Swak bloedsirkulasie kan mens laat met voete en hande wat brand, pyn, of heeltemal gevoelloos word – om net ‘n paar van die moontlikhede te noem!
Maar wat veroorsaak dit? En wat kan mens doen daaraan?
Kom ons kyk na die 9 van die grootste rolspelers in swak bloedsirkulasie voordat ons kyk wat ons kan doen om dit te verbeter…
1. ‘n Onaktiewe en sittende leefstyl
Hierdie leefstyle is die mees belangrikste redes vir slegte bloedsirkulasie. Oefening, om aktief te wees, om te beweeg is die beste manier om die bloed gesond deur jou are te laat bruis. Dit is ook tot voordeel van die limfsisteem. Die limfsisteem het nie ‘n pomp soos die hart om dit aan die gang te kry nie. Dit vereis spiere en swaartekrag om die vloeistowwe daardeur te laat vloei.
2. Dehidrasie
Konstante dehidrasie kan grotendeels bloedsirkulasie beïnvloed asook noodsaaklike liggaamsvloeistowwe en die vervoer daarvan.
Dit is uiters belangrik om genoeg water te drink aangesien ons liggame bestaan uit 60 -70% water en elke sel in die liggaam gehidreer moet bly om goed te funksioneer. Dit is verstommend hoe ‘n eenvoudige twee liter water of meer bloedsirkulasie kan verbeter.
3. Voedings-tekorte
Voedings-tekorte kan ‘n sleutel rol speel in swak bloedsirkulasie. ‘n Tekort aan kalsium, magnesium, vitamien C en proteïen kan die toestand en kwaliteit van die bloedvate beïnvloed die manier van bloedvloei deur die liggaam benadeel.
4. Obstruksie van die Limfkliere
‘n Trae limfsisteem is een van die mees algemene kondisies wat oor die hoof gesien word en die gevolg het tot swak bloedsirkulasie.
Die limfsisteem kan traag, of verstop wees wat ly tot swelling en edeem. Soos bloedvate, vervoer die limfvate ook vloeistof na en van die hart en na ander liggaamsweefsel. Die swelling en edeem veroorsaak stagnasie en ‘n blokkasie word veroorsaak rondom die areas wat hoë druk ondervind.
5. Inflammasie/Ontsteking
Inflammasie/Ontsteking het onlangs meer aandag gekry in die ontleding van verskeie chroniese siektes. Inflammasie is in vele gevalle die hoof oorsaak in die geval van heelwat kardiovaskulêre siektes wat aterosklerose insluit. Inflammatoriese molekules maak die bloed “dikker” en veroorsaak ‘n vertraging en moeilike aflewering van noodsaaklike voedingstowwe na die sel. Inflammasie verniel ook die bloedvate en sorg vir ‘n neerlegging van verkeerde stowwe soos plak om die bloedvloei nog meer te benadeel.
6. Cholesterol en aterosklerose
Soos genoem is ontsteking/inflammasie een van die faktore wat aterosklerose aanwakker. Cholesterol kry gewoonlik al die blaam en behandeling word daar gekonsentreer, al het die pasiënt aterosklerose. Dit is belangrik om die inflammasie/ontsteking te behandel, en ook belangrik om die cholesterol te normaliseer en die vorming van aar “Plaque” te verhoed. Vir pasiënte met hoë cholesterol vlakke en kardiovaskulêr siektes is ‘n aanpassing in hul dieet baie belangrik asook die gebruik van natuurlike aanvullings.
7. Hoë Bloeddruk (Hipertensie)
Hoë bloeddruk kan ‘n teken wees van swak bloedsirkulasie en ook die oorsaak daarvan. Bloeddruk word verhoog in ‘n liggaam wat sukkel om genoeg bloed na die belangrikste organe te vervoer, spesifiek die niere. Die bloedvate raak nouer, die bloed sukkel om deur te beweeg en die hart moet vinniger klop en harder werk om bloed vloei te verseker. Die hart werk oortyd as gevolg van hierdie druk en die bloedsirkulasie word beïnvloed.
8. Diabetes en Bloedsuiker
Hoë bloedsuiker verdik die bloed en veroorsaak sirkulasie probleme. Die meeste mense met diabetes II het ook kardiovaskulêre probleme wat swak bloedsirkulasie insluit. Die hoof oorsaak van amputasies in Noord Amerika is komplikasies as gevolg van diabetes en die sirkulasie van bloed.
9. Medikasie – Veral Beta-blokkeerders
Daar is tog medikasie wat bloedsirkulasie stadiger kan maak, en die mees algemene sondebok is een wat val in die beta-blokkeerder groep van medisyne. Hierdie medikasie laat die hart stadiger klop en help om bloeddruk te verlaag. Ongelukkig beïnvloed dit ook die hoeveelheid bloedvloei na belangrike organe. Dit kan lei tot die vermeerdering van die hoeveelheid medisyne om bloeddruk te stabiliseer.
Hoe behandel mens dit?
- Drink genoeg water!
- Sny op suiker en suikerryke kosse en vloeistowwe wat die hoofoorsaak is van cholesterol wat nie goed is vir die liggaam nie, die are laat aanpak en bloedvloei beïnvloed.
- Detoks? ONTGIF! – raak ontslae van toksines wat ingeasem word en kosse wat dit bevat.
- Handhaaf goeie bloedsuiker vlakke met die regte dieet en oefening. Die Manna Bloedsuiker Beheer tablette help ook met bloedsuikervlakke.
- Die Manna Blood Circulation Support kapsules is die ideale aanvulling vir bogenoemde probleme.
Wat is die Manna Blood Circulation Support?
Die Manna Blood Circulation Support produk is spesiaal geformuleer om te help met die verbetering van bloedvloei op die mees natuurlike manier sonder enige newe-effekte.
Manna Blood Circulation Support bevat:
Ginkgo Biloba Ekstrak
Wat help om bloed sirkulasie te verbeter en help dat jou brein, oë en bene beter funksioneer.
L-Arginine
Wat help om jou bloeddruk te verlaag deur jou are te laat ontspan en oop te maak.
L-Citrulline
Verhoog stikstofoksied produksie in die liggaam. Stikstofoksied help dat jou are ontspan en beter werk, en dit verbeter bloedvloei regdeur die liggaam.
Guarana
‘n Bestanddeel wat kafeïene bevat sodat bloed sirkulasie gestimuleer word.