4 Werklikhede van Gewigsverlies

4 Werklikhede van Gewigsverlies

Hoe werk gewigsverlies? Hoe lank vat ‘n liggaam om gewig te begin verloor? Wanneer kom mens op mens se doelgewig?

Hierdie is alles vrae waaroor ons almal soms wonder, maar hoe werk dit regtig? Daar is ‘n paar werklikhede van gewigsverlies om te help met daardie vrae.

 

Hier is 4 werklikhede van gewigsverlies wat jou meer sal help verstaan oor hoe dit werk…

  1. Hoe Jou Liggaam Gewig Verloor

Wanneer jy minder kalorieë inneem as wat jou liggaam gebruik, sal jou liggaam vet verbrand om op te maak vir die verskil – en jy sal dus geleidelik gewig verloor. ½ Kg liggaamsvet is gelykstaande aan ongeveer 3,500 kalorieë. ‘n Tekort van 500 tot 1,000 kalorieë per dag sal dus ‘n gewigsverlies van so ½ tot 1 kg per week teweegbring.

Wanneer jy te veel kalorieë uitsny, sal die liggaam egter vermoed dat daar hongersnood op pad is en probeer om vet te stoor. Wanneer ‘n vrou dus minder as 1,200 kalorieë per dag, of ‘n man minder as 1,800 kalorieë per dag eet, sal hul liggaam spierweefsel afbreek om vir energie te gebruik.

Die skaal sal wys dat jy gewig verloor het, maar hierdie gewigsverlies sal gedeeltelik ‘n verlies van spiermassa wees, wat jou totale liggaamsamestelling – die verhouding tussen vet/maer  – nadelig sal verander.

Jou doel moet dus wees om jou kalorie-inname so te verminder dat jou liggaam vet sal verbrand, maar nie so baie dat jy onder die minimum kalorie-inname van 1,200 of 1,800 kalorieë per dag is nie.

  1. Gewigsverlies se Uitwerking op Gesondheid

Dit is natuurlik om fisiese veranderinge vinnig te wil sien, maar een van die werklikhede van gewigsverlies is oorgang na slanker heupe en maag neem tyd. Selfs al sien jy dalk nie die resultate vinnig nie, sal jou gewigsverliespogings jou die wêreld se goed doen. Deur so min as 5 tot 10 persent van jou totale gewig af te skud sal jou bloeddruk, cholesterol en bloedsuikervlakke verbeter. As jy 90 kilogram weeg, is dit ‘n verlies van slegs 4.5 kilogram – ‘n hoeveelheid wat dalk nie jou voorkoms sal verander nie, maar wel ‘n geweldige uitwerking op jou gesondheid kan hê.

Wanner jy begin oefen as deel van jou gewigsverlies-program, sal jy jou kanse op hartsiektes aansienlik verminder, selfs al verloor jy nie baie gewig nie. As jy gesonder eet en meer beweeg, sal dit jou help om viserale vet te verloor. Viserale vet is die diep maagvet rondom jou organe en dit verhoog jou kanse op gesondheidsprobleme soos tipe 2 diabetes en kardiovaskulêre siektes aansienlik. As jy dus 10 tot 20 persent van jou viserale vet verloor, sal jy dalk nie merkwaardige veranderinge op die skaal sien nie, maar jou pogings sal ‘n positiewe impak op jou gesondheid hê.

  1. Fisiese Tekens van Gewigsverlies

Jy kan dalk tekens van gewigsverlies raaksien voordat jou vriende, kollegas of gesin dit opmerk. Jou klere sit dalk bietjie losser, die skaal wys dat jy dat jy ‘n kilogram of 2 verloor het – en as jy in die spieël kyk, lyk jou arms en dye selfs ‘n bietjie dunner. Hierdie veranderinge kan slegs deur ander raakgesien word as jy ‘n groter hoeveelheid gewig verloor het, wat afhang van jou begingewig. ‘n Verlies van 5 kilogram op ‘n persoon wat 65 kilogram weeg, sal byvoorbeeld meer sigbaar wees as ‘n 5 kilogram verlies op ‘n 125 kilogram liggaam.

As jy oorgewig is, is enige gewigsverlies ‘n goeie ding. Jy kan egter gefrustreerd raak as jy nie verlies op jou “probleemareas” raaksien nie. Dit is ongelukkig nie moontlik om te kies waar jy gewig moet verloor nie; jy sal gewig regoor jou liggaam aansit of verloor. Gewigsverlies vind gewoonlik plaas in areas waar jy eerste gewigstoename opgemerk het. Vir mans is die maag gewoonlik ‘n algemene vetstoringsplek, terwyl vroue sukkel met gewig rondom die heupe en dye.

  1. Optimale Gewigsverlies Strategieë

Nog een van die werklikhede van gewigsverlies wanneer jy graag vinnige gewigsverlies resultate wil sien, is meestal ongesond en oneffektief as jy probeer om té vinnig gewig verloor. Kitsdiëte of skemas waar jy vinnig gewig verloor kan dalk in die korttermyn help, maar jy sit meestal daardie gewig vinnig weer aan. Fokus daarop om volhoubare veranderinge by jou dieët en oefengewoontes aan te bring sodat jy die gewig wat jy verloor, vir langer kan af hou.

Sny verwerkte kosse, kitskosse en gereelde soetigheid stadig uit. Kook meer etes self en gebruik vars bestanddele soos groente vol vog en vesel, maer proteïene, vrugte, lae-vet suiwel en heelgrane. Tel kalorieë of gebruik jou bord as riglyn vir gesonde, porsie-beheerde etes.

Jou bord moet bestaan uit ‘n kwart gebraaide, geroosterde of gekookte proteïen, ‘n kwart kwaliteit-koolhidrate soos styselagtige groente of heelgrane, en vul dan die oorblywende twee kwarte van jou bord met groente.

‘n Ete kan byvoorbeeld geroosterde hoender met patat en ‘n groen slaai wees, of ‘n hoenderborsie toebroodjie met wortel-en selderystokkies. Bly weg van die skyfies, lekkers en gas- of versoete koeldrank tussen etes. Kies eerder lae-vet joghurt, vars vrugte, ongesoute neute of lae-vet kaas.

 

Maar as jy nou REGTIG wil gewig verloor…

Probeer die Manna Diet as ‘n maklike manier om oor te skakel na ‘n gesonde eetplan. Neem altyd ‘n produk soos die Manna Blood Sugar Support saam met etes, want hierdie produk help om kosdrange hok te slaan en jou aptyt op ‘n natuurlike manier te onderdruk, sonder enige newe-effekte.

Oefening help dat jy kalorieë verbrand en dit verhoog die effek wat gewigsverlies op jou gesondheid het. Probeer om ten minste 150 minute per week matige oefening te doen. Om baie gewig te verloor sal jy meer as 250 minute per week moet oefen.

Voeg weerstandsoefeninge by jou oefenprogram om vinniger resultate raak te sien en sodat jy ‘n fermer voorkoms sal hê. Deur so min as twee sessies per week aan elke hoof spiergroep af te staan, met ten minste en stel van agt tot 12 herhalings, sal voldoende wees, veral aan die begin.

 

Gee jou gewigsverlies ‘n hupstoot…

Die Manna Low GI Shake is ook uitstekend om ‘n maaltyd mee te vervang, en jy kan selfs twee keer hiervan per dag drink. Dit sal jou bloed suiker vlakke en kos hunkerings onder beheer bring.

Die Manna Low GI Shake word beskou as een van die beste produkte om kos- en suikerdrange te onderdruk, en help ook dat die liggaam minder insulien nodig het.

Dit is geformuleer om jou toe te laat om een of meer maaltye per dag or te slaan, maar nogsteeds al die nodige voedingstowwe in te neem.

Kies jou gunsteling geur van die Manna Low GI Shake, meng dit met melk, water, vrugtesap, of voeg dit by ‘n smoothie.

Die shake is gluten-vry, laktose-free, Nie-GMO, en soja-fry. Dit is ook heeltemal geskik vir vegans, vegetariërs en diabete.

 

Dit was nog nooit so maklik om gesond te wees nie!

Voordele van die Manna Low GI Shake sluit in…

  • Hoog in vesel
  • Lae-GI
  • Bekamp en beveg kosdrange
  • Hoë genoeg voedingswaarde om as ‘n maaltydvervanging beskou te word
  • Die enigste shake wat essensiële suikers bevat (“Glyco-Nutrients”)
  • Cholesterolvry
  • Glutenvry
  • Verskaf energie, sonder om vet te maak
  • Help om bloedsuikervlakke te beheer
  • Organies en Natuurlik

“I lost 4.8kg in 4 weeks and 8cm on my waist. In 3 months i lost a total of 12cm on my waist and 6kg in total. Feeling great and have lots of energy. I also dont struggle wit IBS anymore” – Hanneri Schmidt

“Im totally in awe with this shake. 2days and i lost 2.2kg!” – Lynette Pierrus

“Bekostigbaar, effektief, lekker en dit werk.” – Soekie Nel

Kry die Manna Low GI Shake NOU by enige van hierdie winkels:

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply