7 Wenke Om Gewigstoename Weg te Hou

7 Wenke Om Gewigstoename Weg te Hou

Hoekom kom die gewig wat ons verloor altyd weer terug na ‘n dieet?

 

Daar is talle kits diëte daar buite wat help om vinnig ‘n paar kilogram af te skud. Maar die probleem is gewigstoename en om seker te maak dat die verlore gewig nie weer terugkom nie …

Daar is geen twyfel dat baie van hierdie diëte heel goed werk nie, maar die meeste van hulle is nie volhoubaar oor die langtermyn nie.

Hulle werk fantasties om ‘n hele paar kilo’s af te skud binne ‘n paar weke, maar hoe maak mens seker dat die gewig wat mens verloor verlore bly?

Die eenvoudige antwoord: ‘n Volhoubare, gesonde leefstyl.

Om ‘n volhoubare gesonde lewenstyl ‘n realiteit te maak, moet ‘n paar veranderinge aangebring word en ou gewoontes moet vervang word met nuwes.

Dit kan oorweldigend wees en die moeilikste deel is gewoonlik om net aan die gang te kom.

 

So hier is 7 eenvoudige wenke om gewigstoename weg te hou en jou op die regte spoor te sit…

Wenk 1: Bly weg van verwerkte kosse

Verwerkte kosse word gelaai met verfynde koolhidrate en suikers wat gewigsverlies as ook jou algemene gesondheid negatief beïnvloed.

Lees altyd eers die bestanddele op die etiket van enige produk voordat jy kos of drankies koop.

Wees baie versigtig wanneer dit kom by dieet- of suikervrye produkte Dis nie te sê hulle is gesond net omdat hulle nie suiker bevat nie. Hulle bevat dikwels chemikalieë wat net so nadelig vir jou soos suiker kan wees.

Wenk 2: Sny gluten uit jou dieet

Om gluten uit jou dieet te sny, maak dit heelwat makliker om gewig te verloor.

Dit beteken dat jy die hoeveelheid ongesonde koolhidrate wat jy eet verminder, wat dan help om bloedsuiker stygings en ander skadelike newe-effekte daarvan te vermy.

Wenk 3: Eet proteïene vir ontbyt

Om jou muffin vir ‘n bietjie spek en eiers te ruil, kan help om iets genaamd “leptien sensitiwiteit” in die liggaam se selle aan te moedig. Om dit dood eenvoudig te stel: dit help om liggaamsvet te verminder.

Wenk 4: Verlaag jou spanning

Dit klink dalk baie makliker gesê as gedaan.

 Maar wanneer ons dinge doen wat ons help om te ontspan, help dit om streshormone in die liggaam te verminder. Dit verminder dan die stoor van vet in die selle.

Jy kan doen net wat jy wil om te ontspan. Hetsy dit nou is om tyd te spandeer saam met jou familie en vriende, of deel te neem aan ‘n sport of stokperdjie wat jy geniet.

Wenk 5: Drink genoeg water

Ek hoef nie eers te verduidelik hoekom jy water moet drink nie, maar ek kan wel sê dat jy moet probeer om seker te maak dat dit gesuiwerde water is.

Kraanwater is goed genoeg as dit al is wat jy kan kry. Maar dit as beter as dit gesuiwerde water is soos die vanuit ‘n suiweringstelsel by die huis of kantoor, of die wat jy in bottels koop by die winkel.

Die rede daarvoor is dat gewone kraanwater dikwels chemikalieë bevat wat gebruik word om die water skoon te maak, maar wat dan negatief kan wees vir jou liggaam.

Wenk 6: Oefening

Jy hoef nie ure op ‘n oefenfiets by die gimnasium te spandeer nie, maar 20-30 minute daaglikse oefening word aanbeveel. Jy kan ‘n ent gaan stap op die strand, of ‘n berg gaan uitklim oor die naweek – enigiets om jou lyf te laat beweeg.

Wenk 7: Manna Blood Sugar Support

Wanneer dit kom by bloedsuiker vlakke stabiliseer vir gewigsverlies, dan is Manna Blood Sugar Support jou beste vriend.

Dit is doelgemaak vir spesifiek hierdie doel. Dit word gemaak vanuit die peul van die Prosopis boom, en daar word geen ander snert bygevoeg nie. Wat dit beteken is dat dit heeltemal natuurlik en organies is.

Wanneer jy Manna Blood Sugar Support saam met ‘n maaltyd neem, verlaag dit die GI van die kos met soveel as 43%.

Siende dat jy probeer om jou bloedsuiker te stabiliseer sodat jy kan gewig verloor, is hierdie NET die ding wat jy benodig.

Selfs al eet jy so nou en dan ‘n sny vars witbrood. Of ‘n koekie saam met jou koppie koffie. Of ‘n yskoue gaskoeldrank op ‘n warm dag. Dan is Manna Blood Sugar Support steeds daar om te sorg dat jou bloedsuiker vlakke nie heeltemal handuit ruk nie.

En om alles nog beter te maak, word Manna Blood Sugar Support hier binne in JOU EIE LAND gemaak – van begin, tot einde. Vandat ons die Prosopis peule oes daar in die Noord-Kaap, tot waar ons dit vervaardig en uitstuur na jou hier vanuit die pragtige Kaap!

Dit is een van bitter min produkte in die hele wêreld wat regtig werk om bloedsuiker vlakke so effektief te beheer.

 

So as jy wil gewig verloor op die regte manier, warvoor wag jy?

“Ek kan regtig voel dat die pille my help, ek het nie daardie gevoel dat ek gedurig wil eet nie. Ek kan al klaar sien dat ek begin gewig verloor. Baie dankie.” – Onbekend

“Ek is baie gelukkig met die produk en indien ek wel vergeet om dit te neem laat my liggaam my gou besef iets kort nou. Help baie met my water retensie.” – Joey

Ek gebruik nou die produk so vir amper 2 weke. Voel baie goed, en het nie meer daai “cravings” nie.” – Onbekend

“Ek gebruik die pille nou vir 2 weke en ek het regtig nie meer “cravings” nie. Voel baie goed!” – Juarita

Kry NOU vir jou die Manna Blood Sugar Support by enige van hierdie winkels of webblaaie:

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply