Die Simptome Van Insulienweerstandigheid

Die Simptome Van Insulienweerstandigheid

This article is also available in English

Dit lyk of insulienweerstandigheid by die dag meer algemeen word, maar wat presies is dit? 

 

Ons hoor van vriende of familie wat gediagnoseer word met insulienweerstandigheid.

Maar weet ons werklik wat dit is? En watter gevare dit inhou vir ons gesondheid? Kom ons kyk bietjie wat die simptome van insulienweerstandigheid is en wat insulienweerstandigheid is…

 

Wat is Insulienweerstandigheid?

Om dit kortliks te stel, is dit ‘n gesondheidsprobleem wat ontstaan wanneer die selle in die liggaam weerstandig raak teenoor ‘n hormoon insulien. Hierdie is ‘n groot probleem siende dat insulien verantwoordelik is daarvoor om die bloedsuiker vlakke in die liggaam gebalanseerd te hou.

Wanneer die selle dan weerstandig raak teenoor insulien veroorsaak dit konstante hoë vlakke van suiker in die bloedstroom, wat na vele ander gesondheidsprobleme kan lei.

Leer meer oor insulienweerstandigheid…

 

Wat is die simptome van insulienweerstandigheid?

Alhoewel daar geen duidelike simptome aan die begin mag wees nie, is hier ‘n paar tekens om voor uit te kyk…

      • Aanhoudende dors
      • Gereelde urinering
      • Om nie vol te voel na ‘n ete nie
      • Tinteling of ‘n dooie gevoel in die hande en voete te danke aan senuwee skade
      • Om heeltyd moeg te voel

Hier is ‘n paar vinnige feite oor insulienweerstandigheid om dit beter te verstaan…

      • Insulienweerstandigheid lei gewoonlik na die ontwikkeling van tipe-2 diabetes.
      • Insulienweerstandigheid word dikwels geassosieer met ander ernstige kwale soos vetterige lewer siekte, arteriosklerose, acanthosis nigricans, en probleme in vrouens se voortplanting funksie.
      • Nie net kan insulienweerstandigheid tot ander gesondheidsprobleme lei nie, maar dit kan ook andersom werk. Dit wil sê dat insulienweerstandigheid ook kan veroorsaak word as gevolg van ‘n ander, reeds-bestaande siekte of gesondheidsprobleem.
      • Insulienweerstandigheid mag ook dalk deel vorm van die metaboliese sindroom, wat kan lei tot a baie groter kans om hartsiekte te ontwikkel.
      • Genetika speel ‘n groot rol in die ontwikkeling van insulienweerstandigheid, maar met die regte dieet, genoeg oefening, en goeie medisyne kan dit steeds beheer word.

 

Wat Veroorsaak Insulienweerstandigheid?

Insulienweerstandigheid kan ontwikkel as gevolg van verskeie faktore, met

      • Genetika
      • Sekere medikasie
      • ‘n Groep van toestande wat bekend staan as die metaboliese sindroom
      • Vetsug
      • Swangerskap
      • Infeksie of ernstige siekte
      • Spanning
      • Onaktiwiteit en oortollige gewig
      • Steroïede gebruik

En natuurlik die mees algemene redes:

      • Slegte eet gewoontes – meestal as gevolg van te veel suiker en verfynde koolhidrate
      • Onaktiewe leefstyl 

 

Algemene Komplikasies van Insulienweerstandigheid:

Insulienweerstandigheid kan lei tot verskeie ander gesondheid komplikasies, maar die mees algemene hiervan is …

  • Acanthosis nigricans –

Dit is ‘n vel toestand waar donker kolle op die agterkant van die nek, in die oksels (onderarm), en op die lies kan verskyn. Soms kan dit die eerste merkbare simptoom van insulienweerstandigheid wees. Daar is geen behandeling spesifiek vir die donker kolle op die vel nie, maar van die oorspronklike velkleur kan weer terug gekry word deur die behandeling van die kern oorsaak, wat insulienweerstandigheid is.

  • Skade aan die Bloedvate –

Siende dat insulienweerstandigheid kan lei tot konstante hoë bloedsuiker vlakke in die liggaam, kan dit skade en agteruitgang in die bloedvate veroorsaak. Dit kan dan lei tot ‘n verhoogde risiko van hartsiektes en beroertes.

  • Tipe-2 Diabetes –

Meer dikwels as nie lei insulienweerstandigheid tot tipe- 2-diabetes, en dit is weereens as gevolg van die voortdurende hoë bloedsuikervlakke. Soos met insulienweerstandigheid, kan tipe-2 diabetes slegs ontdek word na ‘n paar maande of jare, waarna dit reeds aansienlike skade veroorsaak het aan die liggaam.

 

Hoe Word Insulienweerstandigheid Gediagnoseer?

Gewoonlik is dit genoeg om slegs die vastende bloedsuiker vlakke en insulien vlakke te meet. Dit behoort ‘n duidelike aanduiding te gee dat daar insulienweerstandigheid of diabetes teenwoordig is of nie.

Indien iemand wel nie aan insulienweerstandigheid ly nie, kan ‘n gekwalifiseerde mediese dokter toetse doen om te bepaal hoe groot die risiko is om insulienweerstandigheid te ontwikkel. Dit word gedoen deur ‘n ondersoek the doen oor die volledige geskiedenis van siektes in die familie, ‘n fisiese ondersoek uit te voer, en eenvoudige laboratoriumtoetse gebaseer op individuele risikofaktore te doen.

eBook Link

Hoe kan ek insulienweerstandigheid voorkom of beveg?

Die antwoord is: Gesonde lewens besluite. 

Die beste manier om insulienweerstandigheid te voorkom is om gesonde lewenskeuses te maak deur ‘n goeie, gesonde eetplan te volg, genoeg oefening te kry, en om seker te maak dat die bloedsuiker en cholesterol vlakke gebalanseerd is.

Al die bogenoemde is nog meer belangrik indien iemand reeds met insulienweerstandigheid gediagnoseer is, want dan is die kanse baie groot om tipe-2 diabetes te ontwikkel. Dit is belangrik om te onthou dat tipe-2 diabetes baie meer is as slegs ongebalanseerde bloedsuiker vlakke – dit stel mens oop vir baie ernstige gesondheidsprobleme soos hartsiekte, asook probleme met die niere, oë, en senustelsel.

Lees oor stappe om insulienweerstandigheid te behandel…

Eet reg en gesond–

Maak seker om ‘n groot verskeidenheid van gesonde kosse in te kry om doelwit te bereik sonder om smaak of voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis Manna Dieet e-Boek af vir al die inligting, spyskaarte, en resepte om te help om daardie gewigsverlies teiken te bereik.

Kry genoeg van die regte oefening –

Probeer om ten minste 30 tot 60 minute matige fisiese aktiwiteit minstens 4 dae ‘n week te doen. Moenie meer as twee dae laat verbygaan sonder om te oefen nie, want oefening is een van die beste maniere om bloedsuikervlakke te beheer en bloedsirkulasie te verbeter.

Ons hoef nie ure in die gimnasium deur te bring nie; ons kan bloot vinnig gaan stap, fietsry of ‘n paar lengtes swem. Indien ons nie tyd het vir ‘n lang oefensessie nie, kan ons dit in kleiner sessies deur die loop van die dag verdeel.

Ons stel voor om twee keer per week weerstandsoefening, soos gewigoptel, by die roetine insluit.

Manna Blood Sugar Support –

Maak seker die bloedsuiker vlakke is onder beheer deur slegs kos met n lae Glukemiese Indeks (GI) waarde te eet (Manna Dieët) en ook n goeie oefen program te volg.

Deur die Manna Blood Sugar Support saam met kos te neem, kan ons die GI van enige kos wat ons eet verlaag, en sodoende insulien vlakke ook verlaag, wat dan dan help om insulienweerstandigheid en diabetes te voorkom.

Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Suid-Afrikaanse Mesquite boom, en volgens gepubliseerde wetenskaplike navorsing kan die produk help om gestabiliseerde en gesonde bloedsuiker vlakke te bevorder en behou.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer ons probeer om die bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om die bloedsuikervlakke op te laat skiet.

Volg ‘n gesonde dieet soos die een in die GRATIS Manna Dieet e-boek.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat die bloedsuiker deur die dak skiet.

 

Wat die Manna Blood Sugar Support Gebruikers te sê het:

Estelle – I am a diabetic and Blood sugar support helped me to stop the “munchies”. With all the postal problems Manna’s hassle free delivery service is wonderful.

Denve – I have been using Manna for the past year and have lost over 30kg for the year. Manna Shake replace my lunch and 2 pills before each meal.I’m feeling great thanks Manna you ROCK !

Maryna Goosen – A while ago I thought that I had a cholesterol problem after taking a test. I scanned the internet and found a manna add and bought the product. When I found out that my cholesterol was OK, my husband started using it as he has high blood pressure and manna is supposed to work for that too. He stopped the normal high blood pressure medication, but monitored his high blood pressure daily for a few months. He also does not feel well at all if he don’t use the product, therefore we ensure that we always have it in stock.

Joyce – Amazing!!! I am fitting in pants I haven’t worn in years…getting light on my feet. Enjoying all the compliments i receive… I have watched my colleague loose so much weight in front of my eyes and i ask myself “what have i got to loose except for the fat” ? So I tried it and it works… I recommend “The Blood Sugar Support” to everyone.

Om bloedsuikervlakke te balanseer en insulienweerstandigheid bestry, kry Manna Blood Sugar Support  by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply