Die bekende sêding lei: “Somerlywe word in die winter gemaak”
Dit is egter die waarheid. Ons kan nie eers aan daardie bikini lyf begin werk as dit reeds somer is nie – dan is dit eenvoudig te laat.
Dit is ook ‘n geldige stelling omdat meeste van ons in die wintermaande gewig optel. Dit is dus belangrik om te fokus op winter gewigsverlies. Al kan ons net ons gewig behou in plaas daarvan om ekstra kilogramme aan te sit.
Wat maak winter gewigsverlies anders?
Winter gewigsverlies behels ander kosse as om gewig in die warmer maande van somer te verloor. Nie net omdat sekere kosse moeiliker verkrygbaar in die winter is nie, maar ook omdat die liggaam anders reageer op verskillende kosse – afhangende van die weer.
So wat moet ek doen vir winter gewigsverlies?
Was jy al ooit in die winter lus vir ‘n koue glas vars vrugtesap of ‘n yskoue sny waatlemoen? Nie so gedink nie…
In die winter is ons gewoonlik lus vir kosse wat ons liggaam warm maak. Sop en gekookte, warm disse is waarvoor ons lus is.
Wel, die goeie nuus is dat hierdie kosse net so effektief aangewend kan word soos ‘n vrugtesap ontgifting in die somer. Deur die regte kosse in die wintermaande te eet kan jou liggaam reinig, energievlakke ‘n hupstoot gee en uiteindelik tot gewigsverlies lei.
Hier is hoe dit gedoen word:
Hier is ‘n paar wenke om te help met winter gewigsverlies:
Eet vir hitte.
Jy hoef nie vrugte en slaaie te eet as jou liggaam klaar koudkry nie.
Gaan vir seisoenale, plaaslike kosse wat dieselfde uitwerking het. Eet meer kosse soos groentes met digte wortels, wintergroente en kwaliteit dierprodukte.
Kruie en speserye kan ook help om jou disse warmer te maak.
Neem die Manna Blood Sugar Support aanvulling saam met elke ete, want dit help om kos- en suikerdrange te onderdruk.
Vette om maer te maak.
Gesonde vette is meer as net lekker winter trooskos. Hierdie vette kan jou liggaam help om belangrike voedingstowwe meer effektief te absorbeer uit die kosse wat jy eet.
Hulle is goed daarvoor om vitamiene A, D en E te absorbeer. Gesonde vette speel ook ‘n sleutelrol in die versekering van ‘n gesonde senuweestelsel. Dit beteken dat, buiten vir gewigsverlies voordele, gesonde vette jou in ‘n beter bui sit.
Maak seker die vette wat jy eet is:
- Mono-onversadigde vette
- Poli-onversadigde vette
- En die regte versadigde vette
Bly weg van gehidrogeneerde en transvette wat in verwerkte kosse voorkom.
Goeie bronne van hierdie gesonde vette is:
- Olywe en olyfolie
- Amandels
- Avokados
- Salm
- Okkerneute
- Ansjovis
- Vlassade en hennep sade
- Botter afkomstig van gras-gevoerde beeste en organiese, gesuiwerde botter
- Onverfynde klapperolie
Soetigheid wat verslankend is.
Dit is deel van ons natuur om soms lus te wees vir soetigheid. Maar pasop vir suiker en koolhidrate, want dit kan jou in ‘n oogwink gewig laat aansit.
Gaan vir die gesonde opsies soos soet groente met baie voedingswaarde soos geroosterde beet, patat en ‘n verskeideneid winterpampoene en skorsies.
Hierdie kosse help om jou drange na soetgoed te bevredig terwyl dit ook ekstra energie verskaf.
Of kies die nuwe Manna Low GI Shake wat soet is, maar ook neutraal. Dit kan suiker- en kosdrange keer, eetlus onderdruk en jou daaglikse kalorie-inname verminder.
Slaap genoeg.
Wanneer dit koud word buite, raak ons metabolisme stadiger. Dit maak dat ons meer wil slaap – wat nie noodwendig ‘n slegte ding is nie. Die dae raak korter en die nagte raak langer, so daar is geen verskoning vir ‘n paar ekstra ure se slaap nie.
Gaan kruip saans vroeër in sodat jy vroeg kan opstaan en die meeste uit die beskikbare sonskyn kan kry. Om vroeg op te staan en genoeg sonlig te kry, het ‘n positiewe uitwerking op jou slaapsiklus en metabolisme.
Deur meer slaap voor middernag te kry – veral in die winter – sal jou gemoed meer stabiel bly. Dit sal ook middernag peuselhappies stopsit en die kwaliteit van jou slaap verbeter.
Oefen gereeld.
Om vroeg op ‘n koue wintersoggend te moet uitgaan om te gaan gym kan jou hele dag bederf nog voordat dit begin het. Dit is baie makliker om oefening in die gerief van jou eie huis te doen. En dit hoef net ‘n halfuur te neem!
Dit is beter om vir kort tydjies intensiewe oefening te doen. Breek die roetine op in stelle van 4 x 1 minute van enige onderstaande oefening…
Spring Tou
Dit is baie meer as net ‘n prettige aktiwiteit vir kinders. Dit kan jou binne minute laat sweet. Kyk net uit vir laag-hangende ligte of kandelare.
Klim Trappe
Jy het nie eers trappe hiervoor nodig nie. Kry vir jou ‘n oefenbankie of sommer net ‘n lekker dik boek. Jy kan verskillende maniere van trappe klim daarop probeer, en dit terwyl jy op een plek bly.
Jy kan dit selfs doen terwyl jy televisie kyk.
Dit neem dalk langer om te begin sweet as touspring, maar dit is ‘n wonderlike, bestendige manier van oefening en om jou liggaam aan die beweeg te kry.
Plank
As jy dink ‘n minuut is kort, het jy nog nooit ‘n plank gedoen nie! Dit is heel moontlik een van die mees uitdagende oefeninge, maar ook een van die voordeligste. Dit is een van die beste maniere om jou kernspiere op te bou en jou abdominale krag te verhoog.
Om egter die plank te bemeester moet jy eers klein begin en jou opwerk. Begin met net 30 sekondes, en voeg elke dag 5 sekondes by.
Hoe om te plank:
- Posisioneer jouself asof jy ‘n opstoot gaan doen.
- In plaas daarvan om jou arms te buig en af te sak, hou die posisie met jou arms reguit.
- Maak seker jy maak nie jou rug krom nie.
- As jy nie voel hoe jou abdominale spiere brand nie, doen jy dit verkeerd.
Dans
Of dit nou Zumba of Latynse danse is – dit is een van die mees opwindende maniere van oefening. Jy kan dit met jou maat doen, op jou eie of saam met ‘n oefenmaat. Draai die musiek harder en begin beweeg!
En die belangrikste – dans asof niemand kyk nie!
“Lunges”
Maak dit deel van jou daaglikse roetine. Wanneer jy in die gang afstap of van een vertrek na ‘n ander beweeg, doen “lunges” eerder as om net te loop.
As dit te maklik raak, hou gewigte in jou hande om die “lunges” meer van ‘n uitdaging te maak.
Waterbottel Gewigte
Jy hoef nie ‘n tuisgimnasium of handgewigte hê nie. Begin deur waterbottels as gewiggies te gebruik om weerstandsoefenings te doen en jou armspiere te bou.
Jy kan maklik die gewig van jou “handgewigte” beheer deur die grootte van die bottel of die hoeveeleid water daarin te verander.
Jy kan ook groot melkbottels as kegelballe gebruik om ander gewigsoefeninge te doen.
Lig die Knieë
Om op een plek te hardloop is wonderlik – maar hoë knieë is nog beter. Lig jou knieë so hoog moontlik en versnel die pas om jou hartklop te verhoog en die sweet te laat tap.
Jy kan dit doen terwyl jy op een plek staan of op en af in die gang beweeg.
Ster-spronge
Onthou jy jou kinderdae? Ster-spronge is ‘n fantastiese manier om kardio te doen, en om jou hele liggaam op een slag te laat beweeg. Jy kan dit doen terwyl jy televisie kyk, of terwyl jy vir die mikrogolf wag.
Daag jouself uit om ‘n paar ster-spronge te doen waar en wanneer jy kans kry.
Neem Manna Blood Sugar Support
Hoe beheer mens bloedsuiker om gewig te verloor?
Jy kan jou bloedsuiker op ‘n natuurlike manier balanseer deur eenvoudige leefstyl veranderinge te maak, soos volg:
- Sny koolhidrate en verborge suiker so ver moontlik uit. Eenvoudige koolhidrate sluit verskeie vorme van suiker in (kyk vir woorde wat op “ose” eindig), soos sukrose (tafelsuiker), fruktose (vrugtesuiker), laktose (suiwel suiker), en glukose (bloedsuiker).
- Pasop vir verborge suiker wat skuil in verwerkte kosse, drankies, vet-vrye kosse, en sappe.
- Moenie jouself probeer uithonger net om kalorieë te vrebrand nie. Dit veroorsaak die produksie van streshormone soos kortisol wat gewigsverlies voorkom, en die gevolglike lae bloedsuiker veroorsaak dat jou liggaam spiere verbrand en jou metabolisme verlaag.
- Oefen minstens 4 keer per week, vir 30-45 minute op ‘n slag. Hoë-tempo oefening is fantasties om die bloedsuiker onder beheer te hou, en natuurlik vet te verbrand.
- Neem Manna Blood Sugar Support met elke ete om te sorg dat jou bloedsuiker vlakke nie die hoogte in opskiet nie.
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.
Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.
Stop die kosdrange met Manna Blood Sugar Support
- Help om bloedsuiker vlakke terug te kry na normaal.
- Dit help om die opname van glukose in die bloedstroom te vertraag.
- Help om die liggaam se behoefte vir insulien te verlaag.
- Help met volhoubare hoë energievlakke.