13 Gewigsverlies Geheime Wat Kenners Nie Sal Deel Nie!

13 Gewigsverlies Geheime Wat Kenners Nie Sal Deel Nie!

13 Gewigsverlies geheime:

1. Jy moet vet eet om vet te verbrand! 

Terwyl te veel van die verkeerde vette (sekere versadigde vette wat voorkom in geprosesseerde vleis , en transvette wat bestanddele uitmaak van koekies en beskuitjies) sleg is vir jou gesondheid en middel lyf, net so is ‘n dieet wat ryk is aan goeie onversadigde vette noodsaaklik vir jou.

Goeie vette, soos mono onversadigde vetsure (MUFA’s) kom voor in olyfolie, neute en in avokado, hierdie vette is kragtige hulpmiddele om maagvet te laat verdwyn.

Ander bronne van goeie vette is poli-onversadigde vetsure (POVS’e) gevind in vis en die olie van vis, in neute en sade.  Hierdie POVS’e help om vette vry te stel. ‘n Studie in Nederland het bewys dat die gebruik van poli-onversadig vetsure tot ‘n hoër rustende metabolisme lei, as ook ‘n dieet geïnduseerde kalorie verbranding. Poli-onversadigde vetsure verbrand ook vinniger as versadigde vette in die liggaam.

Vette help om jou vinniger versadig te laag voel en het 9 kalorieë per gram in vergelyking met die 4 van proteïne en koolhidrate per gram. ‘n Klein knibbel aan ‘n smaakvolle handvol neute of selfs grondboontjiebotter op ‘n volgraan beskuitjie kan jou vol hou vir ‘n hele paar uur.

2. Sjokolade kan my middel kleiner maak? WAT?

Ek weet nie van jou wat hier lees nie maar ek sal altyd ‘n verskoning kan uitdink om meer sjokolade te eet! Om vet te verbrand verg ‘n truuk; eet meer kakao as suiker. Kakao bevat meer antioksidant as die meeste kos soorte en is goed vir baie dinge, indien dit gebruik word in matigheid.

In Junie 2011 het navorsers van die “Journal of Nutrition” antioksidante in kakao bestudeer, dit is ook getoets op oorgewig diabetiese muise. (Diabete se leeftyd word gemiddeld met sewe jaar verkort.) Die muise wat behandel is met die kakao het langer geleef en het gesorg vir ‘n verminderde agteruitgang in hul aorta en het vetneerlegging afgestomp.

Om meer kakao by jou dieet te voeg, koop onversoete kakao en voeg dit by jou koffie en “shakes” asook by van jou resepte.

3. Suiwel bevorder gewigsverlies!

Ongelukkig bestaan daar nog en word die mites geglo dat suiwel gewigsverlies kniehalter.  Die wetenskap het egter bewys dat dit ‘n groot onwaarheid is. Navorsing het bewys dat diegene met ‘n tekort aan kalsium oor ‘n groter vet massa beskik en minder hul eetlus kan beheer. Studies het ook bewys dat suiwel produkte soos joghurt, lae of geen vet kaas en melk heel effektief is in die versnelling van vet verlies.  Hierdie produkte is ook ryk aan kalsium.

Navorsing aan die Universiteit van Tennessee het ook gesorg vir die bewys dat met die eet van drie porsies suiwel produkte per dag liggaamsvet in die geval van oorgewig mense verminder. Indien hulle kalorie inname nog meer verminder het tesame met die inname van suiwel produkte het hulle nog meer gewig verloor.

 4. Verloor gewig vroeg en vinnig, ja jy lees reg VINNIG!

Dit is darem SO lekker om op die skaal te klim en te sien daar is sommer ‘n hele paar kilogram in ‘n kwessie van ‘n week of twee af! Maar almal sê hoe vinniger ek verloor hoe vinniger tel ek dit weer op.  Ek lees van ‘n studie gedoen by die Universiteit van Florida waar 262 middeljarige  stry met die vetjies vroue gehelp is om vinnig gewig te verloor.  En sowaar hulle het dit AF gehou! Mens voel ook darem goed wanneer jy sien die vetjies verdwyn vinnig of hoe?

5. Ek kan nie net beweeg nie, ek moet ook kyk wat ek eet!

Dink jy, jy kan eet wat jy wil en later ‘n ent gaan hardloop? Dink jy om te oefen gaan die gewig afhou? Nee dit gaan nie, jy sal maar moet kyk wat jy eet . . . oefening alleen lei tot ‘n baie klein afname in gewig, so min as 3%!  Ek leer hierdie les op die harde manier! In 1998 tot 2006 was ek die uitvoerende direkteur van ‘n fiksheid tydskrif.  Ek doen fiksheidsnavorsing, dit is deel van my werk.  Vir ‘n jaar het ek enige iets geëet en gedink oefening gaan sorg dat ek nie gewig optel nie. Maar hoe meer ek geoefen het hoe meer  was ek honger. Ek het so aangehou vir die aantal jare en het gemiddeld ‘n kilogram ‘n jaar opgetel! ‘n Kombinasie van reg eet EN oefening is die antwoord, en die twee is beslis goed vir die liggaam nie net vir gewigsverlies nie maar ook vir die liggaam se algehele gesondheid!

6. Om te vroetel?

Die verskil tussen die skaal wat sê te veel en die skaal wat vertel dat jou gewig net reg is, is om te vroetel, om die heeltyd besig te wees.  Het jy al agtergekom dat mense wat gedurig aan die beweeg is, is nie oorgewig is nie?! Dit wil voorkom of hulle die heeldag eet en nie gewig optel nie. Spontane Fisiese Aktiwiteit verbrand soveel as 350 kalorieë per dag, en dit deur net te beweeg! Klim trappe in plaas van om in die hyser te klim, was jou eie motor, krap ‘n bietjie in die tuin.  Moet eenvoudig net nie stilsit nie.

7. Los die laaang kardio sessies!

Die beste manier om vet te verbrand is om eintlik onsamehangend te oefen, met pouses van vinnig en stadig – en ja ek skryf hierdie woorde sodat ek dit kan verstaan.  Deesdae is daar soveel “fancy” terme, eenvoud help vir my en maak gewigsverlies soveel makliker.

Doen jy dieselfde oefening oor en oor? Knik jou kop as jy dit doen!

Om gedurig hard te oefen sit die liggaam in ‘n patroon van verbrand, later word dit ‘n gewoonte en gewigsverlies bly stilstaan.  Fnuik jou lyf, maar solank jy net beweeg, wissel jou intensiteit van oefen.

8. TV? Amper slaan ek agteroor toe ek hierdie lees!

Televisie kyk is goed vir jou! Veral ‘n program wat jou laat skaterlag! Ja jy sit, jy doen dalk niks (onthou die gevroetel) maar jy ontspan en jou stres word verlig. Stres kan jou siek maak en ook verhoed dat jy gewig verloor. Navorsing het getoon dat stres jou middellyf kan laat groter word, lag is die perfekte vrystelling van stres.

Britse navorsers het bewys dat jy meer kalorieë verbrand met intense lag as met ander daaglikse aktiwiteite (selfs stofsuig en hardloop om net ‘n paar te noem). ‘n Uur van intense lag kan tot soveel as 120 kalorieë verbrand, meer as ‘n halfuur in ‘n gimnasium.

Hoe meer ek lees en alles wat ek lees maak tog sin, al klink dit SO onwerklik.  Wys jou net, wanneer jy jou kop aan die gang sit en jou binneste oopmaak vir nuwe denke val dinge lekker in plek.  Ek lees voort . . .

9. Ek MOET NOU ‘n lekker vetterige take-away hamburger kry!

As jy soos die meeste kantoorwerkers die heeldag agter ‘n lessenaar sit, kan jy geneig wees tot ‘n lekker buiteband om die middel. Intense dinkwerk vereis glukose vir petrol om te dink en juis vandaar is die smagting na gemorskos, vinnige “fixes” deur die dag.  Om hierdie drange teen te werk is dit belangrik om kos te eet wat jou volmaak, wat daardie hongerpyne heeltemal uitvee.  Volgende keer wanneer jy honger raak by die werk maak ‘n Griekse joghurt oop, knibbel aan ‘n paar wortelstokkies.  Kos wat hoog is aan vesel, proteïen en kalsium is wat jou liggaam en jou psige, jou dinkdeel van jou brein nodig het.  Dink net hoe lekker byt jy in daardie grondboontjie botter smeersel op ‘n volgraan beskuitjie! En sowaar jou gewete sal jou dan ook nie pla nie, jy kan aangaan met jou werk en nog beter dink!

Soos ek lees besef ek dat matigheid en om te dink voor jy jou mond oopmaak, en voor jy hap ‘n groot pluspunt is met gewigsverlies en ook goed is vir jou psige!

10. ‘n Glasie wyn . . . ‘n dag?

Is dit oukei om ‘n drankie te neem wanneer jy probeer gewig verloor? Goeie nuus, studies toon duidelik dat ‘n klein glasie rooiwyn elke dag goed is vir jou gesondheid.  Dit is ook ‘n vetvrysteller.

19000 middeljarige vroue het deelgeneem aan ‘n wyn eksperiment! Dit klink alte plesierig! Die vroue wat lig tot matige drinkers was, het minder gewig opgetel en ‘n laer risiko gehad om oorgewig te word.

Resveratrool is ‘n kragtige antioksidant wat voorkom in rooiwyn, dit verbeter oefen uithouvermoë en beskerm ook die liggaam teen dieet-geïnduseerde vetsug en insulien weerstand, die voorloper tot diabetes.

11. Alle suiker is nie ‘n minus vir gewigsverlies nie!

Dit is geen geheim dat die Amerikaners ‘n suiker probleem het nie! Die American Heart Association vertel dat Amerikaners gemiddeld 22 teelepels suiker per persoon per dag inneem.  Daar word ses teelepels suiker vir vroue en nege vir mans aanbeveel.  Dit is wel goed om te sny op jou suiker inname maar nog wyser om jou suiker met heuning te vervang.

Heuning hou ook groot beloftes in van gesondheid, dit help met die bekamping van virusse en bakterie in die liggaam en bevorder immuniteit.  Dit bevorder konstante bloedsuiker, is ‘n wonderlike hoes onderdrukker  en help ook met die natuurlike vrystelling van vet wat help met gewigsverlies.

12. Slaap jy genoeg?

Studies by die Columbia Universiteit het bewys dat mense wat dieselfde hoeveelheid kos eet/ kalorieë inneem maar wat minder as 5.5 uur per nag slaap moeiliker gewig verloor as die wat 8.5 uur per nag slaap! Hoe is dit moontlik? Wel wanneer jy jou liggaam van slaap ontneem word die werking van die twee hormone by name leptin en ghrelin beïnvloed, hierdie twee beheer jou aptyt.  Jy mag ook dalk energie soek in verkeerde peuselhappies!

Indien jy goed slaap, genoeg slaap inkry kan jy ook bederf word met die feit dat jy 300 meer kalorieë mag inneem en dit sal nie ‘n verskil aan jou vet verbranding maak nie.

13. Jou geheime gewigsverlies wapen . . . ‘n Goeie HEPA lugfilter!

In 2011 het studies aan die Kollege van Publieke Gesondheid by die Ohio State University bewys dat die blootstelling aan fyn deeltjies van “lugbesoedeling” kan insulien weerstand veroorsaak, asook verminderde glukose toleransie en verhoogde inflammasie.  Langtermyn blootstelling aan lugbesoedeling is ook ‘n risiko faktor vir die verhoging van diabetes. Diabetes en vetsug is neefs! 80 – 85 persent van diegene gediagnoseer met tipe 2 diabetes is oorgewig. Om suiwer lug so ver moontlik te verseker, wat van ‘n goeie lugfilter in jou huis?

 

Jou Manna Aanbeveling:

Die Manna Gewigsverlies is gratis as ‘n e-boek beskikbaar, dit is propvol resepte, spyskaarte en oefen wenke.  Laai dit gerus af. Manna Bloedsuiker Support tablette en Manna Lae GI Shakes is ‘n goeie manier om eetlus te beheer. EN daar is ook alles in wat jou liggaam nodig het. Neem twee tablette net voor elke ete en jy sal die verskil agterkom.  Hierdie is nie eetlusdempers nie maar wel ‘n stabiliseerder vir jou bloedsuikervlakke.  Dit help jou liggaam om minder vir insulien te vra en te verseker dat jy versadig bly vir langer tye.  Om minder te eet sal help, maar natuurlik ook om gesond te eet. Gaan lees van die getuigskrifte op die Manna webwerf.

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply