Wat Presies Is Prediabetes?

Wat Presies Is Prediabetes?

Ons almal weet nou al wat diabetes is… maar wat is prediabetes?

 

Prediabetes en insulienweerstandigheid loop hand-aan-hand.

In beide gevalle beteken dit dat die bloedsuiker vlakke hopeloos te hoog is… Dit is wel nog nie konstant so hoog om as tipe-2 diabetes geklasifiseer te word nie, maar dit is baie naby en iemand met een van hierdie probleme behoort BAIE bemkommerd te wees! 

 

Wat is die gevaar van prediabetes?

As mens nie ernstig aandag hieraan gee nie, kan prediabetes heel moontlik omskakel na tipe 2 diabetes. Dit kan enige iets van 2 tot 10 jaar neem. As jy prediabetes of insulien weerstandig is, het die langtermyn skade wat verband hou met tipe 2 diabetes, heel moontlik reeds begin. Dit is skade met betrekking tot die organe soos die hart, niere, o en bloedsirkulasie stelsel. 

 

Daar is egter goeie nuus…

Prediabetes of insulienweerstandigheid kan n geleentheid wees om jou gesondheid te verbeter. Jy hoef nie te wag totdat jy tipe 2 diabetes ontwikkel nie dit kan voorkom word. Met gesonde leefstyl veranderinge soos byvoorbeeld n gesonde dieet, daaglikse oefening, genoeg slaap, ten minste 1.5 liter vars water per dag en die nodige voedings aanvullings is dit moontlik om bloedsuiker vlakke te beheer, insulien vlakke te normaliseer, gewig te verloor en tipe 2 diabetes te voorkom. 

 

Wat is die simptome van prediabetes?

Baie keer het prediabetes geen opsigtelike tekens of simptome nie. Een moontlike teken dat jy die gevaar loop om tipe 2 diabetes te ontwikkel is die verdonkering van jou vel op sekere dele van jou liggaam. Hierdie toestand staan bekend as acanthosis nigricans. Algemene plekke waar die toestand kan voorkom is die nek, armholtes, elmbo, knie en kneukels.

 

Tipiese gevaartekens wat daarop dui dat jy besig is om tipe 2 diabetes te ontwikkel is:

  • Onblusbare dors
  • Toenemende urinering (meer as normaalweg)
  • Onverklaarbare aanhoudende Moegheid
  • Verdofde visie

 

Wat verhoog mens se kans vir prediabetes?

Die volgende faktore verhoog jou kans tot prediabetes of insulien weerstandigheid.

  • As jou LMI(liggaams massa indeks) bo 25 is.
  • As jy onaktief is. (geen of baie min goeie oefening)
  • Wanneer jy ouer as 45 is.
  • As daar tipe-2 diabetes in jou familie is.
  • As jy Afrikaans, Spaans of Asiatiese is.
  • Wanneer jy swangerskap diabetes gehad het of geboorte geskenk het aan n baba van meer as 4kg.
  • As jy ly aan polisistiese ovariale sindroom (PCOS). Dit is n Toestand wat gekenmerk word deur onrelmatige maandstonde, oortollige haargroei en/of vetsug.
  • As jy verhoogde bloeddruk het.
  • Wanneer jou ho-digtheid lipoproteen (HDL) cholesterol onder 0.9 mmol/L is, of jou trigliseriede bo 2,83 mmol/L is.

 

Na watter komplikasies kan prediabetes lei?

As jy nie aandag aan prediabetes of insulienweerstandigheid skenk nie, kan jy die volgende gesondheids komplikasies ontwikkel:

  • Hoë bloeddruk
  • Hoë cholesterol
  • Hartsiektes
  • Beroerte
  • Niersiektes
  • Blindheid
  • Amputasies

 

Hoe kan ek prediabetes te voorkom of behandel?

As jy prediabetes is, kan n gesonde leefstyl jou bloedsuikervlakke terugbring na normaal of verhoed dat dit styg tot op vlakke soos gesien by tipe 2 diabete. Gewigsverlies alleen is nie n waarborg dat jy nie tipe 2 diabetes sal ontwikkel nie. Die volgende stappe is nodig om bloedsuiker vlakke te stabiliseer en insulin vlakke te normaliseer: 

  • Gesonde dieet

Kies kossoorte wat laag in vet en kalorie en hoog in vesel is. Fokus op vrugte, groente en volgraanprodukte. Strewe na n verskeidenheid om jou doel te bereik sonder om smaak en voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis Manna Dieet eBoek af vir meer inligting, n eetplan, resepte en raad om jou doel te bereik.

  • Kry meer oefening

Mik daarna om elke dag 30 to 60 minute matige fisiese oefening te doen. Probeer om nie meer as 2 dae verby te laat gaan sonder om oefening te doen nie. Voorbeelde: Stap elke dag teen n stewige pas. Ry fiets. Swem n paar lengtes. As jy nie tyd het vir n lang oefen sessie nie, breek dit op in korter sesies versprei deur die dag of doen krtstondige ho impak oefeninge, soos om voluit vir 1 minuut te hardloop en 1 minuut te rus herhaal vir 8 keer. Ons beveel ook aan dat jy weerstandsoefening, soos gewigoptel, 2 keer per week doen. 

  • Verloor oortollige gewig

As jy oorgewig is en jy verloor 5 tot 10 persent van jou liggaamsgewig slegs 4.5 tot 9 kilogram as jy 90 kilogram weeg kan dit die risiko verlaag om tipe 2 diabetes te ontwikkel. Om jou gewig binne gesonde perke te hou moet jy fokus op permanente veranderinge aan jou eet en oefen gewoontes. Oefening hou net goeie voordele in, soos om gewig te verloor, n gesonder hart, baie meer energie en in verbeterde selfbeeld. 

  • Gebruik Manna Blood Sugar Support:

Manna Blood Sugar Support is die ideale aanvulling om bloed suiker vlakke te help beheer en om diabetes komplikasies te help voorkom.

Neem net Manna Blood Sugar Support saam met elke ete dit is seker die maklikste wenk en mees effektiewe wenk.

 

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef n klomp insulien vry te laat nie.

Nog n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Volg n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry.

Neem dan n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

As jy jou bloedsuikervlakke wil balanseer en gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:

 

Waar kan ek Manna Blood Sugar Support koop?

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply