Wat Is Insulien Weerstandigheid?

Wat Is Insulien Weerstandigheid?

Metaboliese sindroom was eers bekend as sindroom X en later as Insulien Weerstand-sindroom.

Maar wat is Insulien weerstandigheid? Dit word veroorsaak deur ‘n wanbalans of versteuring van die metabolisme. Metabolisme is die chemiese proses wat plaasvind in ‘n lewende organisme en nodig is vir die instandhouding van lewe.

Pre-Diabetes en Metaboliese sindroom is nou verwant, maar laasgenoemde kan ly tot baie ander siektes. Wanneer jy gediagnoseer is met Pre-Diabetes is dit wys om verder te lees en die inligting in die algemeen in gedagte te hou.
Mense wat Metaboliese Sindroom het, is ook geneig om diabetes, hoë bloeddruk, hoë cholesterol, hartsiektes en baie soorte kanker op te doen.

 

Diegene wat insulien weerstandigheid het, het drie van die volgende vyf kriteria:

  1. Middellyf omtrek groter as 89cm vir vroue en groter as 102 cm vir mans
  2. Hoë Trigliseried vlakke
  3. Lae HDL cholesterol vlakke
  4. Bloeddruk hoë as 130/85
  5. Vastende bloedsuiker  hoër as 6 mmol

Hier is meer oor die 5 Duidelike Tekens van Insulien Weerstand en Hoe om dit te Stop…

 

Daar is ‘n direkte verband tussen mense se gewig of om meer presies te wees die persentasie liggaamsvet en die ontwikkeling van metaboliese sindroom. 

Hoe meer glukose (suiker) jy inneem, hoe meer insulien moet die liggaam afskei om jou metabolisme aan die gang te hou.  Dit wat nie verteer of dan verwerk word nie, word as vet gestoor.  Die gevolg is insulien weerstand, wat beteken dat die liggaam meer insulien moet produseer om dieselfde hoeveelheid suiker op te neem.

Kos met ‘n hoë suikerinhoud laat die bloedsuikervlakke vinniger styg en die met ‘n laer suikerinhoud sorg dat bloedsuikervlakke konstant bly en dat die liggaam ‘n boodskap na die brein stuur van “ek is nou versadig”.  Hierdie kosse staan bekend as voedsel met ‘n lae glukemiese indeks, in die algemeen word verwys na LOW GI.    Om meer van hierdie kosse te eet verseker ‘n ommekeer van metaboliese sindroom.

Herken jy jouself in bogenoemde beskrywings? Dan is dit moontlik dat jy metaboliese sindroom kan hê of as jy alreeds daarmee gediagnoseer is, is daar wel hoop.

 

Behandel insulien weerstandigheid met Manna Blood Sugar Support.

Die Manna Dieet in samewerking met Manna Blood Sugar Support is net wat jy nodig het vir ‘n ommekeer, en ‘n beter kwaliteit van lewe. Die Manna Blood Sugar Support beheer bloedsuikervlakke, en verminder die vereistes van die liggaam om insulien te produseer.  Dit vertraag ook die opname van glukose/suiker uit kos na die bloedstroom en help om kosdrange te bekamp.  Dit is beskikbaar by toonaangewende apteke insluitend Dis-Chem en Clicks.

Die Manna Blood Sugar Support kan by elke maaltyd geneem word om bloedsuiker te beheer, eetlus en “cravings” te onderdruk. Hierdie produk kan ook help om tipe 2 diabetes te voorkom.

Manna Blood Sugar Support is ‘n uniek geformuleerde, natuurlike en organiese aanvulling wat help:

  • Om bloedsuikervlakke te stabiliseer, en hou jou langer vol na ‘n maaltyd, wat beteken dat dieselfde ete jou baie verder kan neem en jy minder kan eet, wat kan help met natuurlike gewigsverlies.
  • Beheer die “cravings”en help jou om weg te bly van lekkergoed en ongesonde kos en help jou dan makliker gewig verloor.
  • Hou jou energievlakke konstant en gee jou energie om daaglikse take te doen, selfs wanneer jy op ‘n dieet is.

Wanneer dit met kos geneem word, meng Manna Blood Sugar Support met die kos in jou maag om die glykemiese indeks van die kos en drank te verlaag met 43%, en help verhoed dat jou bloedsuikervlakke te hoog styg.

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply