9 Wenke om Meer Kalorieë te Verbrand

9 Wenke om Meer Kalorieë te Verbrand

‘n Stadige metabolisme kry dikwels die skuld wanneer ons nie gewig verloor nie, maar wat as ons dit ‘n hupstoot kan gee en meer kalorieë verbrand?

Dit mag dalk maklik wees om te sê “Staan op en doen its daaraan”, maar om dit regtig te doen kan soms moeilik wees. Gelukkig is daar wenke om jou te help begin kalorieë verbrand.

 

Hier is 9 uitstekende wenke om te help kalorieë verbrand:

  1. Verwyder Kitskosse 

Jy is heel dag besig by die werk en jy voel nie lus om kos te maak wanneer jy by die huis kom nie, maar bly weg van kitskos!

Die gerief wat dit bied balanseer nie die negatiewe gesondheidseffekte uit nie. Jy kan deesdae gesonde, klaargemaakte etes by die meeste supermarkte kry in plaas van ongesonde vetterige kitskosse. Dit is ‘n baie beter lui-opsie.

  1. Sê nee vir Koeldranke en Vrugtesap

Dit is algemene kennis dat suikerige koeldrank sleg is vir jou, maar vrugtesap word gewoonlik gesien as gesond. Die meeste vrugtesappe bevat preserveermiddels en bygevoegde suikers om hulle langer te laat hou en smaak te  verbeter. Maar dit maak hulle net so ongesond soos koeldrank.

Moet ook nie mislei word deur die suikervrye dieetkoeldrank nie, aangesien hulle gevul is met ander chemikalieë wat gevaarlik is vir jou gesondheid. Die beste opsie is maar goeie ou water!

  1. Probeer om kalorieë te tel

Hoe gaan jy weet hoeveel kalorieë jy verbrand as jy dit nie tel nie? Daar is deesdae baie verskillende diëte, maar op die ou end kom dit neer op kalorieë wat jy inneem, teenoor kalorieë wat jy verbrand. Om kalorieë te verbrand en gewig te verloor, tel al jou kalorieë en maak seker dat jy meer brand as wat jy inneem.

  1. Gebruik Die Trappe

Dit klink dalk nie na baie oefening om die trappe in plaas van die huisbak te gebruik nie, maar jy sal stom geslaan wees oor die verskil wat dit maak!

Dit is nie slegs waar vir fisiese kalorie verbranding nie, maar dit help jou ook om die regte en gesonde ingesteldheid te behou.

  1. Stoot jou kardiovaskulêre oefening roetine op

Selfs al het jy reeds ‘n goeie kardiovaskulêre oefe program is dit ‘n goeie idee om dit NOG beter te maak. Moet dit nie langer maak nie, maak dit net meer effektief. Sorg dat jy dit meer intens maak, want ‘n korter, meer intense oefen sessie kan vir jou baie meer beteken as ‘n lang uitgerekte een waar jy moedeloos word voordat jy moeg word.

  1. Tel ‘n Paar Gewigte Op

As jy nog nie oefeninge met gewigte doen nie – begin so gou as moontlik. Dit is nie net vir ouens wat wil groot spiere bou nie, maar ook vir almal wat ernstig is oor gewig verloor.

Dit help om eerder spierweefsel as vet in die liggaam te bou, en die spierweevsel help dan weer om vet verder te verbrand. Gewig-oefening help ook dat mens se liggaam nog ‘n paar uur na jou oefensessie steeds kalorieë verbrand.

  1. Eet Kleiner Maaltye, Meer Gereeld.

‘n Fantastiese manier om te verseker dat jy nie jouself ooreet wanneer dit kom by  jou volgende maaltyd nie, is om nie te lank te wag tussen maaltye nie.

Eet kleiner, gesonde,  porsies kos so 5 tot 6 keer per dag in plaas van 3 groot porsies.

Dit sorg ook dat jou metabolisme die heeltyd aan die gang bly en dus meer effektief kan wees.

  1. Maak Klein Uitruilingtjies

In plaas daarvan om jou hele eetplan totaal en al om ver te gooi, begin met klein veranderings. Ruil wit brood uit vir volgraan, koeldrank vir water met suurlemoen in, lekkergoed vir vrugte, ens.

  1. Neem die Manna Blood Sugar Support

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

 

As jy wil gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply