9 Beproefde Maniere Om Gewig Te Verloor Sonder ‘n Dieetplan

9 beproefde maniere om gewig te verloor sonder ‘n dieetplan

This article is also available in English

Om gewig te verloor is ‘n stryd.

Gelukkig is daar ‘n magdom metodes wat jy kan toepas om daardie ekstra kilogramme af te skud. Om ‘n dieetpaln te volg, is ‘n bewese manier om gewig te verloor. Tog haal dit die vreugde uit die voorbereiding en geniet van maaltye wanneer jy kalorieë te noukeurig tel.

 

Hier is nege beproefde maniere om gewig te verloor sonder om ‘n streng dieet te volg.

1. Probeer Onderbroke Vas

Onderbroke Vas is nie ‘n dieetplan nie. maar n eetpatroon. Jy vas vir kort tydperke en eet gewoonlik jou maaltye binne ‘n sekere tydperk elke dag.

Die mees algemene onderbroke vasmetodes sluit die volgende in:

      • Alternatiewe vasdag: Vas elke tweede dag en eet normaal op dae wat jy nie vas nie.
      • Die 5:2-dieet: Vas vir 2 uit elke 7 dae. Eet 500-600 kalorieë op dae wat jy vas.
      • Die 16/8-metode: Vas vir 16 uur en eet slegs gedurende ‘n 8 uur-tydsgleuf. Vir die meeste mense sal die 8 uur-tydsgleuf rondom middag tot 20:00 wees.

2. Slaap meer

As jy vir minder as vyf ure slaap, kan jou metabolisme vertraag word. As jou metabolisme stadig is, sal jou liggaam ongebruikte energie in vet omskakel. Onvoldoende slaap kan ook ‘n toename in die produksie van insulien en kortisol teweegbring en hierdie proses sal veroorsaak dat jou liggaam meer vet stoor. Talle navorsing is gedoen oor die verband tussen slaap en liggaamsgewig soos die 2010 studie in die Annals of Internal Medicine Journal wat gevind het dat net drie ekstra ure se slaap, jou help om 400 kalorieë per nag te verbrand.

3. Doen kardio voor ontbyt

’n Kort 20-minuut kardio-oefensessie voor ontbyt sal wondere doen vir gewigsverlies. Jou liggaam sal meer vet as koolhidrate verbrand. ’n Studie in die British Journal of Nutrition het gevind dat mense wat kardio doen voordat hulle eet, 20 persent meer vet verbrand as diegene wat vooraf ’n maaltyd eet.

Leer hoe om reg te stap vir gesondheid en gewigsverlies…

4. Drink meer water

Drink ongeveer ‘n halwe liter water voordat jy ‘n maaltyd eet, dit kan jou metabolisme ‘n hupstoot gee en jou minder honger laat voel.

5. Eet meer proteïene

Proteïene kan jou eetlushormone reguleer en jou help om langer versadig te voel. Navorsing wat op jong volwassenes gedoen is, het getoon dat ‘n hoë proteïenontbyt jou ure lank versadig kan laat voel. Jy kan makliker jou eetlus beheer wanneer jy versadig voel.

Goeie bronne van proteïene sluit skulpvis, eiers, amandels, hoender, melk en lensies in. Tog hoef jy nie jou hele dieet te verander nie, ‘n maklike manier om jou proteïen-inname ‘n hupstoot te gee, is om elke dag ‘n paar proteïendrankies te drink.

Behalwe dat proteïene jou help om versadig te voel, help hulle ook om spiere te bou. Spiertoename sal help met vetverlies. Vir elke ekstra kilogram spiere wat jy optel, sal jou liggaam meer kalorieë verbrand – selfs wanneer jy rus.

6. Beheer jou stresvlakke

Wanneer jy angstig is, word die hormone adrenalien en kortisol vrygestel. As jy voortdurend onder stres is, kan kortisol in jou bloedstroom bly en jou eetlus verhoog. As jy meer eet en nie hierdie energie in ’n veg-of-vlug-reaksie gebruik nie, sal jou liggaam dit as vet stoor.

Jy kan jou stresvlakke beheer deur:

      • Die verwydering van stressors (indien moontlik)
      • Oefening
      • Meditasie
      • Asemhalings- en ontspanningstegnieke te beoefen
      • Genoeg te slaap
      • Tyd in die natuur te spandeer

7. Bou spiere

Wanneer jy spiermassa bou, sal jy meer kalorieë verbrand. Spiere het baie energie nodig om te herstel en te herbou. Wanneer jy spiermassa bou, sal minder energie as vet gestoor word, aangesien dit gebruik sal word om jou spiere te voed.

8. Verhoog jou vitamien D-vlakke

’n Vitamien D-tekort kan jou metabolisme vertraag en selfs metaboliese sindroom, depressie en angs veroorsaak, wat alles sal bydra tot gewigstoename.

Probeer om elke dag ten minste 30 minute in die son te sit om jou vitamien D-vlakke te verhoog. Daarbenewens kan jy ook jou vitamien D-vlakke verhoog deur ‘n aanvulling te neem of drankies soos versterkte lemoensap te drink.

9. Skep ‘n bewuswording rondom jou eetgewoontes

Mense het gejaagde leefstyle en is geneig om vinnig te eet sonder om stil te sit. Wanneer jy ‘n goeie eetomgewing vir jouself skep, sal jy meer bewus word van wat jy daagliks eet en jou kos meer geniet.

Tegnieke om meer bewuswording rondom jou eetgewoontes te skep:

      • Sit by ‘n tafel en eet:

Gee aandag aan die kos en geniet die ervaring.

      • Vermy afleidings terwyl jy eet:

Moenie die TV, of ‘n skootrekenaar aanskakel nie.

      • Eet stadig:

Neem tyd om te kou en die kos te geniet. Hierdie tegniek help met gewigsverlies, aangesien dit ‘n jou brein genoeg tyd gee om te herken dat jy versadig is en dit kan help om jou eetlus in toom te hou.

 

Navolg van ‘n streng dieetplan

Die navolg van ‘n streng dieetplan, kan vreugdeloos wees. Ander gewigsverlies metodes kan help om jou gewig te verminder . Vir die beste resultate kan jy altyd hierdie nege maniere kombineer met ‘n goeie dieet en dan sal jy sekerlik ‘n paar ekstra kilogramme verloor.

 

Gebruik Manna Blood Sugar Support

Dit is seker die heel maklikste lewenstyl verandering om toe te pas. En dit werk soos ‘n bom!

Gebruik 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete om jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou.

 

Hoekom moet ek my bloedsuiker vlakke stabiel hou om makliker gewig te verloor?

Wanneer jou bloedsuiker vlakke stabiel bly na ‘n ete dan voel jy vir langer versadig. Dit help ook dat jou bloedsuiker nie op en af gaan soos ‘n wipplank nie.

Dit beteken dat jou liggaam jou nie nounou gaan vra vir ietsie om te eet om jou energie vlakke ‘n hupstoot te gee nie – want dit maak dat jy eet al is jy nie honger nie. En dit is onnodige kalorieë!

Dit is noodsaaklik om jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou as jy wil teen ‘n gesonde en veilige pas gewig verloor.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Wanneer jy dit saam met ‘n maaltyd neem meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat jy eet om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel. Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygelaat word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.

 

Wat is die risiko’s en newe-effekte van Manna Blood Sugar Support?

GEEN! Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Prosopis (Mesquite) boom, en bevat geen slegte bymiddels nie. Dit beteken dat dit heeltemal natuurlik is, en dat dit gemaak word van organiese bestanddele.

Daarom het dit geen negatiewe uitwerking of newe-effekte op ‘n mens nie.

 

Wat kry ek daaruit? – Die voordele van Manna Blood Sugar Support

Sodra Manna Blood Sugar Support jou bloedsuiker vlakke stabiliseer:

  • Neem dit kos drange (Cravings) weg, omdat jou liggaam nie meer voel asof dit nog suiker benodig vir energie nie.
  • Laat dit jou toe om jou gunsteling sjokolade of soetgoed te geniet elke nou en dan, solank as wat jy ‘n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit neem sodat dit nie jou bloedsuiker te veel verhoog nie.
  • Help dit jou om daai ekstra paar kilogram af te skud wat jy nooit kon nie.
  • Dit voorkom dat jy ‘n skielike sugarcrash kry, wat daardie moeë gevoel is wat jy kry so uur nadat jy ‘n maaltyd of ‘n peusel happie met baie suiker in geëet het.

 

Kry die Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels:

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply