Weet Jy Wat Jou Insulien Telling Is?

Weet Jy Wat Jou Insulien Telling Is?

Swak insulien beheer is een van die grootste redes vir gewigsprobleme!

Om insulien reg te beheer, moet jy verstaan hoe bloedsuiker en insulien werk.

Wanneer ‘n normale persoon ‘n sny brood, aartappel of skyfies of dan nou enige kos hoog aan koolhidrate eet gaan dit na die maag toe en dan na die dunderm. In die dunderm word dit afgebreek tot glukose wat die liggaam nodig het vir energie.

Hierdie glukose is wat in ʼn bloedtoets gemeet word as bloedsuiker. Glukose benodig egter dit om deur die liggaam gebruik te kan word.

Insulien is ‘n hormoon wat deur die pankreas vrygestel word. Dit vervoer die glukose na die selle totdat alles gestoor is. Die energie in die selle word verbrand tot die volgende keer wat jy eet. Hierdie proses word oor en oor herhaal van maaltyd tot maaltyd.

 

DIE PROBLEEM

Wanneer te veel koolhidrate ingeneem word (meel produkte – brood, koekies, muffins, en stysels – aartappels, rys, pasta ensovoorts), veroorsaak dit dat bloed suiker wipplank ry tussen maaltye.

Die liggaam pas aan by ‘n hoë koolhidraat inname en wanneer ons ook al eet stel die pankreas meer insulien vry as wat nodig is.

Insulien wat in die bloed agtergelaat word veroorsaak suiker en koolhidraat drange (cravings).

Dit veroorsaak ook lae bloed suiker (Hipoglukemie) want dit verlaag die bloed suiker vlakke. Ons brein het ‘n sekere aantal glukose nodig om te funksioneer en wanneer die vlakke te laag raak kan dit nie goed en normaal funksioneer nie. Die persoon kan dan nie normaal dink nie, kan nie konsentreer nie, voel moeg, buierig en slaperig want die brein word nie gevoed nie.

Die teenwoordigheid van insulien in die bloed verhoed dat jy vet verbrand.

 

Hierdie is een van die grootste redes hoekom ons nie vet kan verbrand! 

Wanneer insulien in die bloed is kom daar geen energie van die bloed nie want daar is nie suiker om te verbrand vir energie nie.  Die selle waar energie gestoor word is ook gesluit, want die selle kan nie energie vrystel terwyl die insulien nog energie daar in forseer nie.

 

WAT is insulien weerstandigheid? (Pre-diabetes)

Soos genoem is die kernfunksie van insulien om die selle oop te maak en glukose daar te stoor, maar wanneer te veel insulien in die bloed is word die selle traag om die heeltyd ‘n insulien bad te hê en bied weerstand. Die volgende keer wanneer insulien verby kom weier die selle om oop te maak, en soos suiker bly insulien in die bloedstroom.

 

Insulien weerstand veroorsaak . . .

  1. ‘n Oormaat van glukose in die bloedstroom, maar die liggaam kan dit bestuur vir ‘n beperkte tydperk deur die glukose in vet te verander. Dit is nie die natuurlike werking van die liggaam nie maar dit word af geforseer.
  2. Hoë trigliseriede, as gevolg van die vet wat opbou in die bloed – trigliseriede staan ook bekend as cholesterol en word verbind met ‘n dieet hoog aan koolhidrate.
  3. Metaboliese Sindroom – wat vele verskillende simptome soos hormonale probleme veroorsaak, byvoorbeeld:
    • Hoë estrogeen en testosteroon vlakke  veroorsaak dat vrouens bles word en mans borste en ‘n biermaag groei.
    • Estrogeen veroorsaak gewigstoename wat vet selle vervaardig.
    • Vet selle vervaardig hul eie estrogeen wat lei tot gewigstoename, dus ‘n nare sirkel!

 

Om op te som, hoekom jy nie gewig verloor of vet verbrand nie:

  • Insulien in jou bloed verhoed enige toegang tot selle om vet te verbrand.
  • Glukose in die bloed word omgeskakel na vet.
  • Hoë estrogeen vlakke veroorsaak gewigstoename en vervaardig ekstra vet selle.

Die meeste mense het hipoglukemie en Insulien weerstandigheid en sommige is net insulien weerstandig. Hierdie is gewoonlik die voorloop tot Tipe 2 Diabetes, wanneer die opbou van glukose in die bloed die pankreas forseer om meer en meer insulien te vervaardig, totdat die pankreas eenvoudig nie meer kan nie.

Alle insulien en bloed suiker probleem verwante simptome soos Tipe 2 Diabetes, insulien weerstand, PCOS, candida, vetsug ensovoorts kan in trurat gesit word.  Dit gebeur egter NIE oornag nie en is ‘n probleem wat wel opgelos kan word met die 7 Skade beheer program wat deel is van die Manna Dieet eBoek.

 

Watter aanvulling kan ek gebruik?

Ons beveel Manna Blood Sugar Support tablette aan. 2 Saam met elke maaltyd om jou bloed suiker vlakke en insulien te beheer.trigliseriede

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply