Warm gloede kan moeilik wees om mee saam te leef om die minste daarvan te sê!
Menopousale warm gloede kan regtig ʼn demper op ‘n mense se dag plaas, of ʼn goeie nagrus in ʼn nagmerrie laat ontaard.
Kom ons gesels bietjie oor warm gloede…
Warmgloede kan enige oomblik skielik opvlam – gewoonlik wanneer ons dit die minste verwag. Dit kan dan skok en angs veroorsaak, wat die warm gloede net verder vererger.
Maar as mens warm dit behandel kan mens dit kop-eerste aanpak en die warm gloede tot ‘n minimum hou.
Wat presies is warm gloede?
Menopousale warmgloede is ‘n skielike gevoel van hitte wat in sekere dele van die liggaam – of selfs in die hele liggaam – opvlam en gewoonlik veroorsaak dat mens amper dadelik begin sweet.
Dit word veroorsaak deur ‘n tydelike verandering in die grootte en vorm van die bloedvate.
Party dames beskryf ‘n “aura” van ongemak wat hulle voel net voordat die warmgloede begin.
Warm gloede kan enige tyd van die dag of nag ervaar word, en wanneer dit in die nag gebeur noem ons hulle gewoonlik “nagsweet”.
Hoe lank duur ‘n warm-gloed episode?
Episodes van warm gloede kan enige iets vanaf net ‘n paar sekondes duur, tot en met ‘n paar uur.
Hoe gereeld gebeur hierdie episodes?
Vir party dames gebeur dit net een keer elke paar dae, waar ander ongelukkig genoeg is om dit tot en met 20 keer op ‘n enkele dag te ervaar.
Wat is die simptome van warm gloede?
Die mees algemene simptome van warm gloede sluit in:
- Die gesig wat rooi word soos wanneer mens ernstig bloos.
- Skielike, intense warm-gevoel. Dit word meestal gevoel in die gesig, nek, arms, en bolyf – maar soms regdeur die liggaam op een slag!
- Vinnige of onreëlmatige hartklop.
- Sigbare sweet.
- Koue rillings na die warm gloed episode.
- Versteurde slaap.
Watter verdere simptome van menopouse ontstaan eintlik weens warm gloede?
As mens die ongemak, ongerief, en pure hel in ag neem wat warm gloede mens deur sit, is dit glad nie verbasend dat dit ook die oorsaak van ander simptome wat ons met menopouse assosieer nie.
Die probleem kom meestal in as gevolg van nagsweet – wat die warm gloed episodes is wat gebeur wanneer ons probeer slaap.
Sodra mens wakker skrik in ‘n poel sweet in die middel van die nag, is mens se nagrus sommer heeltemal daarmee heen.
Dan is mens moeg en glad nie uitgerus wanneer mens wakker word nie.
As mens so voel, is mens sommer geïrriteerd met alles en almal rondom ons.
Dan probeer ons om vriendelik te wees, maar tussen die warm gloede, die sleg-slaap, en almal wat ons irriteer is dit maklik om “mood swings” te hê wat buite ons beheer voel.
Boonop is daar soveel ander negatiewe uitwerkings wat min slaap op ons liggaam het, en hulle mag dalk baie bekend klink vir enige vrou tydens menopouse. Dit is nou goed soos spysverteringstelsel probleme, hoofpyne, gewigstoename, en wie sien dan nog kans vir manlief en sy drange in die aand as jy net wil in jou bed opkrul en slaap (met die lugversorger en die waaier volspoed aan, natuurlik!)?
En dit alles net as gevolg van hierdie verdomde warmgloede!
Wat veroorsaak warm gloede?
Daar is verskeie faktore wat ‘n rol kan speel en warm gloede veroorsaak, hier is die mees algemene vier:
Hormone
Dit is verreweg die mees algemene oorsaak van warm gloede. Die hormoon wat die grootste rol speel is estrogeen.
Wanneer ‘n vrou menopouse nader, begin die hormoon vlakke fluktueer. Die mees opvallende is die afname in estrogeen. Hierdie verlaagde estrogeen vlakke kan die hipotalamus direk beïnvloed, wat die deel van die brein is wat onder andere verantwoordelik is vir die beheer van liggaamstemperatuur.
Verlaagde estrogeenvlakke verwar die hipotalamus. Dit lyk dan vir die hipotalamus asof die liggaam “oorverhit” , wat dan veroorsaak dat die hipotalamus ‘n sein na die liggaam stuur om in “afkoel-modus” te gaan. Dit lei tot sweet, daai vurige warm gevoel, ‘n rooi gesig en die ander reaksies wat vroue ervaar tydens warm gloed episodes.
Estrogeen onttrekking
Onttrekking van estrogeen beïnvloed sekere neuro-oordragstowwe en veroorsaak uiteindelik warm gloede. Die afname in estrogeen laat die hipotalamus die produksie van norepinefrien en serotonien afskakel.
Hierdie neuro-senders is verantwoordelik om te besluit wanneer die hitteverlies meganismes binne die liggaam aangeskakel word. Wanneer meer van hierdie chemikalieë geproduseer word, word die hitteverlies meganismes makliker aangeskakel deur selfs die kleinste veranderinge in die liggaamstemperatuur. En so veroorsaak dit dus warm gloede.
Sekere gesondheidstoestande
Sommige gesondheidstoestande kan op hul eie warm gloede veroorsaak – selfs al is ‘n vrou nie in menopouse nie. Maar hierdie toestande kan ook warm gloede vererger wanneer ‘n vrou wel in menopouse is. Hierdie is die mees algemene gesondheidstoestande wat warm gloede veroorsaak of vererger:
- Skildklier siekte
- Infeksie
- Vetsug
- Suikersiekte
- Paniekversteuring
- Kanker
- Hyperhidrose
Sommige medikasie
Daar is sekere medikasie wat ook kan warmgloede veroorsaak of vererger, hierdie is die mees algemene drie:
- Raloksifeen (Medikasie teen osteoporose)
- Tamoxifen (Middel vir borskanker)
- Gonadotropien-analoë (bv. Nafarelin)
Hoe raak mens ontslae van warm gloede?
Mens kan ‘n natuurlike aanvulling soos die Manna Menopouse Support gebruik, wat die wortel-oorsaak van die probleem (estrogeen vlakke) op ‘n 100% natuurlike manier aanspreek. Dit is ‘n baie doeltreffende oplossing vir die langtermyn, maar dit neem ook langer om die menopouse simptome te verlig.
As mens op soek is na onmiddellike verligting van warm gloede, moet mens die Manna Hot Flush Gel so gou moontlik kry!
Hoe werk die Manna Hot Flush Gel?
Met ‘n kombinasies van baie spesifieke essensiële olies bied die Manna Hot Flush Gel vinnige en effektiewe verligting vanaf warmgloede en nagsweet deur die liggaam te verkoel. Dit is heeltemal natuurlik, hormoon-vry, en werk ongelooflik goed.
Hoe gebruik ek die Manna Hot Flush Gel?
Smeer ‘n bietjie van dit aan die agterkant van die nek tydens ‘m warmgloed- of nagsweet episode. Indien dit nie voel of dit goed genoeg werk nie, smeer bietjie meer aan en smeer dit ook af tot op die skouers.
In baie erge gevalle waar dit ook nog nie werk nie kan jy dit onder die armholtes, onder die voete, of aan die binne kant van die lieste smeer. Hierdie is alles plekke waar die opname van die gel in die bloedstroom mees effektief plaasvind.
Wanneer gebruik ek die Manna Hot Flush Gel?
Soos genoem kan jy dit aansmeer tydens ‘n warmgloed- of nagsweet episode, maar jy kan dit ook ter voorbehoeding aansmeer deur dit in die oggend wanneer jy opstaan, en in die aand voor jy gaan slaap ook aan te smeer – of jy nou op daardie spesifieke oomblik warmgloede het of nie.
Watter bestanddele is in die Manna Hot Flush Gel?
Die aktiewe bestanddele sluit in…
- Methylsulfonylmethane (MSM)
- Mentha Piperita (Peperment)
- Salvia Sclarea (Clary)
- Lavandula Angustifolia (Laventel)
- Ocimum Basilicum (Basiliekruid)
- Citrus Medica Limonum (Suurlemoen)
- Citrus Aurantium Amara Flower (Neroli)
Wat sê die dames wat dit al gebruik het?
“Gebruik dit nou 3 weke en kan werklik sê dit werk goed. Ek is reeds oor my menopause maar kry nog nagtelike “hot flushes” en die gel het dit verbeter. Al probleem is dat die bottel se plasties redelik hard is en die gel baie dit, so die 2 saam maak dat dit moeilik uitgedruk kan word, so ek moet die prop afhaal en uit skud of met n spatula uitskep.” – Susan Sadler
” When I feel a hot flush episode starting, I use some Hot Flush Gel and within 10 to 30 seconds I feel relief. I also use the Hot Flush Gel preventative – specific times when I know I would usually have a hot flush episode I use it beforehand and avoid getting one at all. For the first time in years, I am having peaceful sleep. It truly is a wonder gel!!” – Freda Coetzee
“I have used many of Manna Health’s products, but this one is the best!! I’ve been suffering with hot flushes and night sweats for more than a year now. I have tried many products, but this one takes away a hot flush in a flash!! Love the burning cold sensation on my neck!” – Lindy Dixon Voges
1 Comment
Night sweat.
Hot flushes.
Sweating 😓