Om Gewig Te Verloor: Is Jy Reg Vir ‘N Verandering?

Om Gewig Te Verloor: Is Jy Reg Vir 'N Verandering?

Voordat jy begin met ‘n gewigsverlies program maak seker jy is reg daarvoor! 

 

Hier is ‘n paar vrae om te bepaal of jy reg is vir ‘n verandering in jou gewig.

Is jy gereed om die uitdaging van ‘n gewigsverlies program om gewig te verloor te aanvaar?
Lees hier om uit te vind of jou kop reg is om te begin met jou planne! 

  • Is jy gemotiveerd vir leefstyl veranderings?

Suksesvolle gewigsverlies word bepaal deur leefstyl veranderings, dit behels om gesond te eet en meer oefening te kry. Dit kan ‘n drastiese verandering in jou nou en hier leefstyl veroorsaak. Wees eerlik, om te weet jy moet veranderinge maak en om oor te gaan tot aksie is twee verskillende tameletjies!  Jy sal jou hele eetplan moet verander, soos meer groente, minder koolhidrate, asook meer gesonde vette om net ‘n paar aanpassings te noem.

Jy sal ook meer tyd moet inruim vir oefening, ten minste 30 minute elke tweede dag. Oefening is belangrik om metabolisme en bloedsirkulasie te verbeter.  Dit verhoed ook depressie.

Wat motivering jou om hierdie veranderinge te laat gebeur? ‘n Beter gesondheid, om beter te lyk of om net beter oor jouself te voel oor die algemeen. Fokus op jou motivering, fokus op jou hoekom! 

  • Is daar iets wat pla? Wat gaan jy daaraan doen?

Is daar gebeurtenisse wat jou lewe op die oomblik deurmekaar maak, wat jou pla? Huweliksprobleme, werk stres, siekte, finansiële probleme? Wil jy regtig ook nog die uitdaging van eet en oefening daarby sit? Oorweeg dit om jouself kalmte te gee, om kalmte deel van jou lewe te maak voordat jy ‘n drasties gewigsverlies program volg.  En ja dit is moontlik! 

  • Het jy ‘n realistiese prentjie van hoeveel gewig jy wil verloor? En hoe vinnig jy dit wil verloor?

Om ‘n gesonde gewig te handhaaf is ‘n lewenslange proses, dit is ‘n elke dag se oefening! Op die lange duur is dit wys om te mik na 0,5 – 1kg per week. Om 0.5 tot 1kg ‘n week te verloor moet jy 500 tot ‘n 1000 kalorieë meer verbrand as wat jy inneem.  (WOW vir die eerste keer, in ‘n paar sinne maak gewigsverlies nie net sin nie maar word hoe om dit te doen logies oorgedra!)

Sny koolhidrate uit jou dieet, dit is DIE maklikste manier om jou gesondheid terug te kry en gewig te verloor sonder te veel moeite.

Jy mag dalk baie vinnig gewig verloor deur drastiese veranderings te maak, maar maak seker die veranderings ondersteun jou gesondheid. Moenie moed verloor wanneer jou tempo van gewigsverlies afneem nadat jy ‘n paar kilogramme afgeskud het nie. 

  • Emosionele eter . . . dalk?

Emosies en kos is nou verwant en gewikkel in mekaar. Woede, stres, hartseer en verveling kan emosionele eet se sneller trek, en indien jy ‘n geskiedenis het van ‘n eet versteurnis kan gewigsverlies nog meer van ‘n uitdaging wees.  Begin deur jou emosionele kwessies te identifiseer sodat jy voorbereid is op die uitdagings wat voorlê.

  • Het jy ondersteuning?

Enige gewigsverlies program kan moeilik wees en daar mag vele verlydings oor jou pad kom, so jy kan moedverloor!

Sorg dat daar iemand is wat jou kan aanmoedig, iemand wat weet waardeur jy gaan.  Indien jy nie familie of ‘n vriend het wat jy op kan staatmaak met hierdie uitdaging nie, oorweeg dit om by  ‘n gewigsverlies ondersteuningsgroep aan te sluit.

Indien jy jou gewigsverlies voornemens en aksies privaat wil hou wees voorbereid om self aanspreeklikheid te aanvaar vir die skaal se gesig, jou dieet en jou oefenprogram.

  • Het jy al die kilogramme afskud uitdaging omarm?

Indien jy nie ‘n positiewe uitkyk het op gewigsverlies en om ‘n algemene gesonder lewenstyl te handhaaf nie is jy nie reg vir die uitdaging nie. Indien jy vrees vir wat voorlê gaan jy verskonings hê, en ja selfs ‘n paar uit dink om af te stap van die pad. Probeer om die visie, die toekoms van JOU gesonder lewe, lyf en psige ‘n drukkie te gee, en bly positief.

Dink aan hoe goed jy gaan voel wanneer jy meer aktief is en minder gewig met jou saamdra. Sien hoe jy elke sukses vier.

  • Jy is reg om gewig te verloor, nou wat nou?

Indien jy ja geantwoord het vir die meeste van DIE vrae is jy reg om jou leefstyl te verander en te begin met die pad na permanente gewigsverlies. Jy mag dalk sterk genoeg wees om die program uit te werk, te formuleer wat goed is vir jou met gesond eet en oefening inkry.  Of jy mag voel jy het hulp nodig.  Om jouself toe te rus met kennis om die proses te begin tot suksesvolle gewigsverlies is ‘n goeie idee.  Byvoorbeeld leer meer oor hoe jy jou dieet kan verander met dit wat nodig is om gewig te verloor.

Gaan sien ‘n dieetkundige, of wat van ‘n omstandigheidsgebaseerde gewigsverlies program?

Bogenoemde kan jou help om die gewoontes wat jou gewigsverlies beïnvloed te beheer en aan te spreek, byvoorbeeld, eet jy dalk wanneer jy verveeld is of stres. Indien jy ‘n aansienlike hoeveelheid kilogramme het om te verloor  mag jy voordeel put uit ‘n mediese georiënteerde gewigsverlies program onder leiding van ‘n span deskundiges wat ‘n dieetkundige, terapeut en vetsug spesialis kan insluit.

  • En, as jy reg is, wat nou?

Indien jy meer as een keer nee geantwoord het op bogenoemde vrae mag jy dalk nie reg wees om ‘n gewigsverlies program nou te volg nie, en dit is ook goed. Ondersoek wat jou terughou. Leer ken jou hindernisse. Heelwat kere kan dit net ‘n geval wees van die regte tyd, jy mag dit nodig ag om eers die stres faktore, dit wat jou terughou uit te sorteer. EN JA dit is ook moontlik. Andersins is dit nodig om jou gevoelens teenoor gewigsverlies aan te spreek ten opsigte van ‘n permanente leefstyl verandering.

Probeer om dit wat jou terughou so vinnig moontlik te evalueer sodat jy spoedig met ‘n gesonde lewenswyse kan begin. Moenie dat die chaos van jou lewe ‘n permanente verskoning word om nie te begin nie. Alhoewel die beste tyd om te begin is nou en hier!

 

Maak seker seker!

Jy mag dalk nie al bogenoemde vrae met ‘n eenvoudige nee of ja geantwoord het nie, maar as jy oor die algemeen positief voel oor jou antwoorde en ernstig is oor gewigsverlies is NOU die tyd om te begin. Die lewe mag dalk nooit vir jou definitiewe antwoorde gee nie, maar moenie toelaat dat dit jou weerhou om jou ideale gewig te bereik en gesonder te leef nie. 

 

‘n Goeie Begin!

Laai die GRATIS  Manna Weight Loss e-book af en volg die program van dag een vir ‘n gesonde manier van gewig verloor.
Die Manna Blood Sugar Support is die ideale produk  om saam met enige dieet of gewigsverlies program te gebruik, die inneem van glukose van kos in jou bloedstroom stadiger te laat gebeur, om drange en luste te verhoed en om langer versadig te voel.

More articles

Leave a Reply