Verloor Gewig Sonder die Konstante Honger

Verloor Gewig Sonder die Konstante Honger

Dit is bitter moeilik om gewig te verloor as ons konstant honger bly. 

 

Om minder te eet en minder kalorieë in te neem is altyd deel van enige gewigsverlies poging.

Die probleem is egter dat dit ons honger kan laat voel. Baie keer is dit moeilik om te bepaal of ons honger of net eenvoudig verveeld is. In beide gevalle, wanneer ons wil gewig verloor, is dit belangrik om ons hongerte te beheer.

 

Hier is 9 eenvoudige wenke om die honger te beheer en gewigsverlies so bietjie makliker te maak…

Wenk 1 –  Hoeveel eet jy? Skryf dit neer

Dit help om te identifiseer wanneer en watter tye jy honger voel. Dit kan jou ook help om te bepaal wat die sneller trek vir daardie hongertes, en wat jou lus maak om te eet, asook wat sorg dat jy meer en onnodig eet.

Wenk 2 – Moenie ontbyt oorslaan nie

Eet ‘n gesonde ontbyt, wat ‘n protein, suiwel en volgraan produk insluit. Dit sal help met die hongerpyne sodra jy wakker word. Om ‘n gesonde en gebalanseerde ontbyt te eet verhoed dat jy honger raak later in die oggend. ‘n Goeie ontbyt sal verhoed dat jy teen so tien uur se kant begin peusel en ooreet met middagete.

Wenk 3 – Eet jou groente

Maak seker dat die helfde van jou aandete en middagete uit groente bestaan. Dit hou jou versadig vir ‘n langer tyd met minder kaloriee.

Wenk 4 – Kies gesonde peusel happies

Peusel tussen maaltye is nie altyd ‘n dilemma wanneer jy gewig wil verloor nie. Bly weg van geprosseseerde kosse, suiker en verfynde peuselhappies en kies liewer gesonde opsies. ‘n Goed gebalanseerde peulhappie kan sorg vir die hongerpyne tussen etes, asook om nie soveel te eet met jou volgende maaltyd nie.

Wenk 5 – Maaltyd beplanning

Vooraf verpakte gesonde maaltye, (veral vir werk) met die korrekte porsie groottes kan van uiters belangrike hulp wees wanneer jy gewig wil verloor. Dit beteken jy hoef nie voor elke maaltyd daaraan te dink nie, en deesdae is ons verstande mos erg oorlaai.  Beplanning is absoluut die logiese en praktiese oplossing. Dit help ook om tyd te bespaar gedurende die dag. ‘n Goeie alternatief is natuurlik die Manna Shake, jy kan selfs tot twee maaltye vervang vir maklike gewigsverlies.

Wenk 6 – Hou op eet wanneer jy vol is

Heelwat van ons maak die fout om die bord kos klaar te eet, selfs al voel ons halfpad deur ons is vol. Skep kleiner porsies op, eet stadiger terwyl jy fokus op jou honger. Hierdie eenvoudige manier sal jou help om te besef wanneer jy regtig genoeg geeet het, hou dan op eet.

Wenk 7 – Vesel en Protein

Vesel en protein is kos wat jou versadig maak, en vir langer tye laat versadig voel. Vervang van jou koolhidrate met meer vesel en protein, dit verminder daardie erge hongerte in die loop van die dag.

Wenk 8 – Drink genoeg water

Maak seker dat jy genoeg water deur die dag drink om jou liggaam ge-hidreerd te hou. Heelwat kere dink ons dit is ‘n hongerte wat ons oorval, en dan is dit eintlik net ‘n groot dors. Water help ook om jou versadig te laat voel.

Wenk 9 – Gebruik Manna Blood Sugar Support

Wanneer dit kom by bloedsuiker vlakke stabiliseer vir gewigsverlies, dan is Manna Blood Sugar Support jou beste vriend.

Dit is doelgemaak vir spesifiek hierdie doel. Manna Blood Sugar Support word gemaak vanuit die peul van die Prosopis boom, en daar word geen ander snert bygevoeg nie. Dit beteken ook dat dit heeltemal natuurlik en organies is.

Wanneer jy Manna Blood Sugar Support saam met ‘n maaltyd neem, verlaag dit die GI van die kos met soveel as 43%.

Siende dat jy probeer om jou bloedsuiker te stabiliseer sodat jy kan gewig verloor, is hierdie NET die ding wat jy benodig.

Selfs al eet jy so nou en dan ‘n sny vars witbrood. Of ‘n koekie saam met jou koppie koffie. Of ‘n yskoue gaskoeldrank op ‘n warm dag. Dan is Manna Blood Sugar Support steeds daar om te sorg dat jou bloedsuiker vlakke nie heeltemal handuit ruk nie.

En om alles nog beter te maak, word Manna Blood Sugar Support hier binne in JOU EIE LAND gemaak – van begin, tot einde. Vandat ons die Prosopis peule oes daar in die Noord-Kaap, tot waar ons dit vervaardig en uitstuur na jou hier vanuit die pragtige Kaap!

Dit is een van bitter min produkte in die hele wêreld wat regtig werk om bloedsuiker vlakke so effektief te beheer.

 

Kyk net wat sê ons kliënte

“Ek kan regtig voel dat die pille my help, ek het nie daardie gevoel dat ek gedurig wil eet nie. Ek kan al klaar sien dat ek begin gewig verloor. Baie dankie.” – Onbekend

“Ek gebruik die pille nou vir 2 weke en ek het regtig nie meer “cravings” nie. Voel baie goed!” – Juarita

So as jy wil gewig verloor op die regte manier, waarvoor wag jy? Kry NOU vir jou die Manna Blood Sugar Support by enige van hierdie winkels of webblaaie:

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply