verfynde koolhidrate en suiker uit jou dieet te sny en kos soos kaneel en olierige vis by te voeg, wat help om insulienvlakke te verlaag. Om jou gewig en stresvlakke te bestuur, asook om ‘n fisies aktiewe leefstyl te hê, sal help om inulienweerstand te verminder.
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.
Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Volg ‘n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry. Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.
As jy jou bloedsuikervlakke wil balanseer en gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels: