“Ongesonde” Kosse Wat Eintlik Help Met Gewigsverlies

“Ongesonde” Kosse Wat Eintlik Help Met Gewigsverlies

Daar is sekere kosse wat gereken word as “ongesond”, maar wat eintlik kan help om gewig af te skud.

 

Maar waar kom hierdie persepsie vandaan? En hoe kan hierdie kosse help?

Kosverleiding is orals! Hulle loer van agter glasvensters wanneer ons gewig wil verloor. Maar baie van hierdie kos, wat ‘n groot NEE gekry het, is NIE tot ons nadeel nie! Die goeie nuus is dat daar van daardie kosse wat help met gewigsverlies is. 

 

Hier is van daardie kosse wat help met gewigsverlies en kan ons laat gewig verloor en dit AF HOU!

Eiers

Wanneer dit kom by gesond eet is daar min kosse wat so ‘n goeie debat kan begin soos eiers! Studies het onlangs bewys dat een eier ‘n dag veilig en vol voedingswaarde is vir die meeste volwassenes. En indien jy ‘n eier vir ontbyt eet kan dit help om jou gewig af te skud. Deur proteïen in die oggend te eet hou jy jou maag vol en jy sal minder gedurende die dag eet!

Biefstuk

Vir jare vertel gesondheidsguru’s ons om minder rooi vleis te eet. Maar biefstuk is nie altyd sleg vir jou middelmates nie! Maer biefstuk het skaars minder versadigde vette as ‘n hoender borsie sonder die vel! Net soos eiers is biefstuk gelaai met proteïen en hou jou langer versadig. Deur genoeg proteïen met minder vet in te neem soos byvoorbeeld, “tenderloin”, sirloin of ander ekstra maer snitte te kies, en jou porsies die grootte van die palm van jou hand te hou.

Vark

Gepraat van ‘n reputasie! Die terme vark word gebruik om alle tipes “te veel van” te beskryf! Geen wonder mense wat gewig wil verloor systap ‘n stukkie vark nie. Wel, vark is in der waarheid nie meer wat dit was nie. Deesdae se vark snitte is 31% maerder as 20 jaar gelede. Hierdie feit maak hierdie wit vleis ‘n goeie bron van proteïen, met voordele gelykstaande aan maer beesvleis.

Pasta (Die regte tipe!)

Hou jy van pasta? Hoekom dit uit jou dieet sny? Eet liewer pasta gemaak van volgraan en hou jou porsies klein! Navorsing het bewys dat mense wat verskeie porsies volgraan kos per dag eet meer geneig is om gewig te laat verdwyn en ‘n gesonde gewig te behou. Rantsoeneer jou porsies! Eet liewer volgraan kosse as verwerkte graan produkte, want dit kan ook help met vet om die middel.

Neute

Neute mag wel ‘n hoë vet inhoud hê, maar dit bevat vette wat goed is vir jou. Hulle is ryk aan voedingstowwe, proteïen en vesel wat jou bloed suiker kan stabiliseer. Jy sal wel ‘n bietjie ekstra gram vet inneem deur ‘n handvol neute te eet, maar die peusel sal jou verhoed om die koekieblik oop te maak! Grondboontjiebotter is ‘n groot vriend van die wat gewig wil verloor. Matige hoeveelhede van hierdie gunsteling kan jou honger onderdruk sonder dat jy gewig optel!

Kaas

Mense wat gewig wil verloor probeer kalorieë sny deur kalsium ryke suiwel produkte te vermy, maar heelwat navorsing het bewys dat dit ‘n fout is. Een teorie is dat die liggaam meer vet verbrand wanneer dit genoeg kalsium inkry. Eet dus lae vet kaas, joghurt en melk, dit kan dalk NET tot jou gewigsverlies voordeel wees! Kalsium aanvullings het blykbaar nie dieselfde voordele nie, dus het ʼn dieet hoog aan kalsium heelwat algemene voordele.

Koffie

Soos die geval met die meeste kos en drank, is te veel nie goed nie! EN koffie  val in die “nie goed vir jou” kategorie indien jy TE VEEL daarvan inneem, of (en) suiker by gooi, of gegeurde stroop. Drink dit “skinny”! Roer lae vet melk by vir meer kalsium en Vitamine D.

 

Slegte kos – beperkte porsies!

Omtrent enige “nie goed vir jou” kos kan wel deel uitmaak van jou eetplan, MITS jy hou by KLEIN PORSIES! Dieetkundiges stel voor dat jy juis NIE hierdie kosse heeltemal uitsny nie, maar dit in klein hoeveelhede inneem. Deur jouself van jou gunstelinge te ontneem kan ook kos hunkerings veroorsaak en dit stuur af op ‘n ramp! ‘n Beter strategie is om beperkings op jou inname te sit, byvoorbeeld een blokkie sjokolade per dag, MAAR HOU BY JOU BESLUIT!

 

Wat is die beste manier om gewig te verloor?

Om suksesvol gewig te verloor is dit baie belangrik om bloedsuiker vlakke te balanseer, en kalorieë dop te hou. 

Die “Manna Weight Loss” program in die GRATIS Manna Dieet e-boek het alreeds ‘n hele paar duisend mense gehelp om gewig op ‘n gesonde manier te verloor.

Die beste manier om bloedsuiker vlakker onder beheer te hou is deur ‘n paar eenvoudige leefstyl veranderinge aan te bring. Dit sluit in: 

  • Oefening– 

Oefen vir ten minste 30 minute per dag, vyf dae ‘n week.

  • Gewig– 

Bereik en behou ‘n gesonde gewig.

  • Dieët – 

‘n Gesonde, gebalanseerde en kalorie-beperkte dieët word aanbeveel.

  • Manna Blood Sugar Support – 

Hierdie natuurlike produk help vir insulien weerstandigheid omdat dit help om die bloedsuiker vlakke onder beheer te hou. 

 

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

 

As jy wil gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:

Print Friendly, PDF & Email

More articles

2 Comments

Leave a Reply