Insulien weerstandigheid beïnvloed baie mense sonder dat hulle daarvan weet.
Dit beteken dat baie mense weet ook nie van die gevare van insulien weerstandigheid nie.
Dit word elke dag ‘n groter probleem wat by die dag meer mense raak.
Maar daar is iets wat gedoen kan word om die gevare van insulien weerstandigheid te vermy?
Wat is Insulien Weerstandigheid?
Kos word normaalweg in die bloedstroom opgeneem in die vorm van suikers soos sukrose en ander basiese voedingstowwe.
Die toename van suiker in die bloedstroom is dus ‘n teken vir die pankreas om meer van ‘n spesifieke hormoon, insulien, af te skei. Hierdie hormoon heg vas aan die selle en verwyder dan suiker uit die bloedstroom sodat dit vir energie gebruik kan word.
Wanneer insulien weerstandigheid plaasvind, het die liggaam se selle nie die vermoë om te reageer op die insulien nie. Om vir die insulien weerstand te kompenseer, skei die pankreas dan nog meer insulien af, en daarom het mense met insulien weerstandigheid hoë vlakke van insulien in hulle bloedstroom.
Met verloop van tyd kan mense met insulien weerstandigheid hoë suiker vlakke of diabetes ontwikkel omdat die selfs die verhoogde insulien vlakke nie meer kan kompenseer vir die verhoogde suiker vlakke nie.
Wat Is Die Gevare van Insulien Weerstandigheid?
Hoë bloedsuiker vlakke
As gevolg van die feit dat insulien nie die bloedsuiker vlakke onder beheer bring soos dit moet nie, is een hoë bloedsuiker vlakke een van die grootste tekens van insulien weerstandigheid.
Tipe 2 diabetes
Wanneer die bloedsuiker vlakke konstant hoër is as wat dit moet wees, lei dit dikwels tot tipe 2 diabetes. So dikwels dat insulien weerstandigheid en tipe 2 diabetes gewoonlik hand-aan-hand saamgaan.
Hier is 6 Beginsels Om Diabetes te Bestry…
Hoë bloeddruk
Hoë bloeddruk is nog ‘n ernstige simptoom wat gepaard kom met insulien weerstandigheid. Dit vererger ook gewoonlik soos wat die insulien weerstandigheid erger word, en kan dan baie gevare vir mens se gesondheid inhou.
Hoë cholesterol vlakke
Insulien weerstandigheid beteken ook gewoonlik dat die cholesterol vlakke baie hoër is as wat dit moet wees. Behalwe vir hoë LDL (Slegte Cholesterol) vlakke, is die HDL (Goeie Cholesterol) vlakke ook gewoonlik baie laer as wat dit moet wees.
11 Wenke Vir ‘n Vinniger Metabolisme
Aterosklerose
Insulien weerstandigheid kan lei tot aterosklerose, wat ‘n verharding van die are is. Dit beteken dan ook dat daar ‘n verhoogde risiko van bloedklonte is.
Vetsug
‘n Groot faktor in die ontwikkeling van die insulien weerstand sindroom is vetsug – veral abdominale vetsug of maagvet. Vetsug bevorder insulien weerstand en het ‘n negatiewe impak op insulien responsiwiteit by ‘n persoon. Gewigsverlies kan die liggaam se vermoë om insulien te herken en te gebruik verbeter.
Nierskade
Nog ‘n baie gevaarlike simptoom van insulien weerstandigheid is nierskade. Dit kan gewoonlik opgetel word deur proteïene in die urine.
Leer meer oor Hoe Om Insulien Weerstandigheid te Behandel
Hoe Word Insulien Weerstandigheid Gediagnoseer?
Daar is nie ‘n maklike manier om insulien weerstandigheid te diagnoseer nie, maar as jy 3 van die volgende het, is die kanse baie goed dat jy reeds insulien weerstandig is.
- ‘n Middellyf grootte van 100cm of meer vir mans en 88cm of meer vir vroue
- Verhoogde vlakke van trigliseriede (‘n tipe vet in die bloed) hoër as 2.2mmol/L.
- ‘n Lae HDL, of “goeie” cholesterol vlak (minder as 1.3mmol/L vir mans en 1.5mmol/L vir vroue)
- Hoë bloeddruk van 130/85 of hoër, of om behandel te word vir hoë bloeddruk
- Bloedsuiker vlakke tydens vas van 5.5mmol/L of meer, of om behandel te word vir diabetes
Die huidige epidemie van vetsug onder kinders sit hulle in groot gevaar vir die ontwikkeling van die insulien weerstandigheid.
Hoe word insulien weerstandigheid behandel?
Die beste manier om insulien weerstandigheid onder beheer te hou is deur ‘n paar eenvoudige leefstyl veranderinge aan te bring. Dit sluit in:
Oefening –
Oefen vir ten minste 30 minute per dag, vyf dae ‘n week.
Gewig –
Bereik en behou ‘n gesonde gewig.
Dieët –
‘n Gesonde, gebalanseerde en kalorie-beperkte dieët word aanbeveel.
Manna Blood Sugar Support –
Hierdie natuurlike produk help vir insulien weerstandigheid omdat dit help om die bloedsuiker vlakke onder beheer te hou.
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.
kan ook gebruik word om voedingswaarde by slaaie, bredies, en ander geregte te voeg.
Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.