Simptome Van Swak Bloed Sirkulasie

Die Eerste Tekens Van Swak Bloed Sirkulasie

This article is also available in English

Swak bloed sirkulasie kan die gevolg wees van verskeie onderliggende probleme…

 

Dit kan ook baie pyn en ongemak veroorsaak – vra maar vir enige iemand wat daarmee saamleef. 

Mense wat sukkel met swak bloed sirkulasie sal heel waarskynlik sekere kenmerkende tekens en simptome hê, wat gewoonlik in die arms, bene, hande, en voete voorkom.

Hoe vinniger mens hierdie tekens kan raaksien, en iets daaraan doen, hoe beter. 

 

Die mees algemene tekens van swak bloed sirkulasie is:

Beenpyn Terwyl Jy Stap

‘n Algemene simptoom van swak bloed sirkulasie is pyne of krampe in jou bene of heupspiere wanneer jy stap, trappe klim of ‘n soortgelyke fisiese aktiwiteit uitvoer. Hierdie is ‘n toestand wat intermitterende kloudikasie genoem word, wat ‘n teken van PAS is.

Gevoelloosheid en Swakheid 

As jou arms of bene gevoelloos of swak voel wanneer jy aktief is of rus, het jy moontlik lae bloed sirkulasie. As hierdie simptome skielik in jou arms en bene voorkom en gepaard gaan met verswakte of onduidelike spraak en gesigspiere wat hang, het jy moontlik lae bloed sirkulasie na jou brein weens aterosklerose.

Swak sirkulasie in die are wat bloed na jou brein moet vervoer kan ‘n beroerte veroorsaak.

Koue en Swelling 

As jou hande, voete of onderbene heeltyd koud voel sonder rede, kan dit ‘n teken van swak bloed sirkulasie wees.

Lae bloed sirkulasie weens PAS of aterosklerose is geneig om een voet, hand of been kouer te laat voel as die ander een. Jy kan ook swelling bemerk weens swak sirkulasie, veral in jou bene en voete.

Sere Wat Nie Wil Genees Nie

Nog ‘n teken van lae bloed sirkulasie, veral in jou bene, is wanneer jy sere op jou voete of bene kry wat nie gesond wil word nie. Jy bemerk ook dalk swere of infeksies op jou bene en voete wat baie stadig genees.

Jy kan ook agterkom dat jy hare op jou voete en bene verloor of dat jou hare stadiger as normaal groei. Jou toonnaels kan ook stadiger groei.

Veranderinge in Velkleur

Swak sirkulasie kan veroorsaak dat die vel op jou arms, hande, bene en voete van kleur verander. Jy kan opmerk dat jou vel “blink” lyk.

Jou bene en voete kan bleek of blouerig raak weens die swak aflewering van bloed en suurstof na jou ledemate.

Swak Polsslag in Jou Bene

Swak bloed sirkulasie weens aterosklerose of PAS(Perifere arteriële siekte) kan veroorsaak dat jou polsslag swak of self afwesig in jou voete of bene word. Wanneer die polsslag in jou ledemate swak of afwesig is, beteken dit dat daar min of geen bloed sirkulasie in hierdie areas van die liggaam is. Die mees algemene metode wat dokters gebruik om bloedvloei probleme te diagnoseer, is om jou polsslag in jou been- en lies areas te ondersoek.

Borspyn 

As jy borspyn of ‘n angina beleef, asook enige ander simptome van ‘n hartaanval, het jy dalk lae bloed sirkulasie in die are na jou hart. Dit kan ‘n teken van aterosklerose in hierdie are wees. As jy borspyn het, moet jy dadelik dokter toe gaan om ‘n potensieël lewensbedreigende mediese probleem te verhoed.

Erektiele Disfunksie

As jy ‘n man is en erektiele disfunksie ervaar, kan dit ‘n teken wees van lae bloed sirkulasie. Erektiele probleme kan ‘n aanduiding wees van swak bloedvloei na jou lies area en onderste ledemate weens een of meer geblokkeerde, verstopte of vernoude are.

 

Hoe kan ek bloed sirkulasie verbeter op ‘n natuurlike manier?

Deur ‘n paar eenvoudige lefstyl veranderinge te maak soos volg….

Hier is 7 stappe vir goeie bloedsirkulasie…

Dieet

Eerstens is ‘n goeie dieët baie belangrik, want ‘n dieët wat hoog is in koolhidrate is bekend daarvoor om baie verskillende kwale te veroorsaak, insluitend swak bloed sirkulasie. Sny verfynde koolhidrate soos brood, pasta, rys, aartappels, skyfies, koekies en lekkers uit.

Maak seker jy kry ‘n groot verskeidenheid in om jou doelwit te bereik sonder om smaak of voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis Manna Dieet e-Boek af vir al die inligting, spyskaarte, en resepte om jou te help om jou gewigsverlies teiken te bereik.

Oefening

Probeer om ten minste 30 tot 60 minute matige fisiese aktiwiteit minstens 4 dae ‘n week te doen. Moenie meer as twee dae laat verbygaan sonder om te oefen nie, want oefening is een van die beste maniere om bloedsuikervlakke te beheer en bloed sirkulasie te verbeter.

Jy hoef nie ure in die gimnasium deur te bring nie; jy kan bloot vinnig gaan stap, fietsry of ‘n paar lengtes swem. Indien jy nie tyd het vir ‘n lang oefensessie nie, kan jy dit in kleiner sessies deur die loop van die dag verdeel.

Ons stel voor dat jy twee keer per week weerstandsoefening, soos gewigoptel, by jou roetine insluit. 

Natuurlike aanvullings

Die Manna Blood Circulation Support produk is spesiaal geformuleer om te help met die verbetering van bloedvloei op die mees natuurlike manier sonder enige newe-effekte.

Blood Circulation

Manna Blood Circulation Support

Verhoog bloedsirkulasie en bevorder gesondheid

Hierdie samestelling van top-gehalte natuurlike bestanddele, is spesifiek geformuleer om positiewe bloedsirkulasie op ‘n natuurlike manier te bevorder.

Manna Blood Circulation information is also available in English

Manna Blood Circulation Support is beskikbaar by

5/5

Ek het my voorskrif vir hoë bloeddruk tablette met hierdie vervang. Ek het meer energie en het ook beter bloedsirkulasie sedert ek dit begin neem het. Dit werk vir my, baie gelukkig met hierdie produk.

Sharon

Blood Circulation Support bestanddele

VRY van ALLE groot potensiële allergene en is vry van ENIGE bymiddels. As jy na die bestanddele hieronder kyk, is dit duidelik waarom hierdie produk geformuleer is om die funksie van die vaskulêre stelsel te verbeter. Ons gebruik slegs vier bestanddele in die produk om die effekte van elke individuele bestanddeel optimaal te benut.

Ginkgo Biloba-uittreksel (1)

Ginkgo word al vir lank gebruik vir die behandeling van bloedafwykings en geheueprobleme. Dit is vandag welbekend as ‘n middel wat gebruik kan word om jou geheue skerp te hou. Laboratoriumstudies het bewys dat Ginkgo bloedsirkulasie verbeter deur bloedvate wyer te maak en help ook om bloed minder taai te maak. Dit is ook ‘n antioksidant.

L-Arganine / L-Citrulline (2)

Wetenskaplike studies toon dat die kombinasie van L-Citrulline en L-Arginine stikstofoksied-produksie verhoog vir kardiovaskulêre, immuunversterking en seksuele gesondheidsvoordele!

Guarana (3)

Guarana bevat kafeïen. Kafeïen stimuleer die sentrale senuweestelsel, hart en spiere.

Hoe werk dit?

Die bestanddele in Manna Blood Circulation Support help om stikstofoksied vry te stel om mikro-kapillêre bloedvloei te verhoog. Dit kan ook ongewenste bloedlipiedvlakke verlaag en lipiedneerslae in are oplos.

Die verskillende bestanddele werk op ‘n holistiese manier om te help met positiewe bloedvloei.

Voordele Manna Blood Circulation Support

  • Ondersteun kardiovaskulêre gesondheid deur stikstofoksied-produksie te bevorder en bloed makliker deur die liggaam te help vloei.
  • Ondersteun gesonde bloeddruk en versterk die immuunstelsel.
  • Suiwer die lewer en verwyder ammoniak.
  • Verbeter seksuele stamina en verbeter die liggaam se herstel na ‘n intense oefensessie.
5/5

Dit is ‘n wonderlike produk, ek gebruik dit al vir ‘n paar maande. En dit help regtig vir geswelde bene. AWESOME

Zanovia

Koop Manna Blood Circulation Support aanlyn nou!

Manna Blood Circulation Support is beskikbaar by

5/5

My man het meer energie, sy hoë bloeddruk is onder beheer en hoofpyne is weg! Uitstekende produk

Sharne

Hoe om dit te neem

Neem 2 tot 3 kapsules in die oggend, saam met kos.

Wie kan dit gebruik?

  • Enige iemand wat gesonde bloeddruk wil ondersteun
  • Individue wat angina (borspyn) wil vermy
  • Individue wat beenpyn wil vermy weens swak bloedsirkulasie
  • Enige iemand wat beskerming teen ‘n hartaanval of ‘n beroerte soek
  • Mans wat aan erektiele disfunksie ly
  • Atlete wat vinniger wil herstel na ‘n oefensessie

Nota en waarskuwing:

  • As gevolg van die Guarana se kafeïeninhoud kan hartklop vinnig toeneem en daarom word die produk nie aanbeveel vir mense op hoë bloeddruk medikasie nie.
  • Indien jy Warfarin neem, neem die produk twee ure voor of twee ure nadat jy Warfarin geneem het.

Kontra-indikasies:

  • Slegs indien allergies vir bestanddele
  • Swanger

Is dit veilig om te gebruik?

  • Natuurlike bestanddele             Ja
  • Vervaardig in cGMP Fasiliteit   Ja
  • 100% vry van bymiddels            Absoluut
  • Potensiële allergene                  Koring, Soja en Suiwel GRATIS
  • Vegetaries                                   Heeltemal
  • Diabetes-vriendelik                    Absoluut
  • Raklewe                                       Een jaar gewaarborg

Kan ek dit saam met my huidige medikasie gebruik?

Ja, die produk is veilig om saam met enige ander medikasie te gebruik, behalwe met sekere hoë bloeddruk medikasie.

Die produk is diabeet-vriendelik en baie effektief om positiewe bloedvloei in diabete aan te help.

5/5

Ek neem geen voorgeskrewe medisyne nie – net my Manna Health produkte – ek is 71 jaar oud en kan regtig nie kla nie. Hou van hierdie produk.

Flo Delport

Koop Manna Blood Circulation Support aanlyn nou!

Manna Blood Circulation Support is beskikbaar by

5/5

Uitstekende produk. Ek ly aan water retensie en sedert ek hierdie kapsules neem het ek nie meer ‘n probleem nie. Ek het die kapsules begin neem om my bloedsirkulasie te verbeter, veral vir my hande, en toe merk ek op dat dit help vir die water retensie. Ek is so verlig!

Tina

Navorsing oor die aktiewe bestanddele

  1. Effects of Ginkgo biloba on cerebral blood flow assessed by quantitative MR perfusion imaging: a pilot study – 2011 Mar; 53(3): 185–191.
  2. Oral supplementation with a combination of l-citrulline and l-arginine rapidly increases plasma l-arginine concentration and enhances Nitric Oxide bioavailability – Biochemical and Biophysical Research Communications

Volume 454, Issue 1, 7 November 2014, Pages 53–57

  1. Chapter 6 – Using Paullinia cupana (Guarana) to Treat Fatigue and Other Symptoms of Cancer and Cancer Treatment – Bioactive Nutraceuticals and Dietary Supplements in Neurological and Brain Disease – 2015, Pages 57–63
Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply