Die Regte Resep vir Gewigsverlies

Die Regte Resep vir Gewigsverlies

Daar is talle foefie-diëte wat vinnige gewigsverlies belowe.

 

Maar hulle is nie altyd volhoubaar nie…

Nou wat is dan die regte resep vir gewigsverlies?

Baie mense hoor die woord “bloedsuiker” en dink onmiddelik aan diabetes. 

Maar bloedsuiker speel ‘n BAIE groter rol as dit… Veral as dit kom by gewigsverlies.

 

Watter rol speel bloedsuiker in die liggaam?

Glukose, beter bekend as suiker, is ons hoofbron van energie. Dit dui aan hoe honger of energiek ons voel.

Bloedsuiker word geaffekteer wanneer ons liggame enige koolhidrate afbreek – vanaf quinoa tot koek. 

Ons voel die beste en verloor gewig wanneer ons bloedsuiker gebalanseerd is – nie te hoog nie; nie te laag nie.

 

Hoe beïnvloed bloedsuiker liggaamsgewig?

Ons pankreas vervaardig ‘n hormoon wat insulien genoem word wat in die bloedstroom vrygestel word om bloedsuiker te reguleer. Die normale telling vir bloedsuiker is tussen 80 mg/ml en 120 mg/ml.

Insulien versprei die suiker deur die liggaam. Dit reguleer en behou bloedsuikervlakke binne die normale omvang.

Wanneer ons suiker – of ander koolhidraat-ryke kosse – eet, werk die pankreas oortyd om die insulien te vervaardig vir al die nuwe suiker wat verwerk moet word.

Hierdie insulienstyging sê vir jou liggaam dat oorgenoeg energie beskikbaar is, en dat dit moet ophou vet verbrand en dit eerder begin stoor.

Dit beteken dat die liggaam vet stoor in plaas van verbrand wanneer ons suiker of koolhidrate eet of drink. 

 

Hoë- en Lae Bloedsuiker

Lae bloedsuiker 

(Reaktiewe hipoglukemie) vind plaas wanneer die insulienstyging veroorsaak dat te veel suiker uit jou bloed vervoer word. Dit maak dat ons moeg, honger, lam, bewerig, lighoofdig, en angstig voel.

As gevolg hiervan is ons lus vir suiker en koolhidrate, omdat ons dink dit sal ons dadelik beter laat voel. In werklikheid begin die siklus weer van voor af. En jou liggaam stoor in die proses meer vet

Hoë bloedsuiker 

(Hiperglukemie) vind plaas wanneer die insulien nie in staat is om genoeg suiker uit jou bloed te vervoer nie.

Gewigsverlies vind tussen etes plaas wanneer ons gebalanseerde bloedsuiker en geen oortollige insulien het nie. Om dus bloedsuiker te verstaan is ‘n wonderlike manier om langtermyn, en ‘n gesonde resep vir gewigsverlies te fasiliteer. Bykomend hiertoe kan dit help om jou metabolisme hoog te hou.

 

Hoe beïnvloed kossoorte bloedsuiker?

Verskillende tipes kosse veroorsaak verskillende veranderinge in die bloedsuiker. 

  • Vet: 

Vet het minder impak op bloedsuiker as koolhidrate. Wanneer dit op sy eie ingeneem word, het vet geen uitwerking op die sirkulering van bloedsuiker nie. Wanneer dit saam met ‘n ete ingeneem word, vertraag vet die opname van jou maaltyd, wat verhoed dat daar groot stygings en dalings is. (Dit verduidelik die oplewing van hoë-vet, lae-koolhidrate diëte, soos kitose.

  • Proteïen: 

Proteïen hou bloedsuikervlakke bestendig. Wanneer dit op sy eie ingeneem word, genereer proteïen nie ‘n styging in bloedsuiker nie. Moet egter nie ‘n oormaat proteïen inneem nie, want dit kan in glukose omgeskakel word (glukoneogenese).

  • Vesel: 

Soos vet vertraag vesel die opname van voedingstowwe, veral glukose. Natuurlike suikers wat in groente en vrugte voorkom word aan ons gelewer in ‘n vesel “pakkie” om die opname van suiker te vertraag. Dit is die beste om groente en vrugte in hul natuurlike vorm te eet.

  • Groen groente: 

Deur groen of donkerkleurige groente by jou maaltye te voeg, voeg jy vitamiene en minerale by jou dieët. Nog ‘n bonus: daar is bewys dat magnesium wat in groen groentes voorkom insulien sensitiwiteit verhoog, wat goed is vir die regulering van bloedsuiker.

  • Oefening: 

Om te begin beweeg is die belangrikste, want jy kan vet vinniger verbrand deur jou hartklop te verhoog met daaglikse oefening.

 

Die regte resep vir gewigsverlies begin by jou bloedsuiker te beheer…

Jy kan jou bloedsuiker op ‘n natuurlike manier balanseer deur eenvoudige leefstyl veranderinge te maak, soos volg: 

  • Sny koolhidrate en verborge suiker so ver moontlik uit. Eenvoudige koolhidrate sluit verskeie vorme van suiker in (kyk vir woorde wat op “ose” eindig), soos sukrose (tafelsuiker), fruktose (vrugtesuiker), laktose (suiwel suiker), en glukose (bloedsuiker).
  • Pasop vir verborge suiker wat skuil in verwerkte kosse, drankies, vet-vrye kosse, en sappe.
  • Moenie jouself probeer uithonger net om kalorieë te vrebrand nie. Dit veroorsaak die produksie van streshormone soos kortisol wat gewigsverlies voorkom, en die gevolglike lae bloedsuiker veroorsaak dat jou liggaam spiere verbrand en jou metabolisme verlaag.
  • Oefen minstens 4 keer per week, vir 30-45 minute op ‘n slag. Hoë-tempo oefening is fantasties om die bloedsuiker onder beheer te hou, en natuurlik vet te verbrand. 
  • Neem Manna Blood Sugar Support met elke ete om te sorg dat jou bloedsuiker vlakke nie die hoogte in opskiet nie. 

 

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

 

Stop die kosdrange met Manna Blood Sugar Support

  • Help om bloedsuiker vlakke terug te kry na normaal.
  • Dit help om die opname van glukose in die bloedstroom te vertraag.
  • Help om die liggaam se behoefte vir insulien te verlaag.
  • Help met volhoubare hoë energievlakke.

 

Kry die Manna Blood Sugar Support by enige van hierdie winkels:

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply