Daar is baie kosse wat gesien word as “gesond”, maar eintlik glad nie is nie.
Hierdie sogenaamde “gesonde” kosse bevat dikwels versteekte suiker, of is net nie so gelaai met goeie voeding soos wat hulle belowe nie.
Daar is verskeie redes hoekom ons sekere sogenaamde “gesonde” kosse as gesond beskou. Dit kan wees weens bemarking wat nie so eerlik is soos dit moet wees nie, of bestanddele wat dikwels uitgelaat word op die etiket van ‘n produk.
Maar wat ookal die geval mag wees, is dit die moeite werd om hierdie artikel te lees om meer ingeligde besluite te maak oor die kos wat ons koop.
Kom ons kyk na die top 10 sogenaamde “gesonde” kosse wat eintlik nie so gesond is nie…
Graan Ontbytpap
Baie van die vitamiene en minerale word vernietig wanneer hierdie soorte pap geproduseer word.
Om op te maak daarvoor, word die pap versterk deur sekere voedingstowwe weer by te voeg. Maar selfs hierdie versterkte ontbytgraan is nie sulke goeie voeding soos behoorlike, vars, gesonde kos nie.
En boonop dit is hierdie tipe pap dikwels gelaai met suiker om die smaak te verbeter.
Afgeroomde of Lae-Vet Melk
Hierdie tipes melk mag dalk minder kalorieë bevat as volroom melk, maar volroom melk het meer versadigde en mono-onversadigde vette wat baie voordele het vir die liggaam en gesondheid.
Hierdie voordele sluit in: Om te help dat jy meer versadig voel, verbeter die metabolisme, en die bevorder die gesondheid van die liggaam se samestelling.
Sonder die vet het afgeroomde- en lae-vet melk ook minder vitamiene soos A, D, E en K wat oplosbaar is in vet, wanneer dit vergelyk word met volmelk.
Proteïenstawe
Meeste proteïenstawe is nie veel verskillend van lekkergoed nie. Hulle word gevul met suiker, transvette, en kunsmatige versoeters.
Terwyl die proteïen inhoud ‘n goeie ding is, is die negatiewe uitwerking wat die slegte bestanddele het groter as die voordeel van die proteïne.
Dit beteken nie dat alle proteïenstawe sleg is nie, jy moet net seker maak om die etiket mooi deur te lees.
Sportdrankies
Hierdie word gewoonlik beskou as gesond omdat dit gemaak word vir die sportmark.
Maar hierdie is eintlik baie ver van die waarheid. Terwyl dit wel goeie eienskappe ook het soos minerale en elektroliete, is dit gewoonlik so gelaai met suiker en bevat gewoonlik meer kalorieë as gaskoeldrank.
Volgraan Brood
Nie alle brood wat “volgraan” sê op die sakkie is so eerlik nie. Meeste van hierdie brode bevat dalk volgraan OOK, maar dit is merendeels verfynde wit meel.
Alhoewel dit bietjie duurder is, en dalk nie so lank vars bly soos die brood op meeste winkel rakke nie, is dit beter om regte vars-gebakte volgraan brood te koop.
Kos Met “Slegs-Eier-Wit”
Eiergeel is baie gesond. Baie mense sê dit is nie, omdat dit cholesterol bevat.
Die waarheid is dat, as deel van ‘n gesonde dieet, heel eiers meer goed as sleg aanrig.
Om terug te kom na die cholesterol: Jou lewer produseer meer cholesterol per dag (Omtrent 1 – 2 gram) as wat jy inneem deur jou dieet. Verder hou cholesterol wat ingeneem word deur kos, en cholesterol in die bloed nie eintlik verband met mekaar nie.
Vrugte Sap
Hierdie MOET gesond wees, nè? Nee.
Vrugte is gesond… maar net as dit heel geëet word. Maar die voordele verdwyn vinnig wanneer die sap uit dit gedruk word en die vesel vernietig is.
En alhoewel die suiker in vrugte meer gesond is as verfynde suiker, is dit nog steeds nie goed om te veel daarvan in te neem nie.
Om als te kroon is die bottels vrugte sap wat ons in die winkels koop nog gelaai met ekstra suiker en preserveermiddels om dit beter te laat smaak en langer te laat hou.
Vetvrye Kosse
Soos jy seker teen hierdie tyd reeds weet is dit nie vet wat vet maak nie, maar suiker.
Wanneer lae-vet en vet-vrye kos geproduseer word moet maatskappye dikwels ekstra suiker of transvette byvoeg om die tekstuur of smaak reg te kry.
Maar hierdie dinge is ongesond, maak dat mens gewig optel, en kan gesondheidsprobleme soos diabetes veroorsaak.
Meeste Jogurt
Veral lae-vet en vet-vrye jogurt bevat ‘n klomp suiker, weereens om ekstra smaak te bring en te verbeter. Ander gebruik weer kunsmatige versoeters, wat ook veroorsaak dat jou bloedsuiker vlakke handuit ruk.
Gedroogte Vrugte
Hierdie is basies net lekkergoed met vesel. Terwyl dit wel gesonder mag wees as gewone lekkergoed bevat dit steeds hope en hope suiker en chemikalieë om die raklewe te verleng.
En omdat dit gedroog is, bevat dit gram vir gram meer kalorieë as vars vrugte.
Hoekom is hierdie sogenaamde “gesonde” kosse so sleg vir my?
Omdat meeste van hierdie kosse suiker of kunsmatige suiker bevat, veroorsaak hulle dat die bloedsuiker vlakke opskiet.
Wanneer dit gebeur stel die liggaam meer insulien vry om die bloedsuiker vlakke in balans te hou.
Wanneer daar so baie suiker en insulien in die bloedstroom is, kan dit negatiewe uitwerkings hê op die liggaam.
Sulke negatiewe uitwerkings sluit dinge in soos gewigstoename, en ook ernstige gesondheidsprobleme soos nier-probleme, hart-komplikasies, en diabetes.
Die beste manier om bloedsuiker vlakker onder beheer te hou is deur ‘n paar eenvoudige leefstyl veranderinge aan te bring. Dit sluit in:
Dieët:
Die eerste ding wat jy moet doen is om jou daaglikse kalorie inname te verlaag. Ons kan dit doen deur ons porsiegrootte effens te verminder, en dan kan ons ongesonde kosse met gesonder kosse (wat laer in kalorieë is) vervang. Volg ‘n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry.
Oefening:
‘n Dieët gaan nie baie effektief sonder oefening wees nie. Daar word aanbeveel dat jy vir ten minste 30 minute per dag, 5 dae per week moet oefen.
Oefening hoef nie vervelig of uitdagend te wees nie. Jy kan ‘n ent in die veld gaan stap of ‘n “power walk” langs die strand onderneem en op so ‘n manier jou oefening inkry. Die belangrike ding is om dit vir jouself opwindend te maak.
Slaap:
Die uitwerking van ‘n goeie nagrus word heeltemal onderskat. Selfs een nag van slegte slaap kan jou gewigsverliespogings benadeel.
Manna Blood Sugar Support:
Hierdie natuurlike produk help vir insulien weerstandigheid omdat dit help om die bloedsuiker vlakke onder beheer te hou.
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.
Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat diebloedsuiker deur die dak skiet.