Jy eet gesond en oefen gereeld, maar die skaal wys dit nie.
Wat is fout? Doen jy iets verkeerd?
Wat meer moet ‘n mens dan doen om nie gewigsverlies foute te maak nie en kilogramme af te skud?
Alhoewel hierdie pogings die meeste mense sal help om hul ideale gewig te bereik, is dit vir ander steeds nie genoeg nie.
Baie van hierdie dinge sal mens laat sê “Ek het nooit gedink DIT keer gewigsverlies nie”.
Maar gelukkig is meeste van die oplossings baie eenvoudig.
Kom ons kyk na 10 gewigsverlies foute wat maak dat die nommertjie op die skaal nie wil kleiner word nie…
Te min slaap
Jy moet ten minste sewe tot ag ure goeie kwaliteit slaap inkry. Indien nie, kan jou bloedsuiker en insulienvlakke die hoogte inskiet. Dit gaan gepaard met verhoogde vlakke van streshormone. Dit lei dan tot drange na daardie verbode happie, gedurige hongerte, en insulien weerstand.
Ek het mos geoefen, nou kan ek sekerlik lekker eet?
Om te eet wat jy ook al wil na ‘n oefensessie want “ek het dit mos verdien” is ‘n verskoning wat in die pad staan van jou poging om gewig te verloor. Beplan liewer jou etes rondom jou oefensessies. Eet ‘n gesonde maaltyd voor jy begin oefen as brandstof vir energie om te oefen, en hou ‘n gesonde versnapering reg vir na die tyd.
Naweek-kalorieë word nie getel nie
Ons almal het hierdie probleem. Ons eet so mooi deur die week, maar naweke vergeet ons heeltemal om ons kalorieë te tel. Dit is baie soos die redenasie van “ek het mos geoefen”, waar ons ons self oortuig dat ons kan eet wat ons wil oor die naweek omdat ons so mooi geëet het deur die week. Jy mag dalk nie gewig optel hiermee nie, maar jy gaan beslis ook nie gewig verloor nie.
Eet jy te veel suiker sonder dat jy dit eens weet?
Jy mag dalk die algemene bronne van suiker verban het uit jou eetplan – koek, koekies, daardie skelm “donut” en lekkers. Maar wat van kossoorte waarvan die suiker inhoud jou sal verstom? Daar is baie keer suiker in kos wat jy nie verwag het dit bevat nie. Jogurt, “smoothies” en gesondheids-versnaperings is gewoonlik vol gepak met versteekte suikers en kan veroorsaak dat jy sukkel om die kilogramme te laat wegsmelt. Selfs die kosse wat kwansuis “gesond” is bevat dikwels suiker!
Stres
Langdurige of chroniese stres veroorsaak die vrystelling van uitsonderlik hoë hoeveelhede van kortisol, wat ‘n streshormoon is. Dit kan veroorsaak dat spiermassa afgebreek word, asook die lus na soet en ongesonde kossoorte verhoog word. Dit laat ook die liggam onnodig-baie vet stoor. Hoë kortisol vlakke verlaag die noodsaaklike vlakke van maagsuur en veroorsaak spysverterings probleme.
Oefen jy te veel?
Regtig? Ja, jy mag dalk te hard en te veel oefen.
Dit gebeur wanneer jy te veel van ‘n sekere tipe oefening in jou program gebruik soos byvoorbeeld kardio. Dit is veilig en wys om te hou by ‘n rustyd tussen oefening. So kan jy korter en meer effektiewe oefensessies tot jou voordeel gebruik, en meer vet verbrand.
Eet jy genoeg vet?
Vet maak jou nie vet nie! Suiker doen.
Gesonde vette soos byvoorbeeld in avokado, vis, plaasbotter, kokoneut olie, en olyfolie – om net ‘n paar te noem – is van vele nut vir jou liggaam en jou liggaamsfunksies en kan jou help om gewig te verloor.
Het jy genoeg Vitamien D?
Vitamien D is ‘n pro-hormoon wat van groot waarde is vir jou liggaamsfunksies, en daarsonder kan jy nie vet verbrand nie. Eet genoeg Vitamien D verrykte kosse, soos byvoorbeeld salm, sardiens, en koeimelk
Eet jy te laat in die aand?
Indien jy te laat eet word jou kos gestoor sonder dat dit gebruik word vir energie, dit sit dus om in vet. Mens kan net soveel kilometers in jou slaap hardloop maar ongelukkig het dit geen effek op die skaal se naald nie. Maak seker dat jy ten minste drie ure voor jy gaan slaap jou laaste ete geniet.
Die klimtol (yo yo) dieet
Probeer jy elke nuwe dieet op die mark net om vinnig ‘n paar kilogram te verloor? Op die lang duur bly hierdie kilogramme nie weg nie maar kom terug om te bly en selfs te vermeerder. ‘n Gesonde en volhoubare leefstyl is al manier om suksesvol gewig te verloor.
Hoe kan ek dan gewig verloor?
Wel, die eerste stap is om hierdie 10 gewigsverlies foute nie te maak nie.
Dit alles, saam met jou gesonde manier van eet en die rege hoeveelheid oefening, kan jou op die regte spoor sit.
Maar daar is nog iets wat BAIE help…
Dit is die Manna Blood Sugar Support.
Neem net Manna Blood Sugar Support saam met elke ete, en dit sal help om meeste van hierdie veranderinge nog meer effektief te maak.
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.
Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Volg ‘n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry.
Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.
Kyk bietjie wat sê die verbruikers…
“Ek kan regtig voel dat die pille my help, ek het nie daardie gevoel dat ek gedurig wil eet nie. Ek kan al klaar sien dat ek begin gewig verloor. Baie dankie.” – Onbekend
“Ek is baie gelukkig met die produk en indien ek wel vergeet om dit te neem laat my liggaam my gou besef iets kort nou. Help baie met my water retensie.” – Joey
Ek gebruik nou die produk so vir amper 2 weke. Voel baie goed, en het nie meer daai “cravings” nie.” – Onbekend
“Ek gebruik die pille nou vir 2 weke en ek het regtig nie meer “cravings” nie. Voel baie goed!” – Juarita