Insulien Weerstandigheid Veroorsaak Maagvet

Insulien Weerstandigheid Veroorsaak Maagvet

Meer as 50% van volwassenes is oorgewig.

 

Om oorgewig te wees is eintlik bitter gevaarlik. 

Insulien weerstandigheid veroorsaak maagvet wat kan lei tot oorgewig raak, waar baie mense dink om oorgewig te wees beteken mens pas nie meer in al mens se klere nie. Maar dit gaan baie verder as net dit…

Om oorgewig te wees verhoog die risiko vir ‘n verskeidenheid gesondheids toestande soos vetsug, hartsiektes, beroerte, Tipe 2 diabetes, hoë bloeddruk, en selfs kanker.

Vetsug is wêreldwyd die oorsaak vir omtrent dieselfde hoeveelheid sterftes as tabak, alle oorloë, terrorisme, en geweld. Byna alle oorgewig mense is reeds in ‘n staat van “pre-diabetes”, maar hulle weet dit nie eers nie.

Wanneer jy begin gewig aansit, veral maagvet, verander jou liggaam se gesondhieds balans en stuur dit af op die onstabiele en ongesonde gebied van siekte – wat jou selfs nog vetter maak. Dit is die begin van ‘n wrede, dodelike siklus, tensy jy beheer neem oor jou gewig.

 

Hoe veroorsaak insulien weerstandigheid maagvet?

Die hoof oorsaak van maagvet is die hormoon genaamd “insulien”. Insulien is verantwoordelik daarvoor om bloedsuiker vlakke stabiel te hou, maar nog meer belangrik – dit is ook verantwoordelik daarvoor om vet te stoor.

 

Hoe veroorsaak insulien dat vet gestoor word?

Wanneer die bloedsuiker vlakke konstant hoog is, moet die pankreas meer insulien vrystel om dit onder beheer te kry.

Wanneer daar meer insulien vrygestel word, stoor die insulien meer vet in die liggaam se selle.

As dit aanhoudend gebeur kan die liggaam later heeltemal immuun word teen die effek van insulien, en dan noem ons dit “insulien weerstandigheid”.

Insulien weerstandigheid veroorsaak dat NOG meer vet gestoor word – veral om die middellyf!

 

Wat is die simptome van insulien weerstandigheid?

Behalwe natuurlik vir die ekstra gewig om die middellyf, kom insulien weerstandigheid dikwels gepaard met simptome soos:

  • Moegheid na etes
  • Suikerdrange (“sugar cravings”)
  • Onstabiele bloedsuiker vlakke
  • Hoë trigliseriede en LDL vlakke (Slegte cholesterol)
  • Lae HDL vlakke (Goeie cholesterol)
  • Lae seksdrang
  • Probleme met bloedstolling

 

Hoe verloor ek maagvet?

Ongelukkig is dit nie moontlik om net in een spesifieke area van die liggaam gewig af te skud nie.

Mens moet algeheel gewig verloor. En om gewig te verloor reg oor jou liggaam, moet jy ‘n paar leefstyl veranderinge maak.

Hierdie leefstyl veranderinge werk saam om jou te help gewig verloor, maar ook om gesonder te lewe.

 

Kom ons kyk watter leefstyl veranderinge help om maagvet veroorsaak deur insulien weerstandigheid te verloor…

  1. Dink Langtermyn

Kitsdiëte is nie di antwoord nie. Hulle mag jou dalk help om vinnig ‘n paar kilogramme te verloor, maar daai kilogramme kom gewoonlik net so vinnig weer terug ook.

Volg eerder ‘n gesonde, volhoubare manier van eet.

  1. Sny Suiker Uit

Suiker en verfynde koolhidrate is beslis die grootste oorsake vir gewig optel en insulien weerstandigheid. Die rede daarvoor is omdat dit die hoof rede is waarom die liggaam insulien vrystel.

Wanneer suiker en verfynde koolhidrate uitgesny word, is dit baie makliker om bloedsuiker vlakke, insulien vlakke, en gewig onder beheer te hou.

  1. Eet Regte Kos

Met regte kos bedoel ek gesonde kos met ‘n goeie voedingswaarde.

Deur kos met genoeg vitamienes, minerale, en voedingstowwe te eet help dit jou om:

      • Meer effektief kalorieë te verbrand.
      • Eetlus te reguleer.
      • Inflammasie te voorkom.
      • Vertering te verbeter.
      • Stres hormone te reguleer.
      • Die insulien-sensitiwiteit van die selle te herstel en verhoog.
  1. Beheer Stres Vlakke

Hoe streeksvlakke veroorsaak dat die liggaam ‘n hormoon met die naam kortisol vrystel. Hierdie verhoogde vlakke van kortisol lei dan tot:

      • Verhoogde bloedsuiker en cholesterol vlakke.
      • Depressie.
      • Demensie.
      • Die opbou van maagvet.
      • Drange na suiker en verfynde koolhidrate.
  1. Kry genoeg slaap in

Wanneer jy te min slaap inkry kan dit allerhande uitwerkings hê war strek vanaf kosdrange na ‘n verswakte immuunstelsel.  

Te min slaap kan ook veroorsaak dat die hormone wat vet-storing reguleer nie werk soos hulle moet nie, wat dan kan veroorsaak dat jy nog meer gewig optel.

  1. Oefen Gereeld

Saam met gesond eet, is genoeg oefen net so belangrik. Probeer om minstens 30 minute se oefening te kry, ten minste 4 keer per week.

Maak seker om kardio sowel as weerstands-oefening in jou roetine in te werk vir die beste resultate.

  1. Manna Blood Sugar Support

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Wanneer dit met kos geneem word, verlaag dit die glykemiese indeks van die kos en drank met soveel as 43%, en help verhoed dat jou bloedsuikervlakke te hoog styg.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

As jy jou bloedsuikervlakke wil balanseer en gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support sommer vandag nog!

 

Koop dit met gerief en gerustheid by ons aanlyn winkel – ons lewer af by jou deur! 

Dit is ook beskikbaar by hierdie winkels: 

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply