Die grootste rede vir gewigstoename is omdat ons meer kalorieë inneem as wat ons verbrand.
Maar ekstra kalorieë is net een van die redes vir gewigstoename.
Kom ons kyk na 5 ander redes vir gewigstoename dat mens ekstra gewig ronddra – sonder dat mens dit besef…
Te Min Slaap
As ‘n mens te min slaap inkry, of nie ‘n goeie nagrus kry nie, kan dit een van die direkte redes vir gewigstoename wees. Indien jy konstant moeg, sonder energie, en maklik geïrriteerd voel, moet jy dalk bietjie kyk na jou slaapgewoontes.
Die beste ding om te doen is om in ‘n roetine te kom waar jy elke aand dieselfde tyd gaan slaap, en dieselfde tyd elke oggend opstaan.
Wanneer jy nie genoeg slaap inkry nie, kan die volgende dag baie stresvol wees…
Hoë Stresvlakke
Stres-eet is nooit die antwoord vir jou probleme nie. Ongelukig is dit deel van ons menswees om iets suiker-gelaai te gryp en dit te verorber wanneer ons begin stres.
Wanneer ons stresvlakke styg, stel die liggaam die hormoon “cortisol” vry. Dit kan ons skildklier en brein affekteer, wat dan die metabolisme vertraag.
‘n Goeie manier om hierdie gewoonte te bekamp is om te knibbel aan iets gesonds wanneer jy voel dat jy begin stres. Dinge soos wortels en selfery is goeie lae-kalorie snacks.
Hoë stresvlakke is dikwels een van die redes om medikasie te neem…
Sekere Medikasie
Sekere soorte medikasie kan die rede wees hoekom jy net nie daardie laaste paar kilogram kan afskud nie. Kyk veral na medikasie soos die wat voorgeskryf of aanbeveel word vir: Depressie, stuipe, bloeddruk, en migraine.
Ander medikasie wat kan verhoed dat jy gewig verloor is hormoonvervangingsterapie, steroïede, en orale voorbehoedmiddels.
Maar soms is dit nie die medikasie se skuld nie, maar eerder ‘n onderliggende mediese toestand…
‘n Onderliggende Mediese Toestand
Hipotireose is een van die mees algemene mediese redes vir gewigstoename. Dit is wanneer die skildklier nie genoeg sklidklierhormone kan produseer nie. Dit vertraag dan die metabolisme, wat gewigsverlies baie moeiliker maak.
So gepraat van hormone – menopouse is ook natuurlik ‘n groot rolspeler as dit kom by gewig wat net nie wil verloor word nie…
Menopouse
Jy hoef vir geen vrou nog eers te probeer vertel oor menopouse en gewigstoename nie! Dit is hoofsaaklik as gevolg van ‘n afname in die hormoon genaamd estrogeen.
Die gevolg is dan dat vrouens begin gewig optel, veral in om die middel. Dit, tesame met al die ander simptome van menopouse, kan soms moeilik wees om te hanteer.
Maar gelukkig is daar maniere waarop jy weer kan beheer vat van jou gewig…
Om gewig te verloor, en seker te maak dit bly weg, moet jy begin met ‘n goeie, gebalanseerde dieët soos die gratis Manna Dieët e-boek. Saam met dit stel ons voor dat jy die Manna Blood Sugar Support neem saam met etes. Dit werk saam met die kos wat jy eet deur die suiker in die kos stadig vry te stel in die liggaam. Dit beteken dit word nie so vinnig opgeneem nie, wat dan verder beteken dat bloedsuiker vlakke meer stabiel bly. Sodra bloedsuiker vlakke stabiel is, dan word mens nie so vinnig honger nie, en het mens volhoubare energie oor ‘n langer tydperk.
Stop die kosdrange met Manna Blood Sugar Support
- Help om insulienweerstandigheid om te draai.
- Dit help om bloedsuiker vlakke terug te kry na normaal.
- Help om die opname van glukose in die bloedstroom te vertraag.
- Help om die liggaam se behoefte vir insulien te verlaag.
- Gee jou volhoubare hoë energievlakke.
So wat kan ons doen om NIE gewig op te tel nie?
Kits-diëte is NIE die pad om te volg nie. En mens kan nie verwag om net rond te sit en kalorieë te verbrand nie. En daar is ook nie ‘n wonder-pil wat al die vet laat wegsmelt nie – alhoewel daar ‘n paar aanvullings is wat dit darem baie makliker maak!
So hoe maak mens?
Eetgewoontes –
Doen eerder die volgende om jou eetgewoontes te verbeter:
- Verminder jou inname van verfynde koolhidrate (Witbrood, wit rys, pasta, ens.) en suikers (Tafelsuiker, lekkers, koekies, ens.).
- Eet meer proteïene (1/3 van elke ete moet proteïene wees)
- Eet genoeg heerlike vars vrugte, groente en slaaie. Dit hoef nie vervelig of smaakloos te wees nie – die internet is propvol lekker en gesonde resepte.
- Leer om “NEE!” te sê vir verwerkte en diep-gebraaide kosse, soos wegneem etes en kits-kosse.
- PORSIE BEHEER – selfs gesonde kos bevat kalorieë wat kan vinnig optel as jy nie by jou porsie hou nie.
Hierdie is ‘n paar eenvoudige wenke, maar as jy ‘n bietjie meer leiding wil hê, kry die GRATIS Manna Dieet vir ‘n volledige gids.
Oefen Roetine –
Dit beteken nie dat jy ‘n “gym junkie” moet word nie. Dit beteken net dat jy letterlik enige iets moet doen om meer aktief te word.
Oefening het eindelose voordele vir die gesondheid, maar die een waarin jy natuurlik belangstel, is gewigsverlies.
So, om te oefen met die doel om gewig te verloor, moet jy seker maak dat jy minstens 4 keer per week aktief is. Maar as jy dit meer dikwels kan doen, is dit nog soveel beter.
Hier is ‘n paar idees vir oefening waarvoor jy nie die gimnasium benodig nie:
- Stap op fietsry
- Begin draf – dit benodig net ‘n kortbroek en ‘n paar drafskoene.
- Klim ‘n berg uit oor die naweke
- Maak bietjie tuin – jy sal verbaas wees oor hoeveel kalorieë jy kan verbrand.
- Gebruik huishoudelike items vir gewig-oefening (Waterbottels, plaveisel stene, bou stene – raak kreatief!)
- Gaan dans
- Spring tou
Al wat die maniere waarop jy kan oefen beperk is jou verbeelding
Manna Blood Sugar Support –
Dit is seker die heel maklikste lewenstyl verandering om toe te pas. En dit werk soos ‘n bom!
Gebruik 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete om jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou.
Hoekom moet ek my bloedsuiker vlakke stabiel hou om gewig te verloor?
Wanneer jou bloedsuiker vlakke stabiel bly na ‘n ete dan voel jy vir langer versadig. Dit help ook dat jou bloedsuiker nie op en af gaan soos ‘n wipplank nie.
Dit beteken dat jou liggaam jou nie nounou gaan vra vir ietsie om te eet om jou energie vlakke ‘n hupstoot te gee nie – want dit maak dat jy eet al is jy nie honger nie. En dit is onnodige kalorieë!
Dit is noodsaaklik om jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou as jy wil teen ‘n gesonde en veilige pas gewig verloor.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Wanneer jy dit saam met ‘n maaltyd neem meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat jy eet om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel. Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygelaat word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.
Wat is die risiko’s en newe-effekte van Manna Blood Sugar Support?
GEEN! Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Prosopis (Mesquite) boom, en bevat geen slegte bymiddels nie. Dit beteken dat dit heeltemal natuurlik is, en dat dit gemaak word van organiese bestanddele.
Daarom het dit geen negatiewe uitwerking of newe-effekte op ‘n mens nie.
Wat kry ek daaruit? – Die voordele van Manna Blood Sugar Support
Sodra Manna Blood Sugar Support jou bloedsuiker vlakke stabiliseer:
- Neem dit kos drange (Cravings) weg, omdat jou liggaam nie meer voel asof dit nog suiker benodig vir energie nie.
- Laat dit jou toe om jou gunsteling sjokolade of soetgoed te geniet elke nou en dan, solank as wat jy ‘n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit neem sodat dit nie jou bloedsuiker te veel verhoog nie.
- Help dit jou om daai ekstra paar kilogram af te skud wat jy nooit kon nie.
- Dit voorkom dat jy ‘n skielike sugarcrash kry, wat daardie moeë gevoel is wat jy kry so uur nadat jy ‘n maaltyd of ‘n peusel happie met baie suiker in geëet het.
“Ek kan regtig voel dat die pille my help, ek het nie daardie gevoel dat ek gedurig wil eet nie. Ek kan al klaar sien dat ek begin gewig verloor. Baie dankie.” – Onbekend
“Ek is baie gelukkig met die produk en indien ek wel vergeet om dit te neem laat my liggaam my gou besef iets kort nou. Help baie met my water retensie.” – Joey
“Ek gebruik nou die produk so vir amper 2 weke. Voel baie goed, en het nie meer daai “cravings” nie.” – Onbekend
“Ek gebruik die pille nou vir 2 weke en ek het regtig nie meer “cravings” nie. Voel baie goed!” – Juarita