Hoe Om Lae Testosteroon Vlakke In Mans Raak Te Sien

Hoe Om Lae Testosteroon Vlakke In Mans Raak Te Sien

Hoe weet mens dat ‘n man se testosteroon vlakke begin daal?

 

Dalk permanent geïrriteerd? Of selfs net altyd moeg. Jy het heel waarskynlik dan lae testosteroon vlakke…

Dit is natuurlik vir mans om ‘n lae testosteroon vlakke te hê wanneer hulle ouer word. Dit beïnvloed jou lewe op verskeie maniere. Mag selfs ‘n punt bereik waar jy besluit om ‘n motorfiets of sportmotor te koop om sodoende jou manlikheid te bewys.

 

Hoe weet mans wanner hulle lae testosteroon vlakke het?

Indien jy enige van die volgende dinge ervaar, moet jy dalk jou testosteroon vlakke laat toets…

  1. Jy Voel Heeltyd Tam en Sonder Energie

‘n Algemene newe-effek van testosteroonvlakke wat verlaag is dat jy heeltyd moeg is en nie energie het nie. Jy is moeg as jy opstaan, en jy het selfs minder lewe in jou as normaalweg wanneer jou vrou saam met jou wil gaan inkopies doen.

  1. Jy is Nie In die Bui vir Seks

Die slaapkamer is gewoonlik die plek wat die meeste afgeskeep word wanneer ‘n man se testosteroonvlakke afneem. ‘n Verlies aan libido en probleme om ‘n ereksie te kry of te behou, is net die begin van jou probleme.

Indien jy lae testosteroonvlakke het kan jou seksdrang verbeter met die Manna T-Boost, gereelde oefening en ‘n Gesonde Dieët.

  1. Jy Het ‘n Tekort aan Fokus en Geheue

Wanneer jou testosteroon daal, begin jy fokus verloor en raak jy vergeetagtig. Dit kan dit baie moeilik maak as jy in ‘n werk is wat vereis dat jy vir lang ure moet fokus. Dit kan ook probleme by die huis veroorsaak, soos wanneer jy vergeet om die gloeilamp in die badkamer te vervang, nadat jou vrou jou al twintig keer daaraan herinner het.

  1. Gemoedskommelinge

Ongeag wat jy dink is gemoedskommelinge nie iets wat slegs vroue affekteer nie. Wanneer ‘n man se testosteroon te laag raak kan hy buierig raak en soms, binne die bestek van sekondes, hartseer, bly en dan weer skielik woedend raak.

  1. Spierverlies

Spierverlies is ‘n groot probleem vir mans. Wanneer jy die ouderdom bereik wanneer jou testosteroonvlakke daal, word jou spiermassa ook minder.

  1. Jy Kry Ekstra Liggaamsvet

Minder spiermassa beteken ook dat dit makliker is om gewig op te tel. Jy eet dalk soos wat jy nog altyd eet, maar met minder testosteroon en minder spiermassa kan jy gewig optel.

Eet ‘n gesonde dieët, soos die Manna Low GI Diet. Wanneer jy begin gewig en ekstra liggaamsvet verloor danksy die dieët, kan jy dalk spiere ook verloor. As jy oorgewig of vetsugtig is, kan jou liggaam dalk meer testosteroon vervaardig wanneer jy gewig verloor. Dit sal help dat jy verlore spiermassa terugkry.

  1. Help, ek word bles! Jy Verloor Liggaamshare

Een van die grootste dinge waar ons van vroue verskil, is ons liggaamshare – veral ons baarde. Wat as ons baarde yler raak? Of stadiger groei? Of heeltemal ophou groei?

Anders as die vroulike spesie is ons trots op die hare op ons bors, bene, rug en arms. Maar selfs hierdie hare sal yler raak soos wat ons testosteroonvlakke daal.

  1. Afname in Beenmassa

Osteoporose, ‘n siekte wat bene verswak, is ‘n groter wordende probleem by mans wie se testosteroonvlakke daal. Jou bene raak meer bros en frakture of gebreekte bene raak moeiliker gesond.

  1. Jy het Slaapprobleme

Lae testosteroonvlakke beteken dat jy sukkel om aan die slaap te raak, of eenvoudig net nie so diep slaap soos wat jy behoort te slaap nie.

 

Wat kan ek doen om te verhoed dat my testosteroonvlakke daal?

As jy lae Testosteroon het…

  • Maak gesonde leefstylveranderinge 

Soos volg ‘n gebalanseerde dieët soos die Manna Diet.

  • Hou by ‘n oefenprogram 

Wat kardio en gewigsoefeninge insluit. Jy moet ten minste 4 keer per week oefen, vir 45 minute op ‘n slag.

  • Kry vir jouself ‘n natuurlike aanvulling 

Met fito-testosteroon, soos die Manna Andropause Support en Manna T-Boost

 

Wat is en doen hierdie Manna produkte?

Manna Andropause Support is geformuleer met die beste fito-testosteroon (van plante afkomstig) om jou testosteroonvlak op ‘n natuurlike manier ‘n hupstoot te gee sonder enige newe-effekte, gedurende ‘n man se Andropousale lewenstydperk om die vernederende simptome te vermy.

Manna Adropause Support en Manna T-Boost:

  • Help om testosteroonvlakke op die mees natuurlike manier te verhoog, sonder newe-effekte. Testosteroon is ‘n hormoon by mans wat verantwoordelik is vir die handhawing van beendigtheid, spiersterkte en massa, seksdrang, spermproduksie en vetverspreiding.
  • Slaap beter.
  • Verhoog verminderde libido. Toename in testosteroon help om libido en seksdrang te verhoog.
  • Spreek erektiele disfunksie aan
  • Stop spierverlies
  • Verminder Ginekomastie (manlike borste)
  • Verminder prikkelbare manlike sindroom
  • Stop geheueverlies
  • Dit stop moegheid
  • Stop haarverlies en stimuleer haargroei

 

Kry dit nou by hierdie winkels & aanlyn winkels:

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply