Dit hoef nie moeilik te wees om gewig te verloor nie.
Gewigsverlies word dikwels oor-gekompliseer.
Vereenvoudig gewigsverlies om te onthou alles kom op die ou end neer op kalorieë ingeneem vs. kalorieë verbrand.
Maar is nie lekker om heeldag kalorieë te tel nie…
So, hoe kan iemand maak wat nie heeltyd kalorieë wil tel nie?
Die 10 grootste gewigsverlies foute wat jy maak…
Vereenvoudig gewigsverlies met hierdie 8 maklike wenke…
Ruil ‘n hoë-graan ontbyt vir een met eiers
Eet proteïene, veral eiers, vir ontbyt in die plek van brood of ontbytpap om gewig te verloor. Nie net bevat eiers minder kalorieë as brood nie, maar hulle help ook om jou langer te versadig te laat voel. Dit beteken dat jy ook minder kalorieë eet as dit by middagete en aandete kom.
Eiers is van die gesondste kos met hoë hoeveelhede proteïene. Hulle is baie veelsydig in terme van die disse wat jy met hulle kan maak. Hulle kan ook maklik in 5-10 minute voorberei word, wat eiers ideaal maak vir ontbyt!
Gebruik ‘n kleiner bord
Dit is ‘n truuk wat jou kan help om te dink dat jy meer eet. Jy mag dalk dink dis dwaas omdat jy reeds weet dat jy jouself probeer mislei, maar, wetenskaplikes en sielkundiges bestudeer dit al jare – en dit lyk asof dit werk. Selfs al weet jy dat jy jou eie brein probeer mislei.
So dit is beter om ‘n vol, kleiner bord te hê as ‘n groot, leë een.
Leer die regte maniere om gewig te verloor…
Eet meer proteïne om vet te verbrand en spiermassa te bou
Proteïen is ideaal vir gewigsverlies, aangesien dit jou vinniger versadig laat voel, en minder kalorieë bevat as koolhidrate.
Proteïen help ook om vet te verbrand en om vinniger spiermassa te bou wanneer dit met oefening saamgaan.
Die ekstra spierweefsel kan jou help om selfs meer vet te verbrand, aangesien dit “metabolies aktief” is. Dit beteken dat dit ‘n klein hoeveelheid kalorieë verbrand, selfs al is jou liggaam rustend.
Eet kosse met min suiker, maar baie vesel
Sulke tipes kos help om jou meer versadig te laat voel vir ‘n langer tydperk, en ter selfde tyd minder kalorieë in te neem. Hierdie is meestal kosse soos vars vrugte en groente, asook proteïne.
Verminder koolhidrate en suiker
Hier praat ons spesifiek oor verfynde koolhidrate en suiker wat in kosse soos gaskoeldrank, energie drankies, tjips, pasta, witbrood, witrys, ens. voor kom.
Hierdie kosse bevat gewoonlik ook baie kalorieë, en is dus glad nie goed vir gewigsverlies nie.
Leer waarom koolhidrate ons werklik vet maak…
Slaap genoeg
Slaap speel ‘n groot rol in gewigsverlies. As mens nie genoeg slaap inkry nie, dan affekteer dit die hormone wat die liggaam se funksies beheer. Dit lei dan tot allerhande probleme in die liggaam, onder andere, dat mens gewig optel.
Dit is hoekom dit so belangrik is om in ‘n goeie, gesonde slaap roetine te kom. Gaan slaap elke aand dieselfde tyd, en staan elke oggend dieselfde tyd op.
Vervang kookolie met kokosolie
Kokosolie het eienskappe wat kan help om eetlus te verminder en meer vet te verbrand. Dit gelaai met vette genaamd “Medium Chain Triglycerides (MCTs)”, wat baie goed is vir die liggaam en sy werking.
Hierdie vetsure word anders gemetaboliseer as ander vette, aangesien hulle reguit na die lewer gaan waar hulle óf vir energie gebruik word of in ketoon-liggame verander word.
Neem Manna Blood Sugar Support saam met elke ete
Dit sal jou help om jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou, wat dan ook help dat die liggaam minder vet stoor siende dat dit beter kan gebruikmaak van insulien wat vrygestel word wanneer jy eet.
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.
Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.
Stop die kosdrange met Manna Blood Sugar Support
- Help om bloedsuiker vlakke terug te kry na normaal.
- Dit help om die opname van glukose in die bloedstroom te vertraag.
- Help om die liggaam se behoefte vir insulien te verlaag.
- Gee jou volhoubare hoë energievlakke.
Wat sê die gelukkige gebruikers van Manna Blood Sugar Support?
“Ek kan regtig voel dat die pille my help, ek het nie daardie gevoel dat ek gedurig wil eet nie. Ek kan al klaar sien dat ek begin gewig verloor. Baie dankie.” – Onbekend
“Ek is baie gelukkig met die produk en indien ek wel vergeet om dit te neem laat my liggaam my gou besef iets kort nou. Help baie met my water retensie.” – Joey
“Ek gebruik nou die produk so vir amper 2 weke. Voel baie goed, en het nie meer daai “cravings” nie.” – Onbekend
“Ek gebruik die pille nou vir 2 weke en ek het regtig nie meer “cravings” nie. Voel baie goed!” – Juarita