Die Regte Koolhidrate Vir ‘n Gesonde Leefstyl

Die Regte Koolhidrate Vir ‘n Gesonde Leefstyl

Koolhidrate is een van die mees bespreekte onderwerpe as dit kom by gesond lewe.

 

Elke tweede persoon praat daaroor en wonder of ons dit moet eet of nie…

Wel, die slotsom is dat ons wel koolhidrate kan eet, MAAR ons moet seker maak dat dit die regte koolhidrate is.

Ons het koolhidrate nodig, omdat dit energie aan ons liggaam verskaf. Maar om die regte koolhidrate te eet, moet ons weet wat die verskil tussen hulle is, en hoe om dit tot ons voordeel te gebruik.

 

Wat is die verskil tussen Eenvoudige Koolhidrate en Komplekse Koolhidrate?

  • Eenvoudige koolhidrate breek baie maklik af tot suiker, wat beteken dat dit jou dadelik hoë vlakke van energie gee. Ongelukkig kan dit ook veroorsaak dat jou suiker en energievlakke net so vinnig val. Bly weg van hierdie koolhidrate!
  • Komplekse koolhidrate neem langer om af te breek, wat beteken dat dit jou volhoubare energie oor ‘n langer tydperk gee, sonder die slegte val aan die einde. Hierdie is die regte koolhidrate wat jy moet eet!

 

Hoe kies ek die “regte” koolhidrate?

Hier is 12 handige wenke oor hoe om seker te maak jy hou by komplekse koolhidrate en bly weg van eenvoudige koolhidrate…

  1. Lees die Etiket

Die voedingsetiket is jou vriend. Dit kan jou help om enige suiker of eenvoudige koolhidrate raak te sien, wat in der waarheid dinge soos die volgende is:

      • Sukrose
      • Fruktose
      • Dekstrose
      • Maltose

Hoe hoër hierdie op die lys van bestanddele verskyn, hoe meer bygevoegde suiker bevat die kos.

  1. Vermy ALLE eenvoudige koolhidrate?

Hoewel die antwoord “ja” moet wees, is dit nie so eenvoudig nie. Hoewel meeste verwerkte kosse wat ongesonde, verfynde koolhidrate bevat relatief maklik is om uit te ken en uit jou dieët te skakel, bevat sommige gesonde kosse ook vorme van verfynde suiker. ‘n Voorbeeld hiervan is laktose, wat melksuiker is en wat in suiwel voorkom.

  1. Kies Heel-Graan Brood

Wit brood en sekere bruin brode is vol verfynde koolhidrate. Hoewel baie brode kwansuis baie vesel bevat en gesond is vir jou, moet jy eerder heelgraan brode koop wat gemaak is van gars, hawer, heelgraan en rog.

  1. Die Waarheid Oor Vrugte

Ja, vrugte bevat wel eenvoudige koolhidrate. Maar hulle bevat so baie dieëtvesel dat dit opmaak daarvoor. Die vesel help die liggaam om die suiker stadiger te verwerk, so dit veroorsaak nie sulke groot stygings in suiker nie. Jy moet egter nie te veel vrugte eet nie en bly ook weg van vrugtesappe, omdat dit gewoonlik nie genoeg vesel bevat om die effek van suiker uit te kanselleer nie.

  1. Moenie Vergeet om te Let op Wat Jy Drink nie

Ons kyk meestal na wat ons eet en vergeet van die koolhidrate en suiker in die drankies wat ons inneem en dit kan vinnig optel en meer word, omdat hulle propvol verfynde suiker en leë kalorieë kan wees.

Alkoholiese drankies is ook gewoonlik hoog in suiker, omdat alkohol in werklikheid ‘n vorm van suiker is. Wanneer jy dus uitgaan vir drankies, hou matigheid voor oë.

  1. Herfs Kosse

Sekere kosse word geassosieër met herfs, soos patats, pampoen en skorsies, en hulle is wonderlike bronne van komplekse koolhidrate.

  1. Pasop vir Versoeters

Hoewel jy slegs ‘n paar teelepels versoeter by jou koffie of tee voeg, of net ‘n klein lagie suiker oor jou pap strooi vir ontbyt, kan dit vinnig optel en meer word. Bruinsuiker, esdoringstroop, melasse, heuning en selfs dinge soos agave nektar is alles bronne van eenvoudige koolhidrate.

  1. Voeg Boontjies by

Nier, wit, swart, garbanzo en pinto bone is almal bronne van vesel en komplekse koolhidrate. Ander goeie bronne van hierdie is lensies en split-erte.

  1. Springmielies: ‘n Gesonde Bederfie?

Baie mense neem aan dat springmielies ongesond is, maar die waarheid is dat dit ‘n heel graan is en dus ‘n goeie, komplekse koolhidraat. Maak egter seker dit word nie in olie gaargemaak nie, en dat daar nie bygevoegde sout en vette is soos die springmielies wat ‘n mens by die flieks koop nie.

  1. Eksotiese Grane

Wie het gesê gesonde kos is vervelig? Probeer ‘n paar interessante grane soos quinoa, giers bulgur en korog.

  1. Die Regte Rys

Nie alles rys is ongesond nie; inteendeel, bruin rys word geklassifiseer as ‘n heel graan en is gepak met vesel. Wit rys, aan die ander kant, kan baie ongesond wees, omdat dit ‘n verfynde koolhidraat is.

  1. Stel die Koolhidrate Stadig Vry met Manna Blood Sugar Support

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

 

As jy wil gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply