6 Ekstra Motiverings Om Gewig te Verloor

6 Ekstra Motiverings Om Gewig te Verloor

Om gewig te verloor het BAIE meer voordele as om net mooi te lyk en gesond te wees…

Deur slegs net ‘n paar kilogramme ekstra om die middellyf rond te dra word die kans van gesondheidsprobleme dadelik drasties verhoog. Gelukkig is daar motiverings om gewig te verloor om daardie gesondheidsprobleme te wil vermy.

 

Hier is 6 motiverings om gewig te verloor:

  1. Beter Slaap

Deur slegs 5% van jou liggaamsgewig te verloor kan jy beter, dieper slaap verwag. Dit help ook dat jy minder gereeld wakker word gedurende die nag, en ook dat jy meer uitgerus voel wanneer jy ontwaak.

  1. ‘n Gesonde brein

Wanneer mens oorgewig is kan dit die bloed-brein-skans beskadig. Dit kan dan veroorsaak dat daar stowwe vanaf die vetselle na die brein vloei, soos wat ook kan gebeur met die hart en ander organe.

Dus is dit belangrik om jou gewig dop te hou sodat daar nie skade aan jou brein gerig word nie, en dit help ook om jou brein ‘n goeie hupstoot te gee!

  1. ‘n Sagter, gesonder vel

Vel probleme soos psoriase en plooie klaar dikwels op sodra mens begin vet te verbrand en gewig te verloor.

  1. Jy spaar geld

Jy sal sekerlik nie kla as jy ‘n paar rand kan spaar nie!

Tussen  doktersrekeninge en kosrekeninge kan jy baie geld bespaar sodra jy jou doelgewig bereik het.

Dit beteken daar is meer geld vir vakansies langs die see met jou nuwe somers-lyf!

  1. Verlig en voorkom gewrigspyn

As jy reeds gewrigspyn het, help dit om ‘n paar kilo’s af te skud omdat dit druk afhaal van die gewrigte af en help dat hulle vinniger kan herstel.

As jy nie gewrigspyn het nie, is dit net so goed om ‘n gesonde liggaamsgewig te handhaaf, want dit verlaag die risiko van gewrigspyn geweldig.

  1. ‘n Warmer Sekslewe

Deur so min as 5 tot 10 persent van jou liggaamsgewig af te skud, kan in erektiele funksie en libido drasties verbeter.

‘n Groot deel van die rede is omdat daar minder spanning op die hart en bloedvate is.

Ego en selfbeeld kan ook ‘n rol speel. As jy goed voel oor jouself, dan kan jy ook jou optrede uitvoer met selfvertroue – sonder om oor jou gewig te bekommer!

 

Hoe kan ek gewig verloor en die voordele sien?

Eet gesond. Bly aktief. Neem die regte aanvullings. Kry genoeg rus. Met die regte kombinasie kan jy vet verbrand en vinnig die kilo’s afskud.

Dieët:

Die eerste ding wat jy moet doen is om jou daaglikse kalorie inname te verlaag. Ons kan dit doen deur ons porsiegrootte effens te verminder, en dan kan ons ongesonde kosse met gesonder kosse (wat laer in kalorieë is) vervang. Volg ‘n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry. 

Oefening:

‘n Dieët gaan nie baie effektief sonder oefening wees nie. Daar word aanbeveel dat jy vir ten minste 30 minute per dag, 5 dae per week moet oefen.

Oefening hoef nie vervelig of uitdagend te wees nie. Jy kan ‘n ent in die veld gaan stap of ‘n “power walk” langs die strand onderneem en op so ‘n manier jou oefening inkry. Die belangrike ding is om dit vir jouself opwindend te maak.

Slaap:

Die uitwerking van ‘n goeie nagrus word heeltemal onderskat. Selfs een nag van slegte slaap kan jou gewigsverliespogings benadeel.

Manna Blood Sugar Support:

Een van die grootste dinge wat mense miskyk wanneer hulle gewig wil verloor is om bloedsuiker vlakke stabiel te hou. Wanneer bloedsuiker vlakke nie onder beheer is nie, is dit bitter moeilik om gewig te verloor. 

Dit is waar die Manna Blood Sugar Support inkom en jou help…

 

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

 

As jy jou bloedsuikervlakke wil balanseer en gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply