Is Dit Moontlik Om Tipe 2 Diabetes Om Te Keer?

Is Dit Moontlik Om Tipe 2 Diabetes Om Te Keer?

Diabetes is ‘n skrikwekkende realiteit vir talle mense. 

 

Maar dit beteken nie dat dit die einde is nie…

Een van die grootste vrese wat mense ervaar wanneer hulle gediagnoseer word met tipe 2 diabetes is dat dit nou ‘n permanente deel van hulle lewe is. Die goeie nuus is: Dit hoef nie te wees nie… 

Tipe 2 diabetes is die mees algemene vorm van diabetes. Vir baie mense kan dit omgekeer word deur gesonde leefstyl keuses te maak.

Diabetes is egter nie vir almal omkeerbaar nie. Daarom is voorkoming altyd beter as genesing. Maar selfs die wat dit nie heeltemal kan omkeer nie kan baat vind daarby om dit te probeer so ver moontlik verbeter.  

Tipe 2 diabetes kan omgekeer word, maar slegs vir diegene wat gemotiveerd en gedissiplineerd genoeg is om dit te doen.

 

Wat is tipe 2 diabetes nou eintlik?

Diabetes is die gevolg van die pankreas wat nie genoeg insulien produseer om die bloedsuiker vlakke normaal te hou nie. Almal het suiker in hul bloedstroom nodig, maar te veel kan die liggaam mettertyd beskadig.

By tipe 2-diabetes gebeur een van twee dinge. Óf die liggaam produseer nie genoeg insulien nie, óf die selle in die liggaam gebruik nie die insulien wat teenwoordig is effektief nie. Die eindresultaat is egter dieselfde: hoë suiker vlakke in jou bloed.

In die meeste gevalle kan tipe 2-diabetes voorkom word deur gesonde dieet keuses te maak en aktief te bly. Maar dit vat wel heelwat dissipline en deursettingsvermoë.

Daar is ‘n duidelike verband tussen tipe 2 diabetes, hoë bloeddruk, en cholesterol. Hierdie kombinasie word soms ‘die metaboliese sindroom’ of sindroom X genoem. 

 

Op watter ouderdom kom tipe 2-diabetes gewoonlik voor?

Tipe 2 diabetes kom meestal voor in volwassenes tussen die ouderdomme van 30 en 40 jaar. Alhoewel, die gevalle van tipe 2 diabetes onder tieners en kinders neem by die dag toe en is besig om ‘n massiewe probleem te word.   

 

Wie het die grootste kans om tipe 2 diabetes te ontwikkel?

Alhoewel enige iemand tipe 2 diabetes kan ontwikkel, is daar sekere groepe mense wat ‘n baie groter kans het as ander…

  • Mense met ‘n familiegeskiedenis van diabetes, want daar is ‘n element van genetika wat ‘n rol speel.
  • Mense met hoë bloeddruk, aangesien hierdie siektes gekoppel is.
  • Oorgewig mense, want vetsug en diabetes, is direk verwant.
  • Mense wat met pre-diabetes gediagnoseer is. 

 

Wat is die simptome van tipe 2 diabetes?

Baie mense lei vir jare lank aan diabetes voor hulle dit agterkom, siende dat meeste van die algemene simptome nie altyd duidelik of sigbaar is nie.

So mens moet maar mooi kyk, en die simptome kan as volg lyk:

  • Moeg, uitgeput, of sonder energie voel omdat suiker nie behoorlik verwerk en gebruik word in die liggaam nie.
  • Konstante dors as gevolg van dehidrasie wat veroorsaak word deur te veel suiker in die liggaam.
  • Om heeltyd toilet toe te gaan omdat mens meer water drink.
  • Gereelde infeksies.
  • Snye en wonde wat lank neem om te genees.
  • Verswakte sig
  • Dikwels honger 

 

Is tipe 2 diabetes oorerflik?

Nie as sulks nie, maar jou kans is baie groter om dit te ontwikkel indien jy ‘n familie geskiedenis het van tipe 2 diabetes.  

 

Is dit moontlik om tipe 2 diabetes te genees? 

Ja – met die regte stappe, dissipline, en deursettingsvermoë is dit moontlik om bloedsuiker vlakke weer terug te kry na normaal en tipe 2 diabetes heeltemal om te keer.

Maar net omdat die bloedsuiker vlakke normaal is beteken dit nie dit is vir altyd genees nie. Mens moenie dan weer terug keer na ongesonde leefstyl gewoontes nie, anders kan mens weer diabetes ontwikkel. 

 

Hoe keer ek tipe 2 diabetes om? 

Sommige mense met tipe 2-diabetes kan moontlik hul diabetes deur dieet en oefening beheer. Maar as jy dit wil omkeer, moet jy baie gedissiplineerd en gefokus wees.

Die doel is om jou bloedsuiker vlakke te verlaag en die verwerking en gebruik van insulien in jou liggaam te verbeter. Dit word bereik deur die volgende te doen; 

  • Eet reg en gesond

Maak seker jy kry ‘n groot verskeidenheid in om jou doelwit te bereik sonder om smaak of voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis Manna Dieet e-Boek af vir al die inligting, spyskaarte, en resepte om jou te help om jou gewigsverlies teiken te bereik. 

  • Kry genoeg van die regte oefening

Probeer om ten minste 30 tot 60 minute matige fisiese aktiwiteit minstens 4 dae ‘n week te doen. Moenie meer as twee dae laat verbygaan sonder om te oefen nie, want oefening is een van die beste maniere om bloedsuikervlakke te beheer en bloedsirkulasie te verbeter.

Jy hoef nie ure in die gimnasium deur te bring nie; jy kan bloot vinnig gaan stap, fietsry of ‘n paar lengtes swem. Indien jy nie tyd het vir ‘n lang oefensessie nie, kan jy dit in kleiner sessies deur die loop van die dag verdeel.

Ons stel voor dat jy twee keer per week weerstandsoefening, soos gewigoptel, by jou roetine insluit. 

  • Gebruik Manna Blood Sugar Support

Neem net Manna Blood Sugar Support saam met elke ete – dit is seker die maklikste wenk en mees effektiewe wenk.

 

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Volg ‘n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry. Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

As jy jou bloedsuikervlakke wil balanseer en gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:

 

Waar kan ek Manna Blood Sugar Support koop?

Print Friendly, PDF & Email

More articles

Leave a Reply